KFC-voorval: Hof sê oor borgtog

Die beskuldigdes in die hof (Foto: Maroela Media)

Die landdroshof in Pretoria-Noord het Woensdag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van drie mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar by ʼn KFC-restaurant Montana aangerand het.

Stephan Nel (39), Dicky Junior van Rooyen (21) en Joshua Schultz (21) staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen. Hul een medebeskuldigde, Marius Harding (23), het sy aansoek om borgtog laat vaar weens ʼn uitstaande klag van diefstal in KwaZulu-Natal en nog ʼn beskuldigde, Ockert Muller (20), is vroeër reeds op borgtog vrygelaat.

Landdros Mothloki Rapulana het die beskuldigdes se aansoek van die hand gewys. Sy het gesê dit is in belang van geregtigheid dat die mans nie vrygelaat word nie. Sy het ook gesê die moontlikheid bestaan dat die mans moontlik die ondersoek kan verhinder of ooggetuies kan intimideer indien hulle op borgtog vrygelaat sou word.

Volgens Rapulana bestaan die moontlikheid ook dat die publiek protes sal aanteken indien borgtog toegestaan word, net soos wat gebeur het toe die video beskikbaar gemaak is. Volgens haar sal die publiek ook meen dat geregtigheid nie plaasgevind het, indien die mans op borgtog vrygelaat word nie.

Die mans bly in aanhouding en moet weer op 14 September in die hof verskyn.

Die drie mans se regsverteenwoordigers het aan Maroela Media bevestig dat hulle so vinnig as moontlik appèl sal aanteken teen die uitspraak.

Die mans word daarvan beskuldig dat hulle Jacob Sono en sy vrou Dudu op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het. Video’s van die voorval is wyd op sosiale media versprei.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

55 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mielie

Hoe het Mcbride dan borg gekry. Swak eensydige besluit. Hoop blanke regters neem kennis van die besluite. Malema se prokureur wat op sy mense geskiet het het borg gekry…..

Al

In wie se belang word plaasmoorde dan gepleeg? Dis tog ook rassisties gedrewe? Dis omdat die publiek swyg oor plaasmoorde dat daar nooit druk sal ontstaan om die justisie te laat ingee en die oortreders swaarder te straf nie.

marous

Twak.

Ronell

Hoe onregverdig kan die lewe nie wees nie. Op die stadium word die manne van hul vryheid ontneem. Aanhouding vir verhoorafwagtende gevangenis is uiters sleg, nooit genoeg vuil matrasse of selfs n kombers vir elkeen wat in n sel aangehou word nie. Hulle word onder onmenslike omstandighede aangehou sonder enige regte. Gevonnisde gevangenis kom ten minste in daglig, maar verhoorafwagtende gevangenis word dag en nag in die haglike omstandighede toegesluit. Hoe verlustig die klaers en hul ondersteuners hulself nie oor die onredelike uitspraak van die landdros wat haar duidelik nie by die saak bepaal het nie, maar eerder na die… Lees meer »

Will i am

Hierdie is SA. Moordenaars mag rondloop maar beweerde aanranding mense sit agter tralies