‘n Foto van Motlanthe in die ry volg onderaan die berig. Adjunk-president Kgalema Motlanthe het Woensdagoggend saam met ander kiesers in die ry gestaan by die Colbyn-stempunt in Pretoria.
Motlanthe en sy verskeie lyfwagte het saam met hom in die ry gestaan. Daar is ook talle polisiebeamptes en verslaggewers by dié stempunt.
Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane en Terry Tselane, adjunkvoorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie het ook by dié stempunt hul kruisies getrek.
Die OVK sê daar is meer as 22 000 stempunte landswyd.-SAPA
Een van Maroela Media se lesers, Corné Visser, het saam met adjunkpres. Motlanthe in die ry gestaan. Hier is haar foto:
Hoe dan anders, hy is op die einde van die dag maar net n landsburger, nes ons.