KFC-voorval: ‘Geweld kan uitbreek as beskuldigdes borgtog kry’

Stephan Nel, Marius Harding, Ockert Muller, Dicky Junior van Rooyen en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017). Foto: Phillip Bruwer

Die Pretoria-Noord-landdroshof het Woensdagmiddag gehoor dat geweld of erge konflik moontlik kan uitbreek indien die borgtogaansoek van drie van die vyf beskuldigdes in die sogenaamde KFC-aanrandingsaak suksesvol sou wees.

Stephan Nel (39), Dicky Junior van Rooyen (21) en Joshua Schultz (21) se borgtogaansoek is Woensdag weer in die hof hervat. Ockert Muller (20) is reeds vroeër op borgtog vrygelaat en Marius Harding (23) het sy aansoek om borgtog laat vaar weens ’n uitstaande lasbrief vir diefstal.

Adv. Ronnie Sibanda, die staatsaanklaer in die saak, het aan konst. William Tladi, ondersoekbeampte van die Sinoville-polisie, gesê die groepe mense wat elke keer betoog wanneer die saak in die hof aangehoor word, is nié daar is om die beskuldigdes te ondersteun nie, maar om hul misnoeë in moontlike borgtog uit te spreek. Hy het gesê dat die betogers moontlik geweld of konflik kan veroorsaak indien borgtog aan die mans toegestaan word.

Lede van die ANC Vroueliga het sedert die begin van die verhoorproses buite die hof betoog. Tydens Woensdag se verhoor was lede van die Black First Land First (BLF)-groep ook in die hof.

“Is hierdie mense hier om morele ondersteuning aan die beskuldigdes te bied? Sommige van hulle dra plakkate wat lees ‘geen borgtog’. Het jy hulle gesien?” het Sibanda ʼn vraag aan Tladi gestel. “Jy het gesien wat buite [die hof] gebeur. Wat dink jy sal gebeur as die beskuldigdes borgtog toegestaan word?”

Tladi het geantwoord: “Daar kan gevegte ontstaan.” Hy het ook bygevoeg dat die lewe van die beskuldigdes moontlik in gevaar kan wees.

Tshidiso Tsimong, adjunk-sekretaris-generaal van die BLF, het gesê “enigiets kan gebeur” indien die beskuldigdes Woensdag borgtog sou kry. “Daar is baie dinge wat kan gebeur. As lede van die gemeenskap én BLF is ons baie ontsteld oor die manier waarop hulle hulself gedra het. Hulle mag dalk verdwyn, hulle kan Europa besoek of soos dinge nou lyk, mag hulle dalk die hemel besoek. Ons kan nie in detail sê wat sal gebeur nie,” het Tsimong gesê.

“Ons vra die landdroshof om dienooreenkomstig op te tree en nie borgtog aan die verdagtes toe te staan nie. Ons sien dit nie as die regte ding om te doen nie. Hulle moes vorendag kom met ʼn verdediging om te wys dat hulle nie ʼn bedreiging vir die samelewing is nie, maar hulle het nie daarin geslaag nie.”

Ao. Ravi Vengetsamy Naidoo, bevelvoerder van speurders by die Sinoville-polisiestasie, het vroeër ook aangevoer die beskuldigdes moet ter wille van die veiligheid van die egpaar wat hulle aangekla het, nie op borgtog vrygelaat word nie.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vroeër Woensdag buite die Pretoria-Noordse landdroshof betoog teen sogenaamde dubbele standaarde waarmee die organisasie sê rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Die organisasie het gesê hy het besluit om na dié landdroshof op te ruk omdat “wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word”.

Die hofverrigtinge duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

CWS ·

Belaglik!!!! Albei kante!!! Verskoning genoeg!! Uitgerekte hofsake – wie betaal??? Jinne mense en dit oor 2 kinders wat baklei….gebeur daagliks in huise en skole en kleuterskole…!!!!!

christo louw ·

Jyt kat aan stert beet. Niks met kinders wat baklei te doen nie.

theo ·

Ek ondersteun afriforum dat daar dubbele standaarde is, en ek ondersteun die vyf.

Swartkat ·

So die hof moet toelaat dat die betogers voorskryf wie kry borg en wie nie, een van die dae wil hulle vir die hof voorskryf wie moet vervolg word en wie wanneer vrygelaat moet word. Belaglik

snippie ·

kyk dan hoe skryf die Hani familie aan die hof voor. wat jy waar kry?

Will i am ·

Hoekom net geweld uitbreek as wittes op borg gaan. Komaan mense wat gaan aan

Piet ·

Dis nie ek wat dit gese het nie MM, so julle kan Werner se kommentaar maar los!

andre ·

snaaks die wereld raak nie so gek as dit n plaas aanval is nie…die ergste is dat van ons wittes blou moord skreeu as dit wit teen swart rassisme is..maar as dit andersom is dan is die spul se monde toe..sit seker sewende laan en kyk

Stiena ·

Marius harding se uitstaande lasbrief v diefstal……. moontlike diefstal om dwelms te bekom?.. interessant.

erika ·

Waar was die vrouliga toe die dame aangerand is deur Mugabe se vrou..in vrouemaand ook nog!!

Giep ·

Interesant Werner. Brei bietjie meer uit oor jou sterling. As jy nie omgekrap nie.

antonie ·

nou gebruik die hofbeamptes die feit dat die benadeeldes geweldadig is om die mense se borgtog te weier? Daar is soveel negatiewe politiek en ras-veroordeel in hierdie hofverrigtinge.

Manie Fernandez ·

Ja
my seun is vermoor deur 2 swartes .hulle het hom en sy verlovde beroof van hul pakkies en hom met n mes gesteek nog niemand is gevang en dit het in Richardsbaai gebeur

maria ·

VERSKRIKLIK jammer om dit te hoor . dis regtig nie nodig dat ons so dood gemaak word nie . hoop jy voel beter maar die seer gaan nie weg nie so jammer

Pik ·

Dink dat ons moet se “bring it on” en maar doen wat gedoen moet word so moeg om altyd n geweer teen die kop te he

snippie ·

as die nvg en sapd nie aangehoudenes se veiligheid in die trokke, selle, binne if buite die hof kan verseker nie, mag hulle die mense nie aanhou nie.

Willie ·

Belaglik dat Howe so beinvloed word dat redelikheid nie seevier.

maria ·

En wat moet ons witmense se van die ou wat verbrand is in sy eie kar in kingross , moet ons nie so aan gaan soos barbare nie. ons wittes moet ook n naam stig WHITE BOER GATVOL.

Pieta ·

Gee borgtog klaar gewag vir die dreigemente laat die poppe dans!!!

Andre ·

Hulle word openlik in die hof gedreig met hule lewens! Wat gebeur?

Jan ·

Die hof moet ten alle tye onafhanklik optree sonder enige vrees of voordeel, dit sluit in mense wat buite die hof betoog.

Indien die hof borgtog weier, is sy onafhanklikheid daarmee heen en daarom sal die uitspraak ongeldig wees.

Die aanklaer speel vir die paviljoen i.p.v. geregtigheid. Hoop die landros weet van beter.

Johannes Meintjes ·

Op die pad na blanke Afrikaner selfbestuur en selfbeskikking moet ons na mening fokus op ons optrede, doelwitte, burgerlike beveiliging, ekonomiese herontwikkeling en samewerking. Dat ander kulture ander benaderings het, – ook bv. rondom tou-staan in of voor die winkel, poskantoor of munisipale kantoor, – is nou maar so in die nuwe SA. Ons skep na mening soms onnodige konflik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.