Khoisan blok Amazon-belegging in Kaapstad

Amazon se hoofkantoor in Seattle in die VSA. (Foto: John Moore/Getty Images via AFP)

Die Amerikaanse multinasionale e-handelsmaatskappy Amazon kry die wind van voor van die Khoisan oor sy Afrika-hoofkantoor wat hy in Kaapstad wil setel.

Volgens dié bevolkingsgroep is die grond waarop hulle die hoofkantoor wil vestig, ʼn “heilige terrein” wat hulle in 1510 teen Europese kolonialisering beskerm het.

Die maatskappy oorweeg nou om hom aan die projek te onttrek, hoewel bouwerk reeds aan die gang is. Die bou van dié negeverdieping‑hoofkantoor beloop na raming R4 miljard.

Verskeie Khoisan-groepe het hul steun vir die projek getoon, nadat die ontwikkelaars ingestem het om ’n erfenis-, kultuur- en mediasentrum te bou wat deur inheemse groepe bedryf sal word.

Die Goringhaicona Khoi Khoin se inheemse tradisionele raad en ’n buurtvereniging het hom egter na die Wes-Kaapse hooggeregshof gewend om te vra dat die bouwerk gestaak word.

Die verhoor sal na verwagting Vrydag afgesluit word.

Die terrein was tot twee jaar gelede as ’n gholfbaan gebruik.

Maroela Media het vroeër berig die Stad Kaapstad verwag dat 5 239 werksgeleenthede tydens die konstruksiefase geskep gaan word. Die projek sal ook tot 19 000 onregstreekse en sekondêre werksgeleenthede skep.

Benewens Amazon wat hom daar gaan vestig, sluit ander gedeeltes van die ontwikkeling in kantoorruimte van 59 600 m², kleinhandelruimte van 20 700 m², ʼn hotel van 8 200 m², ʼn gimnasium van 4 100 m², asook restaurante, konferensiegeriewe, skole en ʼn ruimte vir byeenkomste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

Kom na SA en belê jou tyd en energie en geld in die ontwikkeling van wêreld.standaard tegnologie…kom skep werk…SORRY….ons vrek eerder van die honger en dans n riel elke naweek op die “heilige” grond!

Dries ·

Geen ontwikkeling is vir hulle beter. Sand stertrieme en droogtes is hulle terrein

Herman ·

Ek dog die Europeans het eers in 1652 hulle kom vestig in die kaap. Ek praat nie van kruise op posbus nie. Geboue oprig.

Andre ·

Hoekom het hulle nie gekerm toe daar ‘n golfbaan was nie. Hoe weet hulle dis ‘n heilige terrein? Vertel ‘n bietjie die 1510 geskiedenis oukies? Hoe en teen wie was dit beskerm?

Allop ·

Andre , voor 1652 was daar geen geskrifte wat enigiets inheems tot die Kaap beskryf het nie. Dit is maklik om enige storie te vertel soos dit jou pas want daar is geen bewyse (Geskrewe dokumentasie) daarvoor nie

Henk ·

Die arme bloedjies soek net geld. Sedert 1510? Is julle seker?

Catherina ·

Ai tog. ……. Amazon moet maar onttrek…. gaan belê in n land waar julle waardeer word. Baie van ons sou wat gee om vir hulle te werk…….ja nee….

Andries ·

Hoekom eers nadat bouwerk begin is, deur al die inspeksies, impa studies en watookal, nou wil beswaar maak. Hierdie is duidelike afpersing vir geld.

Antjiepat ·

Nee wat dit is die Khoisan se reg. Hul was eerste in Suid-Afrika, voor Jan van Riebeeck voor enige Europeers… ons het die grond van hul af weg gevat…

Blikkies ·

Heeltemal te lank gevat om nou skielik ‘n eis in te sit as Heilige Grond.

Antjiepat ·

Miskien moet jy so bietjie naslaanwerk in die argiewe gaan doen Blikkies… nie so lank gevat… ons regering wou maar net nooit die eise erken nie…

Blikkies ·

As hulle al van 1510 weet dit is hulle heilige grond, het hulle tot vandag 512 Jaar gehad om te kla? Moes hulle eers 512 jaar dink daaroor voordat hulle kla? Bietjie vreemd. Miskien is hulle beinvloed om te kla?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.