‘Kgwadi se uitsprake weer sonder raadsmandaat’

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), het vandeesweek glo weer sonder ’n mandaat van die universiteitsraad verreikende beleidsuitsprake gemaak waaroor die raad nog nie besluit het nie.

Só sê Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. Volgens Buys het Kgwadi op die Vaaldriehoekkampus van die NWU sy voorkeur vir ’n gesentraliseerde bestuurstelsel bekendgemaak wat teenstrydig is met raads- en bestuursbesluite dat uitsprake oor die saak nie gemaak word terwyl al die verskillende opsies nog ondersoek word nie.

Volgens Buys is dit kommerwekkend dat Kgwadi buite sy bevoegdhede optree en beleidsuitsprake maak wat die universiteitsraad se verantwoordelikheid is. Volgens hom skep dit die indruk dat Kgwadi die raad in ’n rigting wil dwing deurdat hy klaar sy eie voorkeurmodel in werking begin stel sonder raadsgoedkeuring.

Buys het gesê Kgwadi se uitsprake oor die afskaffing van waardevolle handelsname soos “Pukke” is ook teenstrydig met die bestaande raadsbeleid en skep onnodige spanning gedurende die universiteit se strategiese hersieningsproses. Volgens Buys lyk dit nie of Kgwadi die waarde van handelsname besef nie. “Die feit dat name soos “Tukkies” en “Kovsies” ten spyte van die transformasie van daardie instellings behou is, wys dat dit nie nodig is om waardevolle handelsname af te skaf nie.”

Buys het verder gesê dat Kgwadi se uitsprake oor die rassedemografie ook teenstrydig is met huidige raadsbeleid en die indruk wil skep dat hy die vryheid van studente om te kies waar hulle wil studeer ter wille van politieke doelwitte wil inperk.

Kgwadi se uitsprake oor die ongelyke standaarde van verskillende kampusse is ook hoogs aanvegbaar en klink vreemd omdat hy self lank rektor van die Mafikeng-kampus was en vir die standaarde daar verantwoordelik was, het Buys gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theresa ·

Ek kan, ek mag en ek sal sindroom…………………………………

Hendrik ·

Dit is asof hulle nie wil leer nie. In die toekoms sal enige instansie mooi moet dink aan hulle politieke aanstellings. Hierdie aanstelling by PUK het hulle al lelik seergemaak. Hierdie kwota aanstellings kom van dieselde politieke agtergrond en hulle verksil glad nie. Flip Buys het genoem dat niks sal verander as Zuma uittree nie want die hele SA is vol van die zumakies. Hulle tree almal dieselde op..

Grassie ·

Kgwadi doen maar net wat sy base vir hom sê. Puk se lot is lankal oor beslis, nie op Potchefstroom nie maar in Luthuli-huis. Wat Kgwadi nou sê is wat uiteindelik gaan gebeur. Wag en sien.

Quasimodo ·

Hierdie kader staan onder direkte opdrag van die Nzimande swam. Stiksinnige idioot.

Peet Schabort ·

Skynbaar ‘n man vir die fisika. So alles wat opgaan kom weer af.
Hy glo skynbaar nie in die wet van Newton wat sê: “Vir elke aksie is daar ‘n gelyke en TEENOORGESTELDE reaksie”.

Henk ·

Klink bekend na aanleiding van die kampuskaskenades wat aan ander SA universiteite aan die gang is. Noudat die onbeheersde UCT studente Rhodes se standbeeld verwyder het, gaan hulle seker ook die naam “Ikeys” tot die vergetelheid verdoem? Gelukkig hou die Maties darem nog kop.

Swanna ·

Hulle beurt kom. Hierdie ANC kaders trek soos ‘n swerm sprinkane van die een universiteit na die ander om alles te gaan staan en op voeter soos hulle ook by ons skole doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.