Khayelitsha-grondbesetting: Chaos toe polisie strukture afbreek

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Chaos het Woensdag in Khayelitsha in die Wes-Kaap uitgebreek toe polisielede die boustrukture van onwettige besetters op privaat grond afgebreek het.

Kol. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, het gesê ongeveer 2 000 mense het Woensdagoggend grond langs die Nolungile-treinstasie beset onder leiding van lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Nazier Paulsen en Bernard Joseph. Die grond behoort glo aan Denel.

Die onwettige strukture is tydens ʼn gesamentlike optrede deur die metropolisie, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die openbareorde-polisie en die stad Kaapstad afgebreek. Betogers was na bewering met byle, klippe, stokke en hamers gewapen en het mense en voertuie aangeval. Die polisie kon daarin slaag om die skare uitmekaar te dryf en een persoon is in hegtenis geneem.

Volgens lt.genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, is vyf klagte van openbare geweld aanhangig gemaak.

J.P. Smith, ʼn woordvoerder van die stad Kaapstad, het gesê daar word verdere pogings van grondbesetting verwag en dat die besetters waarskynlik leë erwe in Khayelitsha, Manenberg en Gugulethu sal teiken. Smith het ook gesê die stad het klagte teen Paulsen en Joseph aanhangig gemaak en die provinsiale wetgewer oor hul optrede ingelig.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

GESIGGIE ·

HOEKOM SO AANGAAN
HET JUL VERGEET DIT IS DIE NUWE SIUD-AFRIKA
AS JY SWART IS KAN JY DOEN NET WAT JY WIL .

Gideon Roos ·

Jy het dit verkeerd, my vriend. Jy moet swart wees, en vriende met die ANC. Hulle is nie, dus die optrede teen hulle.

Anton Smit ·

In die ou SA is daar deur die betogers ge se die polisie kan skiet maar hulle kan nie tel nie nou se dae kan hulle tel maar hulle kan nie skiet nie

pop ·

Mooi skoot aan die polisie. Gee tog maar waardering waar dit verdien word mense. Die Kaap is net tops, wens ek het daar gewoon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.