Kgetlengrivier slaan nie ag op hofbevel

Die Kgetlengrivier-munisipaliteit. (Argieffoto: Molaole Montsho/ANA)

Sakeliga oorweeg om die hooggeregshof in Mahikeng te nader vir ʼn bevel dat die munisipale bestuurder van die Kgetlengrivier-munisipaliteit in Noordwes, in minagting van die hof verkeer en na gelang van die hof se diskresie tronkstraf óf ʼn boete óf albei opgelê moet word.

Hierdie stappe word oorweeg aangesien Kgetlengrivier-munisipaliteit reeds vir meer as vyf maande in minagting van ʼn hofbevel verkeer. Volgens die hofbevel moet sekere rekords wat met dienslewering en finansies van die munisipaliteit verband hou, aan Sakeliga oorhandig word.

Sakeliga het reeds verlede jaar hierdie rekords kragtens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) versoek. Die versoek is nooit geantwoord nie en Sakeliga het daarin geslaag om die hof te nader vir ʼn bevel om die munisipaliteit te verplig om die rekords te oorhandig. Die bevel is reeds op 1 Maart 2021 gemaak.  Daarvolgens is die munisipale bestuurder van Kgetlengrivier-munisipaliteit 60 dae verleen om die tersaaklike rekords te voorsien. Die rekords is nooit voorsien nie.

Sakeliga gee gevolglik nou die munisipale bestuurder tot 18 November 2021 om die rekords ooreenkomstig die hofbevel te oorhandig.

“Daar is geen rede waarom Sakeliga ʼn staatsorgaan behoort te dwing om aan ʼn hofbevel gehoor te gee nie,” sê Tian Alberts, woordvoerder van Sakeliga. “Oor meer as ʼn jaar se versuim en ook minagting van ʼn hofbevel om eenvoudige rekords te oorhandig waaroor enige munisipaliteit wetlik behoort te beskik en vir die publiek beskikbaar moet stel, is daar slegs ʼn paar ooglopende afleidings wat Sakeliga kan maak, naamlik

  • dat die Kgetlengrivier-munisipaliteit tot so ʼn mate verval het dat dit nie die vermoë het om basiese rekords beskikbaar te stel nie, of
  • dat daardie rekords nie bestaan nie, of
  • dat die rekords so inkriminerend is dat die munisipaliteit dit eerder sal weerhou selfs in weerwil van ʼn hofbevel.”

Alberts sê die munisipaliteit verkeer terselfdertyd in minagting van ʼn kostebevel wat in Sakeliga se guns gemaak is in verband met die Paia-bevel op 1 Maart 2021, en intussen getakseer is. Weens die munisipaliteit se versuim of weiering om aan die bevel gehoor te gee of selfs net Sakeliga se aanmanings te antwoord, moes die balju van die hof hierdie week op van die munisipaliteit se bates beslag lê.

“Soos met Naledi en Ditsobotla-munisipaliteite waar Sakeliga tans die hof vra om verpligte administrasie en ingryping deur ʼn onafhanklike betaalmeester te gelas, het die Kgetlengrivier-munisipaliteit klaarblyklik nie die vermoë om sy basiese wetlike pligte en selfs hofbevele na te kom nie. Hierdie mate van verval belemmer regspleging en plaaslike sakesekerheid.”

Sakeliga konsulteer daarom met sy regspan en ander rolspelers oor verdere moontlike strategiese stappe in Noordwes om blywende grondslag vir sake-selfstandigheid neer te lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

Die anc lag vir die hof ou zuma het hulle mooi geleer. As dit iemand anders was dan was hy klaar in die tronk. Die anc land se regstelsel is n grap en die regters is nog n groter grap

EnoughSaid ·

Beboet in hul persoonlike hoedanigheid PLUS tronk straf asb……

Danie ·

Dit is hoog tyd dat n munisipale bestuurder n voorbeeld stel deur tronk toe te gaan.
Hulle beskou hulself as untouchable en doen niks wat die miljoene wat hulle verdien regverdig nie.
Vreet hulle

Shakespeare ·

Die ANC gekrokte munisipaliteite doen maar net wat van hulle verwag word om kommunisme te laat vas anker.

Waarnemer ·

Waarom so lank gewag voor hulle die hof weer nader….vanaf 21 Maart tot nou en dan nog grasie tot 18 November gee?

Foefie ·

Ek kan nie meer bybly nie. Waar in die wereld is hierdie kgetlengrivier plek? Pla my nie want ek weet nie waar dit is nie. Kan net sowel in Zambië gewees het.

Di ·

Al die ANC kaders dink hulle is verhewe bo die wet. Deur bloot als te ignoreer dink hulle die probleem sal vanself verdwyn. Nog nooit so arrogante, korrupte, useless spul bymekaar gesien nie.

Hennie J ·

Die probleem is indien die munisipale bestuurder wel toegesluit word, niemand hom sal mis nie. Hy word in elk geval net een keer per maand gesien en dit is wanneer hy kom teken vir sy payslip!

Yvonne ·

Jip regstelsel vir die begunstigdes….nie vir ons nie….wat n gemors is dit nie

Samuel ·

Daar is wette vir die ANC en ander wette vir nie-ANC mense. Our people word altyd anders behandel.

Dries ·

Dan stem die hellfde van die people nog vir die useless lot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.