KFC-voorval: Vyf terug in hof

ʼn Klein groepie betogers Vrydag voor die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017). Foto: Phillip Bruwer

Die vyf mans wat op ʼn aanklag van poging tot moord teregstaan in verband met die beweerde aanranding van ʼn egpaar op 3 Augustus by ʼn KFC-restaurant in Pretoria, sal weer Vrydag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Marius Harding (23), Ockert Muller (20), Stephan Nel (39), Dicky Junior van Rooyen (21) en Joshua Schultz (21) staan tereg op aanklagte van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Een van die beskuldigdes word ook van die rig van ʼn vuurwapen aangekla.

Drie van die beskuldigdes sal na verwagting om borgtog aansoek doen. Muller is reeds twee weke gelede op borgtog vrygelaat en Harding het sy aansoek om borgtog laat vaar weens ’n uitstaande lasbrief vir diefstal.

ʼn Klein groepie betogers Vrydag voor die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017). Foto: Phillip Bruwer

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die beweerde aanranding, wat by ʼn KFC-restaurant in Montana plaasgevind het, het wyd opslae gemaak nadat dit soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het. Die beeldmateriaal, wat met ʼn selfoon opgeneem is, toon hoe ʼn groep mans na bewering vir Jacob Sono en sy vrou aanval nadat die egpaar die mans gevra het om vorentoe te beweeg in die deurrybaan by die KFC-restaurant.

In nog ʼn video van die voorval wat later aan die lig gekom het, kan gesien word hoe van die mans en die Sono-egpaar saam met nog ʼn vrou buite hul motors staan. Daar kan nie op dié beeldmateriaal gesien word dat enige iemand gewelddadig optree nie, hoewel daar gehoor word hoe een van die beweerde slagoffers een van die beskuldigdes vloek.

Volgens mediaberigte beweer die mans dat Sono die konfrontasie begin het en eerste aggressief geraak het omdat die mans lank in die deurrybaan vir hul bestelling gewag het.

Die beskuldigdes het verlede week ook in die hof verskyn waarna die saak tot vandag uitgestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Vra net ·

Sien net gereeld hierdie “rasse” KFC geval. Sal net wil weet wat word van die saak waar die jong vrou in die bors geskiet – die man is nog nie eens aangekeer wat nog van in die hof. Daar was net een berig – waarom is daar geen opvolg.

Amanda ·

Wonder presies oor dieselfde ding. As die bordtjies verhang was, was die skieter lankal agter tralies!!! Hoekom gaan die KFC ding nog aan, daar het mos nou n tweede video die hele storie gewys waar Mnr en Mev Sono te kere gaan.

snoefie ·

as sono eerste gevloek het, dan weet die hof mos daar was “justifiable provocation”. mense let op wat julle doen en hou ook maar julle selfone gereed.

Tienie ·

Die ander geval van die witman wat deur die taxis in Lovender straat met bakstene aangerand is lewer ook geen verdere terugvoering nie . Maar lyk my hoe harder hulle skree en act hoe groter die dekking .

Protes ·

Ek wonder ook hoekom daar niks gesê word van die aanranding nie ….miskien tyd geword om media wat teen ons diskrimineer te boikot.

Se maar net. ·

Dit lyk vir my ons moet ons eie eetplekke oprig reeds om sulke voorvalle te Moet vermy.

Michael ·

En die klomp werkloses dans voor die hof seker vir n t hemp of koshamper.

Marius Harding ·

Snaaks dar Maroela media so feitlik verkeerdelik verslag doen. Daar het net drie vir borg aansoek gedoen.
Almal is vir presies dieselfde aangekla.
Die staat het aangevoer dat uulle borg opponeer op grond daarvan dat van die manne ander sake hangende het…. op die eerste verskyning is die dokumentasie reeds voorgele wat wys daar is sake wat deur die staat teruggetrek was en ander deur die hof uitgegooi was… die hoof speurder het toe getuig maar dit moet steeds in ag geneem word want hulle is voorheen gearresteer….
Die hof het gehoor dat hulle nie enigsins die saak ondersoek het behalwe om met die klaer te konselteer. Die ondersoek beampte kon nie antwoord op sy eie verklaring nie en het beweer dat hy eers op die 13 Augustus 2017 die dosier gekry het…. na prok Nols Nolte hom as leunaar uitwys het hy sy stelling verander dat hy die 10de vir die eerste keer betrokke geraak het met die saak…. hy het op die 10de in n eedsverklaring gesweer dat hy reeds ondersoek gedoen het en borg opponeer gebaseerd op sy ondersoek….. as hy op die 10de die saak toegedien is….. hoe sou hy op die 9de n besoek gedoen het aan die Sono’s?
Op n stelling dat hy lieg en nie weet wat in die dosier aangaan nie het hynie ontken nie…..
DIe hoof speurder het getuig dat Sinoville polisiestasie alle oor ras grens misdade prioritiseer. Hy moes toegee dat misdade van swart op wit nie dieselfde prioriteit het

anton ·

Dit laat mens wonder waarom MM nie die volle feite weergee soos jy dit gestel het nie???
Kan ook niemand meer vertrou nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.