Kgwadi bedank as vise-kanselier van NWU

Prof Dan Kgwadi. (Foto: NWU)

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit, het sy bedanking Sondag ingedien. Volgens ʼn skrywe deur die registrateur aan lede van die NWU se institusionele forum, het Kgwadi die posisie van vise-kansellier van die Vaal Universiteit van Tegnologie aanvaar.

Die universiteitskomitee se uitvoerende raad sal dié kwessie Maandag tydens ʼn algemene vergadering bespreek, waarna meer inligting met belanghebbendes van die universiteit gedeel sal word.

Kgwadi dien sedert 2013 as vise-kansellier van die NWU. Dit is onder sy leierskap dat die drie kampusse, Potchefstroom, Vanderbijlpark en Mafikeng geïntegreer is en dat Afrikaans grotendeels as onderrig taal by dié universiteit afgeskaf is.

Sy optrede het skerp kritiek uitgelok van die Afrikaanse gemeenskap en die gevoel gewek dat hy die Potchefstroom-kampus en die gebruik van Afrikaans wou “marginaliseer” onder die vaandel van “transformasie”.

Die NWU het sy bedanking Maandagoggend in ʼn skrywe bevestig. “Hoewel ons prof. Kgwadi voorspoed toewens met sy nuwe loopbaanvooruitsigte, is ons hartseer om hom te verloor. Hy het die NWU deur baie moeilike omstandighede gelei en ons almal waardeer sy ondersteuning en deurslaggewende leierskap,” het dr. Bismark Tyobeka, voorsitter van die NWU-raad, in die skrywe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Kokkie ·

Dankie tog! Ek hoop van harte dat die PUK-gemeenskap hulle dure les behoorlik geleer het……..

JM ·

Ek bedank niemand wat daarop uit is om Afrikaans te minag en te marginaliseer nie.

Papsak ·

Dankie tog ek hoop net hulle hou hom weg van ander universeteite af asb

Jakes ·

Baie geluk dat hy bedank het. Het nog nooit van hom gehoor nie.

Michael ·

Goeie nuus hier op die Maandag, aan ander kant sal daar seker weer ‘n ander onbevoegde kader aangestel word

MARTIE ·

Dank Vader! Sidder as ek dink watter kader aanstelling kom in sy plek met al sy of haar nuwe idelogiese idees om in ander se kele af te druk.

Jr ·

As ouer van twee graduates at NWU. “GOOD RIDDANCE TO BAD….. BYE BYE LOUIS – PPPSSSSTTTTT

Grassie ·

Hy het seker die taak waarvoor hy by NWU geplaas was na sy base se sin voltooi en kan nou elders gaan skade aanrig.

Bertie ·

En dan beweer hy dat hy ‘n sinkende skip kom red het! Asseblief! Tydens Covid het hy heeltemal verdwyn. ‘n Mens het spesiale vaardighede nodig om jou eie tekortkominge raak te sien en te erken. Dit ontbreek totaal by hom!

KB ·

Wat is dit met die NWU se rektors, kanseliers en vise-kanseliers? Theuns Eloff bedank, Fika J van Rensburg tree af, dan bedank Dan Kgwadi ook nou?

Haan ·

Mense vergeet dat dit Theuns Eloff is wat hom daar aangestel het…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.