Kgalema Motlanthe staan saam in die ry

Kgalema Motlanthe gooi sy stembrief in die boks Foto: Barry Bateman, @ewnreporter (Twitter)

Kgalema Motlanthe gooi sy stembrief in die boks Foto: Barry Bateman, @ewnreporter (Twitter)

‘n Foto van Motlanthe in die ry volg onderaan die berig. Adjunk-president Kgalema Motlanthe het Woensdagoggend saam met ander kiesers in die ry gestaan by die Colbyn-stempunt in Pretoria.

Motlanthe en sy verskeie lyfwagte het saam met hom in die ry gestaan. Daar is ook talle polisiebeamptes en verslaggewers by dié stempunt.

Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane en Terry Tselane, adjunkvoorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie het ook by dié stempunt hul kruisies getrek.

Die OVK sê daar is meer as 22 000 stempunte landswyd.-SAPA

Een van Maroela Media se lesers, Corné Visser, het saam met adjunkpres. Motlanthe in die ry gestaan. Hier is haar foto:

Adjunk-president Kgalema Motlanthe in die ry om te stem Foto ingestuur deur een van Maroela Media se lesers, Corné Visser

Adjunk-president Kgalema Motlanthe in die ry om te stem Foto ingestuur deur een van Maroela Media se lesers, Corné Visser

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Hoe dan anders, hy is op die einde van die dag maar net n landsburger, nes ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.