KFC-voorval: Raskaart word bekyk

Stephan Nel (39), Dicky Junior van Rooyen (21), Marius Harding (23), Ockert Muller (20) en Joshua Schultz (21) in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017). Foto: Phillip Bruwer

Drie van die vyf mans wat op ʼn aanklag van poging tot moord teregstaan in verband met die beweerde aanranding van ʼn egpaar op 3 Augustus by ʼn KFC-restaurant in Pretoria, sal minstens nog die naweek agter tralies moet deurbring.

Stephan Nel (39), Dicky Junior van Rooyen (21), Marius Harding (23), Ockert Muller (20) en Joshua Schultz (21) het Vrydag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn waar hulle teregstaan op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen.

Drie van die beskuldigdes, Nel, Van Rooyen en Schultz, se aansoek om borgtog is in ʼn volgepakte hof voor landdros Mothloki Rapulana hervat. Muller is reeds twee weke gelede op borgtog vrygelaat en Harding het sy aansoek om borgtog laat vaar weens ’n uitstaande lasbrief vir diefstal in ʼn onverwante saak.

Ao. Ravi Vengetsamy Naidoo, bevelvoerder van speurders by die Sinoville-polisiestasie, het die drie mans se borgtogaansoek teengestaan en gesê die beskuldigdes moet ter wille van die veiligheid van die egpaar wat hulle aangekla het, nie op borgtog vrygelaat word nie.

“Die video van die voorval is op sosiale media versprei. Baie mense het hul woede en teleurstelling oor die voorval uitgespreek,” het Naidoo getuig.

Hy het ook getuig voorvalle van rasgedrewe aanvalle is algemeen in sy polisiëringsgebied en “dit is gewoonlik wit teenoor swart of swart teenoor wit” en dat alle rasgedrewe voorvalle hoër prioriteit geniet as gewone misdrywe.

Nols Nolte, Nel se regsverteenwoordiger, het Naidoo onder kruisverhoor gevra of daar openbare opslae was toe Muller borgtog toegestaan is, waarop Naidoo gesê het nie waarvan hy bewus is nie.

Nolte wou weet hoekom Naidoo die aanval as ʼn rassistiese voorval beskou, aangesien daar glad nie in sy verklaring melding gemaak is van rassistiese aanmerkings wat tydens die voorval gemaak is nie, asook geensins ʼn aanklag van naamskending in die klagstaat gemeld word nie.

“Ek stel dit aan jou dit was nie ʼn rassevoorval nie. Dit was net toevallig dat die klaers swart en die beskuldigdes wit is,” het Nolte gesê.

Sas Erasmus, Van Rooyen se regsverteenwoordiger, het dit aan Naidoo gestel dat die saak meer aandag as ander soortgelyke misdrywe geniet omdat die video’s op sosiale media was en polisieminister Fikile Mbalula “hoogs onverantwoordelike” opmerkings op Twitter gemaak het. Volgens Erasmus het die voorafgaande gebeure die saak ʼn rasse-ondertoon gegee.

“Die polisieminister het op 5 Augustus getwiet dat ʼn groep mans in die noorde van Pretoria rondhardloop en swart mense aanval. Daar is egter geen bewyse wat die polisieminister se opmerking regverdig nie.”

Naidoo het ook gesê hy is nie bewus van bewyse wat die minister se stelling ondersteun nie.

Erasmus wou weet of Naidoo die vuurwapen gesien het wat Nel glo by hom gehad het. Naidoo het gesê hy het nie en weet nie watter soort vuurwapen dit is nie, aangesien hy dit nie gesien het nie en dit reeds na die polisielaboratorium gestuur is. “As ek dit aan jou stel dat dit ʼn ‘BB gun’ was?” het Erasmus gevra. Naidoo het gesê hy sal nie weet nie aangesien hy nie die “wapen” gesien het nie.

Erasmus het dit ook gestel dat sy kliënt, wat aanvanklik borgtog geweier is aangesien twee klagte van aanranding aanhangig gemaak is, niks hangende sake meer teen hom het nie aangesien een saak teruggetrek en die ander van die hofrol geskrap is.

Francois Kriel, vir Schultz, het gesê die polisie het geen bewyse wat aandui dat die aanval rasgedrewe was nie en dat die staat se saak swak is. Hy het gesê daar is geen besware wat die polisie teenstaan, wat nie deur borgtogvoorwaardes aangeraak kan word nie.

“Onthou jy toe ons gepraat het toe my kliënt hom oorgegee en ons borgtogvoorwaardes bespreek het? Jy het gesê jou hande is afgekap omdat jy ‘bevele van hoër op’ het. Hoekom staan jy dit nou teen?” het Erasmus gevra.

Naidoo het net op die stelling geantwoord dat hy opdrag gekry het van sy takbevelvoerder om Schultz in hegtenis te neem. Hy was op pad om dit te doen toe Schultz hom in die teenwoordigheid van Kriel aan die polisie oorgegee het.

Die staat het daarna die saak se ondersoekbeampte, konst. Tladi van die Sinoville-polisie, geroep om te getuig.

Tladi het aangevoer borgtog moet teengestaan word aangesien Van Rooyen twee hangende sake teen hom het, die polisie bekommerd is oor die veiligheid van die klaers en dat die mans dalk met staatsgetuies kan inmeng of hulle intimideer aangesien hulle weet hulle werk by die KFC-restaurant, asook dat dit ʼn openbare oproer kan veroorsaak.

Tladi het gesê die vrou wat beweer sy is aangerand, is ook beledig met die woorde “bi**h”, “sy weet nie wat sy doen nie” en “swartgat”.

Tladi het skerp onder Nolte onder kruisverhoor deurgeloop, aangesien Tladi as ondersoekbeampte ook nie geweet het watter “vuurwapen” gerig is nie. Tladi het gesê hy is nie ʼn kenner van vuurwapens nie en dit is na die laboratorium gestuur. Nolte het ook melding gemaak van ʼn speelgoedpistool.

Hy het ook gesê Tladi se getuienis dat die vrou ʼn “swartgat” genoem is, is hoorsê aangesien hy geen melding daarvan in sy verklaring gemaak het en daar nie bewyse is nie.

Die saak is daarna uitgestel aangesien die hof teen 16:00 moes verdaag. Die kruisondervraging en slotbetoë duur Woensdag voort. Die vier bly in aanhouding.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

SalWeerSe ·

Die ouens was volgens die berig al voorheen betrokke by aanrandings (miskien heeltemal onverwand aan ras). Een van hul is betrek by ‘n diefstal. Dit klink asof hierdie jongmanne gereeld in die moeilikheid kom. Hopelik kan hul gehelp word, want duidelik sukkel hul met selfbeheersing.

anton ·

Jy maak aannames sonder enige feite. Jy gaan net op hoorsê.
Hoe sal jy daarvan hou as jy dalk beskuldig word van iets wat jy nie gedoen het nie of nooit skuldig aan bevind is nie?
En ek praat nie van die een wat n diefstal saak hangend teen hom het nie.

Adam ·

Anton, een ding is wel seker. Dit klink nie asof ons hier met die Seders in die samelewing te doen het nie. Die inligting rondom ‘n uitstaande lasbrief wat op MM verskyn het, is in die hof geopper en sou nie plaasgevind het as dit nie die geval is nie. Hoe dit ook al sy, die raskaart is onnodig, kyk eerder na die drankkaart.

Jacques Venter ·

Gaan Afriforum en Solidriteit nou KFC boycott soos hulle Spur geboycott het?

Haan ·

Afriforum en Solidariteit het niks met die spur boikot te make nie??? Ek verstaan dat U moontlik kwaad is omdat U gunsteling restaurant deur keelvolle Afrikaners gekelder is, maar gaan soek liefs n ander hond om te skop

Bruno Stef ·

Deur hulle nie borg te gee nie kom dit neer op intimidasie en n sagmaakproses om die polisie tyd te gee om iets op te dis soos alreeds met die aanvanklike bisare klagtes teen hulle bewys is.Het die vuurwapen n wettige eienaar wat as dit so is net sy wapen aan sy persoon gedra het tydens die voorval MAW die klaers kan dan valse beskuldigings van rig van n vuurwapen om meer geloofwaardigheid en vet om hulle klagte te sit. As n mens n hond wil slaan is dit vinnig om n stok aan die hande te kry.

Blits ·

Gin wonder KFC is so stil oor die hele ding, Die klomp klaagster lieg dat dit wip en die polisie neem deel daaraan, en dan praat ons nie oor die minister van polisie nie, lets face it hy weet niks, om sulke ongestaafde uitlatings te maak is onvanpas en hoogs gevaarlik, ek voel dat die beskuldigdes hom ook somme moet dagvaar, die hele ding stink soos n vrot hond.

Die naidoo en die tladi doen hulle werk op hoorsê met geen bewyse vir hulle beskuldigings nie, en nou mag die mans nie uit nie omdat hulle bekommerd is oor die klaers se veiligheid, SHAME, wat van die wit mense wat so aangerand en gemartel word? hulle aanranders kry dan borg en daar nie n ding dat die polisie bekommerd dan is oor die veiligheid van die klaagsters nie.

KORRUP KORRUP LAGWEKKEND EN N KLAP IN WITMENSE SE GESIG MET N LEKKER MIDDELVINGER

MissDemeanor ·

As mens lees wat MaroelMeddia hier berig sien mens hierdie mans het ‘n geskiedenis van moeilikheid maak. Uitstaande lasbrief vir diefstal en dan ook vorige/hangende sake vir aanranding. Ek sien op News24 dat hul wel nie aangekla word vir rassisme nie. Dus lyk dit vir my hulle is ouens wat kort humeure het en vinnig vuiste swaai. Hoop hul kry hulp vir die probleem.

Domvraag ·

Johanna was jy daar dat jy die mans se gedrag kan kritiseer? Die aangerande persoon hoe was sy gedrag asook die vrou se gedrag.
Wat teleurstellend is dat as wit boere wreed gemartel en doodgemaak word dan is dit n gewone misdaad maar as n witte betrokke is in n aanranding of iets sê vir n swarte dan is dit rassisme wat erger is as iemand dood te maak. Dis tyd dat ons moet stop om alles as rassisme te wil beskou en net moet sien as misdaad want wat nou gebeur is dat sekere mense die heeltyd probeer om die raskaart te wil speel soos die vrou wat sê are you also going to hit me because I’m a black women??

Jz ·

Ek stem Blits,en waar oor dit nou gaan is die dubbel staandaard wat nou tel ,verseker oor n vel kleur. {verwys na n man wat n vrou tromp op skiet en borg kry}

Michael ·

Hierdie mense was in n argument betrokke die hof moet bepaal wat aanleiding gegee het wie die argument begin het en of daar n daad gepleeg is wat krimineel van aard was.Dit wat ek hier lees is nie genoeg om iemand skuldig. Te bevind nie.

Swart Piet ·

As ek die saak so bekyk moet hierdie vyf mannetjies net mooi moed en kop hou. Die saak is so dig soos n nat stuk toiletpapier. Wen die saak en dan maak julle n paar siviele eise, teen die slim egpaar, die polisie asook die rassistiese polisie man wat die stories verdraai. En dink n klompie miljoen elk behoort hulle ore oop te maak.

anton ·

Daar was nog altyd veraaiers onder ons eie mense en daar sal voorentoe ook nog wees.
Maar die dag sal kom dat die koring en kaf geskei gaan word!!!
En ek vertrou die SAP gladnie.
Weet van gevalle waar hulle iets op iemand geplant het net om die persoon/persone te arristeer.
As hulle bv. n lasbrief het om jou eiendom te deursoek en een plant ongemerk iets in jou huis wat dan gevind word in jou teenwoordigheid, hoe bewys jy jou onskuld?
Nee die land is in sy glory in!!!

Michael ·

Anton jy is heeltemal reg kyk na van die komentaar wat die mense opsit my oupa het my vertel die tweegat jakkalse het die boere uitverkoop en daarom het hy altyd gesê ons is van Duitse voorkoms hy was skaam on n afrikaner te wees en dieselfde geld vir my

Cherokee ·

Dit is duitser wat met ‘n kleinletter egskryf word en Afrikaner met ‘n hoofletter. duitse voorkoms sê jy? Weet jy wat die woord beteken? Lyk duitsers dan anders as ander mense? Onthou jy van adolf hitler? Hy was ook van duitse ‘voorkoms’.

Bruno Stef ·

Ek dink KFC is net soveel verantwoordelik vir die opeenhoping van die kliente want daar moet parkering vir persone wees wat alreeds bestel het sonder om andere te benadeel.Dit is jare gelede deur ” Padkafees” so gedoen sonder enige probleme en ook die nodige personeel moet buite die opeenhopings reguleer want dit gaan in die toekoms tot verdere misverstande lei wat nadelig vir besigheid gaan wees.

Johanna Botha ·

Ek se weer niemand verdien om so behandel te word of dit nou gebeur het of nie ….PUNT !

Michael ·

Johanna Botha hoekom is jy nie betokke as n getuie nie met al jou kennis van wat die aand werklik gebeur het.

Cherokee ·

Wat weet jy van wat daar gebeur het, Michael? Elke keer wanneer ek jou naam in die kommentare sien onthou ek dat jy gesê het Malema dwing jou respek af (of woorde in dier voege). Dit was oor iets wat Zuma nie doen of sê nie maar Malema wel.

Adriaan ·

Die voorval waar die wit vrou in die bolyf geskiet is deur n swart weermaglid het ook mos in die Sinoville stasie se gebied gebeur. Is die skieter al gearresteer? Is / gaan sy borgaansoek ook teengestaan word? Daar is geen opvolg berigte oor die geval nie.

Jacques Venter ·

Volgens ander nuus berigte, is van die beskuldigdes nie borgtog toe gestaan nie, omdat hulle vals adresse gegee het.

Dis dalk iets wat Maroela Media verder kan ondersoek.

Dirk ·

Die oomblik toe die Min van Polisie die komentaar met die rasaantuigings gemaak het, was hierdie nie meer net n kriminele vervolging nie, maar dit het nou verander in n POLITIEKE vervolging.

willie ·

geen kfc vir my nie ek boikot hulle ……die hele ding is uit veband gevat toe minister sy neus daarin druk.

MissDemeanor ·

Het KFC kommentaar gelewer op doe geval? Ek dink nie so nie. Die voorval het wel op hul perseel afgespeel, maar dit beteken nie hul het enige iets daarmee te doen nie.

Jacques Venter ·

Stem saam Willie
Gn KFC vir my ooit weer nie. Net Spur van nou af aan

Cherokee ·

Miss, jy is nogal reg met wat jy sê. Spur is ernstig in hul geheue.

Leahim ·

Kom ek stel dit dan so wie is die skuldiges wat die mans beskuldig het van rassisme??

Jacques Venter ·

Haai ou Haantjie
Toe lees jy nie eers Maroela Media nie.
Natuurlik het die twee organisasies n boycott van Spur aangemoedig.
Doen jouself n guns en tik in Spur by Maroela Media en vergewis jouself van feite.
Sterkte met jou soeke na die waarheid.
Ns. Ek en my gesin eet eenkeer per week by Spur. Ek kan jou verseker hulle besigheid tel stelselmatig opposite

Johannes van Staden ·

Stem saam dat geen opgevoede mens so optree. Dis net swak van beide kante moet ek se en of die ry nou lank of kort was en of jy n slegte dag gehad het n mens maak nie so teenoor jou naaste nie. SIES vir julle

Jerry ·

Stem saam jy gaan nie so met jou medemens om nie, wees verstandig en vermy konflikte.

vrikie ·

Leer kos maak en bly weg van die take away plekke, dan sal daar minder rassistiese voorvalle wees

Maggie ·

Ek is nie aggresief of n moeilikheidmaker nie maar partykeer word ons so getart dat ek sal kop verloor en ook dinge sal doen wat my in die moeilikheid Sal bring.

Ronell ·

Ek wag in spanning dat die arme vrou wat deur 5mans met vuiste bygedam is se J88 doktersverslag. Ek wil amper n briefie gee daardie verslag gaan niks aandui nie, tensy sy n privaat dokter omgekoop het vir n vervalste verslag

Swartkat ·

Eet glad nie KFC nie, is verskriklik allergies vir dooie hoenders

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.