KFC-voorval: ‘Egpaar vrees vir veiligheid’

Stephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017). Foto: Jonisayi W. Maromo/ANA

Die mans wat daarvan aangekla word dat hulle ʼn egpaar in die deurrybaan van ʼn KFC-restaurant in Pretoria aangerand het, moet ter wille van die egpaar se veiligheid nie op borgtog vrygelaat word nie, het die Pretoria-Noord-landdroshof Vrydag gehoor.

Ao. Ravi Vengetsamy Naidoo, bevelvoerder van speurders by die Sinoville-polisiestasie, het getuig tydens die hofverrigtinge waar Marius Harding (23), Ockert Muller (20), Stephan Nel (39), Dicky Junior van Rooyen (21) en Joshua Schultz (21) in die beskuldigdebank verskyn het. Die vyf mans staan tereg op aanklagte van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Een van die beskuldigdes word ook van die rig van ʼn vuurwapen aangekla.

Nel, Van Rooyen en Schultz het Vrydag om borgtog aansoek gedoen. Muller is reeds twee weke gelede op borgtog vrygelaat en Harding het sy aansoek om borgtog laat vaar weens ’n uitstaande lasbrief vir diefstal.

Naidoo het aan die hof gesê voorvalle van rasgedrewe aanvalle is algemeen in sy polisiëringsgebied en “dit is gewoonlik wit op swart of swart op wit”.

Stephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017). Foto: Phillip Bruwer

“Dit is ʼn skedule-5 oortreding en daar was openbare opslae oor die voorval. Die video van die voorval het op sosiale media versprei. Baie mense het hul woede en teleurstelling oor die voorval uitgespreek,” het Naidoo getuig.

Hy het ook verwys na “lede van ʼn politieke party” wat vroeër vandag buite die hof betoog het teen die vrylating van die beskuldigdes op borgtog. Sommige lede van die ANC-vroueliga het buite die hof betoog, terwyl ander lede in die volgepakte hof gesit het.

Naidoo het gesê die vermeende slagoffer en klaer in die saak is ten sterkste gekant teen die vrylating van die beskuldigdes op borgtog. “Die klaer het aan my gesê hy is bang en steeds in skok oor wat gebeur het. Hy het gesê hy vrees vir die veiligheid van sy vrou en minderjarige kinders as die beskuldigdes op borgtog vrygelaat sou word. Die klaer bly in die Sinoville-gebied en as hulle vrygelaat word, sal hy hulle raakloop. Hy is bang hy sal verder gedreig en geïntimideer word,” het Naidoo gesê.

Hy het ook aangevoer die personeel by die KFC-restaurant waar die voorval plaasgevind het, is ook bang dat die beskuldigdes sal daarheen kom en “by hulle inmeng” as hulle op borgtog vrygelaat word.

Die saak duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Frederik ·

Naidoo, gaaan spin daai storie vir jou ma. Miskien glo sy jou uit liefde. Wat jy wil sê, is dat hul in aanhouding moet bly, want hulle is wit.
Was die rolle omgeruil, sou die SAP(D) die beskuldigdes nooit eers in hegtenis neem nie.

marous ·

Dit kan borgvoorwaardes wees. Die agbare ondersoekbeampte kan ook verduidelik waarom die swart weermaglid wat die blanke vrou trompop geskiet het op WAARSKUWING vrygelaat is op ‘n skedule 6 misdryf , en as hy sy skouers optrek daaroor moet sy minister gedagvaar word om daaroor te getuig en die feit dat Grace Mugabe se saak in ‘n politieke speelbal verander het.

Leahim ·

Wat n klomp twak maar ek hoop as hierdie klomp vry is organisasies soos Afriforum wat nou mej Engels bystaan hierdie manne ook gaan bystaan vir skadevergoeding oor die aanhoudende rasse aantuigings.Hierdie is dieselfde polisie stasie waar die soldaat wat die vrou in die bors geskiet het weggestap het sonder n waarskuwing .

anton ·

Dink almal by die Sinoville polisie stasie moet die trekpas kry en vervang word met meer bevoegde lede.

Michael ·

Ek stem dit lyk vir my ook daar is n lig aan by sinoville stasie maar niemand is tuis nie.

Marc ·

Johanna jy bedoel seker van altwee kante af is ek reg , Jy moet dalk wag dat die volle storie uit kom voor jy dink net een kant het geslaan of selfs als begin …

Sê wie ·

Poging tot moord ? Asseblief!!! Waar is die bloed en merke dan? As hul haar geslaan of aangerand het sou die valse vrou fotos gepubliseer het soos Engels.

NEH!! ·

En net so terloops….Waar is ons geagte Mnr Gerrie Nel vir hierdie manne?

Ouma ·

Man gaan kyk wanneer neem Gerrie Nel ‘n saak op. Moenie praat waarvan jy nie weet nie!

Cherokee ·

En ook net so terloops… Gerrie Nel kan nie in die bresse tree vir elke wit oortreder nie. Dra jy by tot die fonds waaruit Afriforum se mense besoldig word? Hulle is nie die welsyn nie.

Betsie die bytjie ·

Indiaan, hulle is nog minder daar om Engels en haar soort se gevegte te veg.

Pierre ·

Die onsin wat kwyt geraak word raak nou een te veel. Ook in sy omgewing ‘n soldaat wat vrygelaat word met waarskuwing, waar is die geregtigheid nou. Vrees sy nie ook nou vir haar lewe waar sy in die hospitaal le nie, is haar lewe nie in gedrang nie, dit was poging tot moord of verstaan ek die reg verkeerd. Rig van vuurwapen wat nie afgevuur was nie is nou poging tot moord en die een wat wel n vuurwapen afvuur is seker nou selfverdediging en gaan daarmee wegkom, my brein is te klein om te verstaan.

Alicia ·

verstaan nou nie lekker nie het hulle almal die vrou aangerand? was die vrou in die hospitaal? kanie sien hoe al die mans haar aangerand het nie want dan moes sy redelik seer gekry het… het video gekyk en kan amper niks op video eers sien nie.

Marius Harding ·

Op die video verklaar sy by herhaling… Are you going to hit me?…. nerens op die video is enige bewys dat enige iemand haar wel aanrand tot n erenstige mate nie… horde gever sperialiste sal kan bevestif dat as jy n shocker kry verloor iets uit jou hand…. sy het nie eens haar foon verloor nie…. geen teken van bloed gehad nie en het self polistasie toe gery….

Weet hoe dit voel???? ·

Ek wil net verstaan hoe die manne hulle lewe so kan weggooi. Ek het die video gesien en ja mense maak baie aantuigings maar i mean een van hulle is 39 jr oud. Hy is veronderstel om van beter te weet en die klomp eenkant toe getrek het en vas rigting verander het voordat groot rusie plaasvind. Ek self was n ruk terug betrokke waar ek beskuldig was as n rassis en meer maar elke keer as die party skree op my en rassistiese neigings opbring het ek eenvoudig my deur toegemaak en hulle ignoreer. Hulle gdt geskree en n massiewe storm voor my deur geplof, maar ek het aan my kinders se veiligheid gedink. Hierdie hele situasie is so onnodig. Mar ons boer seuns wil altyd n punt bewys al weet ons die reg is nie meer onsin nie.

Eish ·

Ek is dankbaar ek is nie in die manne se skoene nie. Een het nog n lasbrief vir diefstal uitstaande. Sal bid vir julle manne. Rowwe tydjie wat voorlê.

Michael ·

Het hulle die klaers met warm olie en water gebrand hulle kaal uitgetrek en gemartel ek kan nie glo die AO kan so baie nonsens praat nie and all and all.

Kom Ons Boks ·

Ek verstaan ons jongmense se frustrasie. Ons almal weet hoe lief die ander kant daarvoor is om klappe (letterlik en figuurlik) gedurig uit te deel – om die heeltyd die ander wang te draai werk nie vir almal van ons nie. Ek kan regtig nie goed praat van die kerels se gedrag nie maar ek gaan nou maak soos ‘n ANC ondersteuner wat hul president se kant kies ongeag die se kriminaliteit.

jack daniel ·

Nonsens Naidoo!! Rasse kwessie defnitief maar wat v d plaasaanvallers en moordenaars wat vrygelaat word op borgtog of ontsnap uit die selle. Vrees die families nie ook vir hul lewens nie??!?
Die egpaar soek aandag. Tipies!!!

johan ·

soos ek baie gese het ongekeerde apartheid , mag al die ja stemmers n kramp kry … gaan net erger raak

Linette ·

@Johan, gelukkis kan ek MET GROOT GENOEGDOENING en ‘n eerlike, oop hart sê ek het NEE gestem in ’92. Weliswaar nie omdat ek ‘n politieke los-bal was en soveel ingelig was nie – ek het gedoen soos my ouers gedoen het. Almiskie het die “ja-stem” tóé ‘n burgeroorlog afgeweer, maar dit het vir seker nie wit-volksmoord in 2017 afgeweer nie. En, met die “Ja/Nee”-stem in ’92, was almal nog in die waas van Mandela wat vrygelaat is en sy behae daarin om ‘n multi-kulturele samelewing van saam-leef, saam-werk, gelyke regte en vrede vir almal te skep. Mandela draai vandag seker elke dag tien keer in sy graf om ….

Johanna Botha ·

Regtig skaam vir die UITERS skandelike gedrag …niemand verdien om SO behandel te word nie !

Chrisjan ·

Jy is heeltemal reg. AO Naidoo is veronderstel om onpartydig te wees.

Henriette ·

Ons hele land is daarmee heen. In die eerste plek as ons prisedent nie n goeie leier is nie gaan die mense onder hom ook net so wees. Sort eers ons leiers uit dan sal jy sien ons land gaan in plek val. Dis nie van nat agter die ore of wie dink hulle is hulle nie. Die anklaer vrees vir hulle lewe maar wat van al die dreigemente wat die 5 mans se vroue kry. Magtag kyk wat om julle aangaan. Kyk waarnatoe gaan ons land kyk waarnatoe gaan ons.

Bruce ·

Geen welopgevoede mens sou so opgetree het nie.
Ek hoop daar word ‘n voorbeeld van hulle gemaak.
In die tronk sal hulle genoeg tyd hê om oor hulle sondes na te dink .

Linette ·

Ja-nee, soos gewoonlik staan die allerheilige, Afrikaners (wat in glashuise bly) sommer al klaar reg met die klippe om te gooi en te verfoei …. By name Bruce, Johanna Botha, Tanya, Weet-hoe-dit-voel en so aan. Ek verstaan die hele situasie is deur die klaers geskep en was daar ‘n gevloek en belediging van hulle kant af omdat die ry nie aanbeweeg het nie (die verdedigendes het lank gewag vir ‘n bestelling om uitgevoer te word). Nou wie’s nou reg en wie’s verkeerd?

Speedguard ·

Naidoooo moet wys waar sy Radikale lojaliteite le !! promosie !! moontlik komisaris!

Peet J ·

Aanranding : Die egpaar wat nou vrees vir hulle veiligheid kan mos ‘n hofbevel op die beskuldigdes dien om nie met hulle (egpaar) in aanraking te kom nie en op grond daarvan kan borg aan die beskuldigde persone wat volgens wet op hierdie stadium nog onskuldig is toegestaan word.

Alida ·

Hierdie plaat het vasgehak. Asb genoeg hiervan. Is daar nie vars nuus nie?

Piet Pille ·

Linette en Peet, stem volkome saam met julle. Henriette, ja die land het ‘n groot probleem soos Peet J tereg uitwys.

Andre ·

Naidoo raak die grootste klomp bog kwyt. Rassisme teen blankes – dit is wat hier aan die gang is. Poging tot moord? Ag, asseblief tog!!

Deon ·

Vrees vir sy en sy gesin se lewe….asseblief tog shame…weet net hoe om daai rasse troefkaart te speel, wonder of al die plaasmoorde, plot moorde, stads moorde nie rassisties gedrewe teen die blanke, soos dit oral gaan nie. Hul lok ons uit, is arrogant en rassisties teenoor die blanke…en dit is waar sulke probleme begin.

Dis nou maar tipies van as jy blank is, jong vrou van Sinoville omgewing word geskiet deur n weermaglid ry met n weermag voertuig en word huistoe gestuur. Gebruik die verskoning dat hy gedink het hy word gekaap….al wie dit glo is die aan bewind en jou gabbas. Ons almal wat blank is weet wat die werklikke toedrag van sake is.

Johan ·

Maroela Media, hou op om my kommentaar alewig af te haal. Wat het van vryheid van spraak geword? Of tel dit nie vir my nie omdat ek wit is?!

Johan ·

Maroela Nuus is n bittere teleurstelling. Hulle sensuur boodskappe en kritiek teen hulle.

Michael ·

Daarmee stem ek 100% saam soos die skuldiges Mbalule,Buys Randall wat beskuldiges van rasisme beskuldig het word nou hard probeer om dit onder die mat in te vee.

Jax ·

Wanneer gaan die volwassenes dwars oor die hele wêreld optree soos volwassenes?
Swak!!!!! Almal betrokke behoort skaam te wees oor hierdie kinderagtige optrede ( en sommge van die kommentaar hierbo, laat ook veel te wense!)
Dit het niks met eetplekke te Doen nie – dit het te doen met mense wat niks voel vir sy/haar mede-mens!
Word groot Suid-Afrika se inwoners asook die res van die wye wêreld! Dis nie hoe jy groot gemaak was nie en dit is verseker nie hoe dit hoort nie!
Die eerste stap van Doen wat reg is, begin by jouself!!

Johannes van Staden ·

Linette niemand moet so behandel word al is die ry hoe lank en wag hulle reeds ure . Regtig jy mis die punt . Niks maar niks kan die tiepe optrede regverdig nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.