KFC-voorval: Hof sê oor borgtog

Die beskuldigdes in die hof (Foto: Maroela Media)

Die landdroshof in Pretoria-Noord het Woensdag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van drie mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar by ʼn KFC-restaurant Montana aangerand het.

Stephan Nel (39), Dicky Junior van Rooyen (21) en Joshua Schultz (21) staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen. Hul een medebeskuldigde, Marius Harding (23), het sy aansoek om borgtog laat vaar weens ʼn uitstaande klag van diefstal in KwaZulu-Natal en nog ʼn beskuldigde, Ockert Muller (20), is vroeër reeds op borgtog vrygelaat.

Landdros Mothloki Rapulana het die beskuldigdes se aansoek van die hand gewys. Sy het gesê dit is in belang van geregtigheid dat die mans nie vrygelaat word nie. Sy het ook gesê die moontlikheid bestaan dat die mans moontlik die ondersoek kan verhinder of ooggetuies kan intimideer indien hulle op borgtog vrygelaat sou word.

Volgens Rapulana bestaan die moontlikheid ook dat die publiek protes sal aanteken indien borgtog toegestaan word, net soos wat gebeur het toe die video beskikbaar gemaak is. Volgens haar sal die publiek ook meen dat geregtigheid nie plaasgevind het, indien die mans op borgtog vrygelaat word nie.

Die mans bly in aanhouding en moet weer op 14 September in die hof verskyn.

Die drie mans se regsverteenwoordigers het aan Maroela Media bevestig dat hulle so vinnig as moontlik appèl sal aanteken teen die uitspraak.

Die mans word daarvan beskuldig dat hulle Jacob Sono en sy vrou Dudu op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het. Video’s van die voorval is wyd op sosiale media versprei.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Mielie ·

Hoe het Mcbride dan borg gekry. Swak eensydige besluit. Hoop blanke regters neem kennis van die besluite. Malema se prokureur wat op sy mense geskiet het het borg gekry…..

Al ·

In wie se belang word plaasmoorde dan gepleeg? Dis tog ook rassisties gedrewe? Dis omdat die publiek swyg oor plaasmoorde dat daar nooit druk sal ontstaan om die justisie te laat ingee en die oortreders swaarder te straf nie.

Mariette Hammann ·

Ek stem 100% saam. Die tyd vir passiewe optrede is verby.

Ronell ·

Hoe onregverdig kan die lewe nie wees nie. Op die stadium word die manne van hul vryheid ontneem. Aanhouding vir verhoorafwagtende gevangenis is uiters sleg, nooit genoeg vuil matrasse of selfs n kombers vir elkeen wat in n sel aangehou word nie. Hulle word onder onmenslike omstandighede aangehou sonder enige regte. Gevonnisde gevangenis kom ten minste in daglig, maar verhoorafwagtende gevangenis word dag en nag in die haglike omstandighede toegesluit. Hoe verlustig die klaers en hul ondersteuners hulself nie oor die onredelike uitspraak van die landdros wat haar duidelik nie by die saak bepaal het nie, maar eerder na die protesteerders en belaglike uitsprake van die sapd op ag slaan. Betreurenswaardig

Ditto ·

Sjoe Ronell, ditto op elke woord, eks tem meer as 100% saam in alle opsigte en dit is beslis nie in belang van geregtigheid nie en werklik die sogenaamde aanval is niks in vergelyking met plaasaanvalle, verkragtings & moorde, liewe aarde op moord kry hul 500 / 1000 borg en dan is die arme vroue of kinders met byle doodgekap of aan die brand gesteek…… hier is meer as net ‘n sogenaamde aanval!

Will i am ·

Hierdie is SA. Moordenaars mag rondloop maar beweerde aanranding mense sit agter tralies

Jacques Venter ·

Gelyk beregtiging was nog nooit en sal nooit deel van die Suid Afrkaanse sisteem wees nie

Adam ·

Ek kan nie anders as om met jou saam te stem nie. Ek weerhou my normaalweg van sulke kommentaar, maar hier is daar ‘n skreiende mistasting aan die kant van die landdros. Borg is weliswaar nie ‘n beskuldigde se reg nie, maar dit is nie en kan nooit ‘n vorm van straf wees nie. Indien die beslissing nie op appel gewysig word nie, soek ek al my studiegeld terug van die universiteit. Absoluut belaglike beslissing!!

Johan. H. ·

Die land is n grap en daaie selfde sogenaamde regter/landros whatever sal onder die selfde kamp geskeer word, What goes around comes around,,,

Dina ·

So die publiek besluit. Maar borgtog vir vele wat van moord aangekla word. Vreemde reg…

Thinus ·

Ja nee… die land is Zimbabwe “Light” en is vinnig oppad om n totale diktatorskap te word. Die enigste werkbare opsie is om te emigreer waar ook al dit moontlik is en die wat voel hulle wil baklei neem kennis van wat hier gebeur. reg of verkeerd jy sal jouself in n sel bevind met absoluut geen geregtigeid nie.

Jacques Venter ·

As jy jouself kan verdedig kan jy self probeer om sy hare te sny. Moet dit liefs nie naby KFC doen nie. Die reuk van gaar hoender laat die manne se hare rys

Tiger ·

Die’ regter het ‘n besluit geneem wat verrykende gevolge gaan he.Dubbel standaarde is nou die orde van die dag in die howe.

Boerseun ·

Dit is wat gebeur as jy ‘n bywoner is in jou eie land en uitgelewer is aan die vyand se onkundige vergeldenaars. Ons is in die Gulag. Dankie aan die NP en sy gewese slim oorgeemannetjies.

Jacques Venter ·

Dr Pieter Groenewalt het gesê dat dubbele standaarde aanleiding gee tot rassisme.

Is dit nie omgekeerd dat rassisme aanleiding gee tot dubbele standaarde?

Wat is ander se mening?

Leahim ·

Stem saam met eersgenoemde die media en veral die afrikaanse media is n goeie voorbeeld hiervan hulle is grootendeels verantwoordelik met hulle eensydige beriggewing vir Rassespanning .Die kfc saak is n goeie voorbeeld.

danie ·

Nee, dubbelstandaarde kan uiting gee tot rassisme as jy ‘n rassis is . Sien die verskil, jy moet rassisties wees per se om rassisties op te tree (en ek sê nie hierdie geval het iets met rassisme te doen nie).

Charles ·

Ja dis hoe dit in die land gaan, geregtiheid kan nie geskiet nie.

Hester Nel ·

Gebruik jou God gegewe verstand en jy het geen probleem!

Sputnik ·

Punt is: Moenie jouself as ‘n straatbakleier uitgee nie!

Chris Ws ·

Hulle moet appelleer teen die’ regter se rassisme.Dis verregaande!

14/88 ·

Mugabe kry diplomatieke immuniteit vir aanranding. Die ouens kry n skuldig bevinding van poging tot moord. Nie eers gepraat van borgtog nie. Onthou julle daardie soldaat wat die meisie geskiet het, waar is hy op die oomblik?

Gert ·

gaan Afriforum nie die mense help nie die regter weet nie wat sy doen nie sy probeer aan die een kant nou vir almal wys hulle sal sit maak nie saak wat en aan die ander kant stel sy haar maatjies teverede ek wonder waar het sy haar opleiding gekry.

Hulle moet appelleer teen die regter se rassisme en dalk haar houding ook

Andre ·

Die kamstige redes van die landdros waarom borg nie verleen moet word nie, is verregaande en absurd. ‘n Kentering het plaasgevind met die doodskis-saak se borgaansoeke (en aanklagte) en nou met hierdie saak ook – duidelik word daar teen blankes gediskrimineer. Maar nou ja, die blankes het vir hierdie bedeling gestem en nou moet ons almal die gevolge dra.

Dirk01 ·

Moet se hulle voorkoms lyk nie wel en dan is daar nog n uitstaande diefstal saak , nee wat die is kwaad doeners

BDS ·

Dirk, vergewis jou eers van die feite. Een is n student wat in die voorste voertuig was en in die gesig gespoeg is en gestamp is deur die ongeduldige “klaer”. Die klaer is in die omgewing bekend vir sy optrede. Hy was nie tevrede om te wag nie. Die derde voertuig se insittendes het hulle toe te hulp
gesnel. Hierdie is n erge verdraaing van feite

#Opinie ·

@Jones wat het sy hare met die hele storie te doen. Gaan loop bietjie in die mall rond en kyk elke tweede jong ou se hare is so gesny …..

Peanut ·

Vreemde lagwekkende regstelsel. Maar jong mans wat ouer vroue betas loop skotvry rond en spog daaroor. Hierdie mans verdien nie om borgtog geweier te word nie. Wil net graag weet hoekom hul regs verteenwoordigers nie optree nie. Die redes vir borgtog weiering in hierdie geval skree van rassime.

Amanda ·

Sjoe die man en vrou kan vreeslik aansit. die video wat ek gesien het is daar nie eers n klap gegee nie…..maar hulle word aangekla vir poging tot moord!!! Hahahaha, belaglik. Wat van daai ou wat die vrou geskiet het wat in die weermag is…. dit sal seker nou nie poging tot moord wees nie. Maar moet asseblief nie KFC toe gaan en in n rusie betrokke raak nie….dan is dit poging tot moord.

Rupert Ashford ·

Hier is ewe skielik iets aan die gebeur in Suid-Afrika. Dit is asof ‘n grens oorgesteek is…

Janosh ·

Ek wil dit sê, en ek gaan dit sê:

Daar gaan ‘n dag in hierdie land se geskiedenis kom, waar genoeg GENOEG gaan wees. En dan gaan alle hel hier losbars.

Ag Nee Man ·

Solidariteit en Afriforum nou is die tyd dat jul julself bewys dat dit die moeite werd is om jul finansieel te ondersteun. Poging tot moord……… nee wat hul is belaglik. Brand die tannie en die oom dan kom jy weg moet iemand net nie klap nie. Help asseblief ons volk!!!!!!!!!!!!

Oom Doug ·

Dis 5% teen 95% die wit man het geen kans teen die reg sisteem nie.

Dankie F W.

Dirk01 ·

BDS as jy so vertroud is met die feite en gebeure sal die 4 manne n verklaring van jou verwelkom ek stel voor jy kom in kontak met hulle regs verteenwoordigers . Ongelukkig is die tipe geweld nie die eerste keer deur jong afrikaans sprekende mans nie . Die gevalle let wel is gereeld en ek het al gesien hoe ouer mans deur sulke saam lopende mans aan gerand word en ek gaan my verstout deur te vra was hulle onder die invloed van drank? . Ons moet besef ons leef in n land vol rasse spanning en elke insident sal gebruik word tot die uiterste

Pieter ·

Dit lyk of die regter hulle reeds skuldig bevind het as sy sê dat geregtigheid nie geskied as hulle borgtog kry nie. ‘n Mens kyk tog na die erens van die misdaad en die vlug risiko. Om getuies te intimideer is nie so maklik soos wat ‘n mens dink nie en ‘n hofbevel sou dit maklik kan hanteer.

Bokkie ·

Ek weet ek gaan gekruisig word – maar sulke bullebakke verdien wat hulle toekom. Hulle dink hulle is “smart” en sterk wanneer hulle pêlle het – tot die paw paw die fan strike. Dan moet almal hulle jammer kry. Ek stem saam met baie van die kommentaar hierbo – maar die “smart” ouens moet weet waar om die streep te trek. In hierdie dae, weet almal dat die regstelsel een oogig is.

Dirk Breytenbach ·

Van wanneer af beteken weiering van borg geregtigheid? Hoe kan die gemeenskap besluit wat is reg en verkeerd of dat iemand solank gestraf kan word gebaseer op onbewysde bewerings? Ek wonder hoe sal van die kommentators voel as hulle of hulle kinders op dieselfde manier behandel word na ‘n beweerde oortreding? Volgens bestaande aanduidings lyk dit nie of die beweerde oortredings neerkom op aanranding met die doel of poging tot moord nie maar dit word so deurgevoer. Enige agressiewe optrede deur enige rasgroep in die openbaar moet verwerp word maar ons kan ons gerus eers vergewis van die feite. Kom ons wag vir die regte feite voordat ons die mannetjies begin beledig en veroordeel. Kyk gerus na die teenstrydige verklaring van die klaers en die ondersoekbeamptes en besluit dan voorlopig of hulle verdien wat nou reeds na hulle geslinger word.

Dirk01 ·

Gee vir Bokkie n Bells………..geduld sou all die probleme opgelos het staan terug haal diep asem kners op jou tande en geen sulke landwye drama nie

dance ·

Al lankal my bydraes tot afriforum en kie gestaak. Skenk eerder my bydraes aan instansies wat werklik vir ons as mense staan, En ja enige iemand kan op tande kners en diep asemhaal. tot jy die dag onplof, wie sal saam jou staan? Nie ‘n situasie wat jy wou gehad het net as jy uit was om net kitskos ete te gaan koop?

danie ·

Ja nee, die dae van die outa in die pad ‘n paar klappe te gee, is vir altyd verby. Onthou dit manne, moenie sê ek het nie gewarsku nie

Dirk01 ·

Tyd vir ontplof bestaan nie ons moet ons beheer en die gevalle is te algemeen onthou die waterkloof lot ook . Hoekom vuurwapens uitpluk en mense in kiste druk en dit verfilm handig hulle oor aan die polisie en spaar jou groot geld en vernedering . Dit bly dom en as my kind dit sou doen kan hy die gevolge dra ek keur dit nie goed nie . Hulle maak dit nog steeds moeilik vir mede blankes .

alida ·

Mense word tog groot asb. Afriforum of Solidariteit kan mos nie nou inmeng met die saak nie. Hulle sal appèl moet aanteken.

Dirk Breytenbach ·

Maar Afriforum was blitsig in hul veroordeling van die insident toe dit plaasgevind het…..

Lizl ·

Afriforum is deesdae polities OOR korrek en nie meer vir ons mense nie. Hul neem eerder dronk partytjie sake aan…..

Frederik ·

Dit is moeilik om te bepaal hoe enige landdros se kop werk, nie net Rapulana s’n nie. Ek was in my lewe – tot dusver – drie keer in ‘n hof. Al drie keer was daar wit landdroste op die bank. Twee keer was ek soos in regtig onskuldig, maar is skuldig bevind. Die laaste keer was ek so skuldig as kan kom, maar is onskuldig bevind. Wat al die jare se studie hul baat, weet niemand nie.

Toppie ·

Dit wat gebeur het met die jong mans kan more met jou gebeur. Blankes word geteiken en veral blanke mans. Ek glo Agriforum en Solidariteit is wel bewus dat blankes geteiken word en so ook Afrikaans Kleur is wat tel as mense aansoek doen vir poste, boere word vermoor op plase sodat hulle moet trek en ander blankes word by restaurante, ontspanningsplekke ens. geteiken sodat hulle moet wegbly. Wonderlike SA sonder geregtigheid en waar die massas vir die regters besluit wat gedoen moet word en wie vervolg en op parool vrygelaat word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.