KFC wéér in die spervuur

Argieffoto ter illustrasie Foto: tja.co.za

Argieffoto ter illustrasie Foto: tja.co.za

Die kitskoskettinggroep KFC het gesê ʼn ondersoek is van stapel gestuur nadat beeldmateriaal aan die lig gekom het wat glo wys hoe ʼn werknemer ʼn mes “skerpmaak” op die sypaadjie buite ʼn Umhlanga-tak.

“Ons is bewus van die voorval by ons restaurant in Umhlanga in KwaZulu-Natal. Ons is ernstig oor gehalte-standaarde en ons doen ʼn deeglike ondersoek,” het Doug Smart, KFC Africa se besturende direkteur, gesê.

Die beeldmateriaal wat op Facebook geplaas is, is glo van ‘n hotelbalkon naby die winkel geneem. Volgens die gebruiker wat die video op Facebook gelaai het, gebeur dit daagliks dat werknemers messe op die sypaadjie “skerpmaak”.

Die nuutste voorval kom nadat ‘n video op sosiale media versprei is wat wys hoe KFC-werknemers rou hoender op die grond met water afspuit. (Lees meer oor dié voorval hier).

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

fransie ·

Wat van n naams verandering?
Colonels Pavement chicken?
Regtig is kfc besig om soooo agteruit te gaan.

Winston ·

Dink ek sal maar my hoenertanne trek. Bly by biefstuk. Dis mos vleis!!!

Corlaine ·

Mens kan maar net wonder dat, hoe skoon werk enige uiteetbesighede + wegneemeetes in die algemeen in die kombuise …

J.Z ·

Wonder as dit voor die skerms so gaan watgebeur agter die skerms???????????.

KarooKlong ·

Ek het nie rerig so groot probleem met die wyse van mes skerpmaak nie, hulle was dalk die mes agterna. Wat my bekommer is om in my geestesoog te visualiseer hoe daardie patetiese soutwater opgestopte hoender porsie gaan lyk as hulle hom nog met ‘n stomp mes ook aanval?

Hannes ·

En jy het nie ‘n problem met die person wat voor die tyd op die sypaadjie geurineer het nie, en die mes dan op daardie selfde plek skerp gemaak word.

KarooKlong ·

My kommentaar was gelewer met ‘n tikkie humor.
Let wel: Ek het genoem: “hulle was dalk die mes agterna”.
Ek gee hom die voordeel van die twyfel want nie jy of ek weet dit nie.
Lyk my ek ontvang net gedeeltes van die berig want ek sien nie die gedeelte waar daar berig word dat iemand op daardie spesifieke plek of enige plek daar naby, voor die tyd, daar geurineer het nie.
Moet tog nou nie die plas urine onder die hoender uitruk nie

BB v KZN ·

Mense kom ek sê vir julle KFC is besig om te vou omdat dit nie meer soos dit in die ou die bestuur word nie. Kontak my bestuur private

J ·

BEE bestuur en personeel. Want ons is die kliente. Hulle gee nie om of ons vuil of vrot kos koop nie. Dan is hulle nog ongeskik ook. Klaar met KFC en Mc Donalds

Dave ·

En dàn wanneer KFC te veel klandisie verloor het om standhoudend te wees sal hulle bloot van naam verander en mense gaan weer hêppie wees om daar te koop.

Lynette ·

Dit klink erg , maar wanneer word al die ander eetplekke opgecheck . Nee o wee ek eet maar liewer by die huis . Ek is n KFC aanhanger en by ons sin is die kombuis oop en ek sien hoe hulle dit maak . Het nog nie n probleem opgemerk nie . Gelukkig word dit met so hoe hitte gaarmaak dit moet maar die kieme vernietig

KarooKlong ·

Goed genoeg antwoord as ‘n mens honger of belustig is.

Jacques ·

Ek het nou al by verskeie van hulle takke kos bestel,…….en ek moet sê ek stem saam met die mense dat BEE besig is om Kfc stelselmatig af te breek.

Na al die insidente het ek weer probeer en ek moet sê Kfc sien my nooit nie,….asook McDonalds.

Mense word in posisies geplaas volgens kleur,…..en nie altyd volgens meriete nie.

Ek kan kies,…..en kies my eie kos,…..voor die kole,….met liefde gemaak.

Wiebo ·

Almal in Cullinan kan nie wag nie. Daar maak n KFC binnekort oop. Dink nie die tak sal goed doen na al dinge van KFC nie. Ek sal beslis nie daar koop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.