Kgwadi gekap oor ‘persoonlike vetes’ en ‘afbreek van fondamente’

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

“Sedert sy benoeming as visekanselier het prof [Dan] Kgwadi hom uitdruklik daarop toegespits om die fondamente waarop die sukses van die NWU sedert 2005 gebou is, af te breek.”

Só het prof. Francois Venter, ʼn ouddekaan van die Noordwes-Universiteit se regsfakulteit, geskryf in ʼn brief aan die NWU-raad. Die brief is in reaksie op ʼn skrywe van prof. Kgwadi, visekanselier van die NWU, wat vroeër die week in Beeld verskyn het.

Kgwadi het in sy brief onder meer uitgevaar teen dr. Theuns Eloff, voormalige visekanselier van die NWU, en gesê hy moet die nodige ruimte gegun word om die NWU te kan lei.

Venter het in sy brief gesê dit blyk uit Kgwadi se brief dat die beweegredes agter verskeie van sy optredes sedert sy huidige aanstelling “te vinde is in ‘n siening dat hy ‘n persoonlike slagoffer van sy voorganger en kollegas se optrede is”.

Venter het Kgwadi verder daarvan beskuldig dat sy werkswyse ʼn toenemend destabiliserende uitwerking op die universiteit het. “Sedert sy benoeming as visekanselier het prof Kgwadi hom uitdruklik daarop toegespits om die fondamente waarop die sukses van die NWU sedert 2005 gebou is, af te breek deur goed-funksionerende strukture, verhoudinge en werkswyses met onbeproefde meganismes te vervang,” skryf hy.

Volgens Venter blyk dit dat Kgwadi “beweeg word deur ‘n gebrek aan vertroue in sy eie gesag en die wens om sy posisie te versterk deur persoonlike vetes in die openbaar te voer.”

Klik hier om die volledige brief te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gerda ·

Dalk moet Kgwadi aandag begin gee aan sy werk en ophou om mense agter deure te soek, tensy hy hierdie speletjie speel om sy onvermoe weg te steek. My kind is op Potch en ek sou graag wou sien dat sy haar jare van studie daar in n suksesvolle omgewing, soos opgebou deur die jare, afsluit. As hy wil politiek en verdagmakery speel, bedank.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die Afrika sindroom is n skrikwekkende sindroom.

HEVW ·

Hoe beleef hierdie Kgwadi met sy kommunistiese beginsels hom in n universiteit met n Calvinistiese lewensroeping? Natuurlik in die skadukant van lig. Daarom went hy hom tot duistere werke waarin hy nooit as oorwinnaar kan uittree nie.

JZ ·

Werk hy vir onderig ,of sy eie politiek soos die ANC,om af tebreek wat werk.

Elsabe ·

Dankie, Prof. Francois Venter, u verwoord menige oud-Puk se opinies!

Dup du Plessis ·

Jare gelede was daar ‘n advertensie op tv van ‘n plaasboer tussen sy hoenders en dan is gese: hulle smaak so lekker want hulle eet so lekker. Dit laat my aan Pukke dink, die vraag om by Pukke te studeer oorskry die aanbod in duisende. Dus moet baie studente regkom by ander universiteite. Daar is dus nog altyd ‘n behoefte om in jou moedertaal onderrig te word. (meeste handboeke is egter in engels, dit is dus nie net eenrigting verkeer vir afrikaans nie) Die punt wat ek eintlik wil maak is dat Kgwadi niks tot Pukke se tafel sal kan bydra nie. Die universiteit doen so goed omdat dit is wat dit is. Sou dit weer losgemaak kon word van die ander 2 kampusse sou dit sekerlik die bes presterende universiteit in Afrika gewees het. Kyk maar net hoe goed presteer afrikaanse skole en dis hoekom dit geteiken word. In Suid-Afrika het alles ‘n politieke klankie en die wat dit nou nog nie weet nie neem ek aan is kleurblind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.