KFC-voorval: Polisie wil glo nie ‘bewyse’ oorhandig

Stephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017)

Die regsverteenwoordiger van die mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn paartjie, Jacob Sono en sy vrou, Dudu, by ʼn KFC in Montana aangerand het, het die polisie daarvan beskuldig dat hulle die saak met opset vertraag.

Adv. Nols Nolte, drie van die vyf beskuldigdes se regsverteenwoordiger, het Donderdag in die Pretoria-Noord-streekhof gesê die polisie weier om hulle te voorsien van die selfoon wat aan Marius Harding, een van die beskuldigdes, behoort.

Nolte het aan die hof gesê dat sy kliënt hom in kennis gestel het dat die selfoon kritiek belangrike inligting bevat en daarom wil hulle dit as deel van hul bewyse gebruik. “As ons nie daardie foon kan kry nie, sal ons nie in ʼn posisie wees om vir die verhoor voor te berei nie,” het Nolte gesê.

Hy het die hof versoek om ʼn bevel te maak wat polisiebeamptes verplig om die selfoon aan hulle te oorhandig.

Staatsaanklaer Lucri Shivambo het gesê dit sal nie nodig wees vir die hof om in te gryp nie, aangesien sy ingelig is dat die nuwe ondersoekbeampte die selfoon het en dit van Vrydag af by die polisie afgehaal kan word.

Die saak sal 13 Augustus weer in die Pretoria-landdroshof voorkom.

Die vyf mans staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen. Dit volg nadat hulle na bewering in Augustus verlede jaar die Sono-egpaar in die KFC-deurrybaan aangerand het. ʼn Gedeelte van dié onderonsie is op video vasgevang en op sosiale media versprei.

Dicky Junior van Rooyen (21), Ockert Muller (20), Joshua Schultz (21) en Stephan Nel (39) is al vier op borgtog vrygelaat terwyl Marius Harding (23) se aansoek om borgtog van die hand gewys is. Harding is in 2014 in hegtenis geneem op ʼn klag van aanranding en crimen injuria nadat hy glo drie petroljoggies aangerand het en rassistiese uitlatings gemaak het by ʼn vulstasie in Petrus Steyn in die Vrystaat. Hy staan ook tereg op ʼn klag van bedrog in ʼn ander saak in KwaZulu-Natal.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Irma ·

Die selfoon het seker ‘n nuwe eienaar ! Hoe nou gemaak om hom terug te kry. Behoort interressant te wees om dit te sien.

Selfoon ·

Irma; nee wat, daar sal niks interessant wees om te sien nie. Indien jy die artikel gelees het, sou jy bewus gewees het dat “die nuwe ondersoekbeampte die selfoon het en dit van Vrydag af by die polisie afgehaal kan word”.

Jaco ·

Kan iemand my verduidelok wat beteken die woorde “konkel.met bewyse”.
Kan dit dalk hier van toepassing eeed wonder ek.

Bafana ·

Ek belowe jou as en ek sê AS jy daai foon gaan kry gaan hy so skoongevee wees Maar laat on sien of jy daai foon gaan kry

Griet ·

Dit kom voor Marius is ‘n deskundige op die gebied van wetlike oortredings

AD ·

Jy weet. Dit maak my so kwaad dat ek my woorde nou moet beperk!!!! WAT HET VAN DIE STEERS SAAK GEWORD!!!! Maar oe skies ja NET wittes moet aangevat word. Die regter na hierdie lewe sort julle uit.

ES ·

Hoekom het 5 groot mans gevoel dat dit nodig is om hulself so uit de druk deur om twee mense se lewens te bedreig – en een van hulle lyk nou soos ‘n gewoonte-misdadiger as gevolg van die feit dat hy voorheen DRIE petroljoggies aangerand het, en een bedrog aanklag teen hom het. ” You are judged by the company you keep.”

Wynand ·

Ons raak gewoond aan die rasgedrewe hekse jag en die teenoordstelde as dit nie blankes is nie

Johan ·

Al “delete” jy alles op selfoon, is daar steeds in meeste gevalle maniere om dit in hande te kry. Die forensiese kenners weet hoe. Die gewone SAP beampte weet nie hoe om ALLES uit te vee sodat dit “goed weg” is nie – dit sal ‘n forensiese kenner by SAP moet wees wat dit gedoen het. Wat natuurlik dwarsboming van die gereg is.

Maar die staat en die hof sloer doelbewus met die saak om die aangeklaagdes se lewe vir hulle moeilik te maak. As die bewyse so sterk was vir skuldigbevinding, sou die saak lankal klaar gewees het. Staat sien hulle het nie so sterk saak nie en nou maak hulle net die lewe vir die mense moeilik.

Sarie ·

Dit is darem maar interressant – die beskuldigdes ALMAL word daarvan beskuldig van dieselfde daad. Ek wil nog sien hoe kan 5 mans 1 wapen vashou. Dis belaglik. As n groep ‘n plaasmoord pleeg, dan word net die een persoon wat die wapen gehad het, aangekla en die ander word “kwytgeskeld”. Hier gaan dit weer meer as net oor die daad.

honourable member ·

Mense moet ook maar begin leer hoe om hulle in die openbaar te gedra want sekere optredes gaan sekere reaksies uitlok so eenvoudig soos dit. Hou maar jou swak maniere vir jou huis. Teen nou al weet ons almal die simpatie le lankal nie meer by wittes nie so as jy jou vir n toffie uitgee moet jy bereid wees om gekou te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.