Khehla Sitole kry glo skorsingsbrief

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris (Foto: ANA)

Suid-Afrika se nommer een polisiebeampte, genl. Khehla Sitole, het glo ʼn brief ontvang waarin hy ingelig word van die voorneme om hom te skors.

eNCA berig Sitole het nou sewe dae om op die brief te reageer en hy sal homself glo aan ʼn ondersoek moet onderwerp. Hy het die brief glo Maandag ontvang.

Sitole mag in sy voorlegging aan pres. Cyril Ramaphosa redes aanvoer oor waarom hy nie geskors behoort te word nie.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê hy kan nie “ontken of bevestig” dat ʼn skorsingsbrief op Sitole beteken is nie.

Die presidensie het nog nie op ʼn navraag oor die brief gereageer nie.

Die hooggeregshof het in Januarie bevind Sitole en twee ander hooggeplaastes het hul plig versuim deur nie met die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) saam te werk nie, terwyl verskeie bewerings waarby hy betrek word, ondersoek is.

Die hof het ook beveel dat alle bewyse wat Opod benodig, dadelik gedeklassifiseer en oorhandig moet word. News24 berig die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat het tussen die ondersoek by Opod oorgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

JM ·

Seker weer skorsing met volle betaling. Sal my opinie oor daardie gesig liewer vir myself hou. Kan nie glo dat Cele nog steeds in sy pos is nie.

Misky ·

Daar is baaaaaie wat ook so brief moet ontvang, opgesluit word en verantwoordelik gehou word vir wandade. Honderde van hulle!!!!

Anthony ·

SA se nommer een polisie beampte nogal…….lol. Dit was nou goed dankie.

OW ·

Dit is nog niks nie.Jackie Selebe,een van die vorige kommissarisse was op ‘n stadium die hoof van Interpol gewees.

Johann ·

Hoe werk die hele skors ding? So hys NIE gefire nie. Kry steeds AL sy geld? Mag sê NEE eks nie geskors nie….kry stteds n sak vol geld….en dan as hy die “eerbare ” ding doen vilgens sy Pres eb bedabk….kry hy nog sakke vol geld? GEKKE PARADYS

Anel ·

Wat van Cele? Hy moes al lankal AFGEDANK gewees het. Die skorsings brief moet sê wat die voordele is, gewoonlik word pensioen nog afgetrek en belasting. En hy moet half salaris kry, so iets. Maar deesdae beteken skorsing verlof met volle betaling tot in lengte van dae!

Winnie ·

Oe ê ê en daai dissiplinêre verhoor gaan seker oor 5 jaar eers gebeur

Swerwer ·

En wat van Cele? Begin bo en werk dan onder toe met die ranglys. Daar kan mos nie net op sekeres briewe betekn word en ander kom skotvry nie, en dit sluit Zuma in al is hy nie meer van die Presidensie nie.

Kokerboom ·

Sjoe maar Polisie is “viinnig”!! Skuldig in Jan 21 en “brief” in Okt 21!!!Hoe het die man in elk geval in posisie gekom???Ek dink daars ‘n paar meer Generaals wat maat pad kan vat!!

OW ·

Hierdie is nog niks.Een van die vorige kommissarisse by name Jackie Selebe was op ‘n stadium hoof van Interpol gewees.

marius ·

Die eerbares wat so goeie voorbeeld vir hul ondergeskiktes en die hele bevolking stel .

koos10 ·

Heel eenvoudig. Cele is deur Cyril aangestel.
Sithole deur Zuma.

Harley Davidson ·

Of hy nou geskors is of nie wat verander in albei scenario’s word die werk nie gedoen soos die misdaadstatistiek bewys.

Hondjie ·

Nr1 polisie beampte?? Wat de hel.hy sit in sy kantoor waar ander polisie beamptes dood geskiet word en hys nr1? Seke nr1 om ni sy werk te doen ni…..

ES ·

Sithole het erken dat die CFR agter is met lisensies en dat daar die genoeg polisie is om almal te beskerm nie. Dis nie wat Cele wou gehad het die publiek moet hoor nie, so nou kry hy pakslae daarvoor.

Die hele vrot spul moes lankal afgedank gewees het. Veral Cele met sy bedrogsake wat sloer…

SlinkseKoljander ·

Lekker verlof met volle betaling tot die verkiesing verby is en dan word hy weer geplaas in n ander pos.
Die storie herhaal nou al so baie in die ANC, mense dink nie eers meer dit is snaak nie.

Maar die kiesers is dom genoeg om te dink hulle maak skoon, VIVA ANC!

Piet ·

Ek wil sien met my eie oë of hulle iwts gaan oorkom!!!Gewoonlik beloon anc sy kriminele elemente in die polisiediens!!!!

Strandloper ·

Jipeeeeeeeee! Kom nou hoed my ou dit is jou beurt ook, stel vir n slag n goeie voorbeeld! Wonder tog wat sy verdediging gaan wees…dom, dommer of domste…oeps meer van pas op hoed

Hennie J ·

Van wat is hy geskors?
Het hy enigsins iets positiefs gedoen behalwe om te verseker dat boewey in die sap floreer?

Mad Mike die Rhodesiër ·

Die meeste top ouens en vrouens kan nie eens een dag ‘n gewone polisieman of -vrou se werk verrig nie. Hulle kan nie eens ‘n klagstaat voltooi nie!

Hardekwas ·

Lyk my dit begin nou zoeloes vs die res te word in dié land.

Jack ·

Ek dink die president wil net cele se vyand neutraliseer en vir hom n hulp gee wat soos hy is. Dan is almal mos gelukkig en die gemors gaan net voort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.