Die parlement het die Wetsontwerp oor Tradisionele en Khoisan-leierskap aanvaar, wat ʼn struktuur skep vir die verteenwoordiging van die tradisionele leierskorps van die Khoisan.
Die Grondwet bepaal dat tradisionele leiers hul regmatige plek in die Suid-Afrikaanse samelewing moet kan inneem, maar sedert die aanvaarding van die Grondwet in 1996 is die Khoisan een van die min etniese groeperinge sonder ʼn huis van tradisionele leiers.
Die Wes-Kaapse ANC het by monde van sy provinsiale sekretaris, Faiez Jacobs, groot gewag gemaak van die aanvaarding van die wetsontwerp as ʼn oorwinning vir Khoisan-regte, veral omdat die DA die wetsontwerp teengestaan het.
Teenstaanders van die wetsontwerp meen veral dat dit uitgawes gaan skep wat beter vir die verbetering van armes se lot aangewend kan word, en dat dit heeltemal onseker is wat die regte en verantwoordelikhede ter verbetering van gewone mense se lewens gaan wees vir diegene wat in die gevolglike hoogs besoldigde posisies land, siende dat geen Suid-Afrikaners se plaaslike bestuur of tradisionele regstelsel tans van Khoisan-strukture afhanklik is nie – anders as byvoorbeeld in die voormalige tuislande.
Daar is ook uit ander oorde besware teen die betaling van tradisionele leiers deur belastinggeld in ʼn demokrasie, omdat tradisionele leiers se mag niks met demokratiese keuse te doen het nie, maar ander meen dis ʼn verwesenliking van volkseie regte.
Nou vir die Boervolk se eie Volksraad!
Stem saam Wayne!
Was hulle nie voor julle in suider afrika nie Ramapara?
More oormore se hulle hul soek ook geld maandeliks soos die traditionele luiers als uit ons tax geld uit
Skerp sinspeling!
Hierdie konings en tradisionele leiers is ń groot klug en kos die belastingbetalers reeds honderde mijoene rande en nou wil die regering dit nog verder uitbrei. Dink net as hierdie Khoisan koning ook soos die Zulu koning ń hele harem wil aanhou wat sy toelaes en byvoordele gaan beloop.
Sodra toelaes betaal word kan daar dalk struwelinge begin ontstaan. Ander Koisans sal moontlik na vore kom en aanvoer dat hulle die eintlike leiers is. Afrika is mos maar so. Sodra daar geld te ase is waarvoor jy nie jou hande uit jou moue hoef te steek en te werk nie, is daar baie aanspraakmakers.
Grassie is heeltemal reg, maar sal dit n slegte ding wees????
Ek weet nie, maar as die klomp op die foto ‘n geldjie kry kan die een ou darem vir hom ‘n mooi buustelyfie koop.
Wie is die Blanke Afrikaanssprekendes se “Tradisionele Leier”?
Die Skepper.
Wayne like dit man. Jou kommentaar gee my hoendervleis ?
Vir my ook!!! Skitterende antwoord!!
So, Wayne, gaan die A&C ook aan julle “tradisionele leier” ‘n klompie beeste, ‘n nuwe Toyota, ‘n vet salaris, en ‘n selfoon oorhandig?? Miskien sou julle beter gevaar het as julle ‘n tradisionele tradisionele leier gehad het wat saam met die ander tradisionele leiers om ‘n tafel kon sit en names sy “tribe” kon onderhandel……….en nie ‘n afwesige, onsienbare, onhoorbare, onbetrokke, onbewese, onverstaanbare, ongeloofwaardige verbeelding-skepping was nie……….Shame man.
Ag toe nou Sopbeen. Pasop om “WIE” se nek jy n plakaat hang met jou stellings Jy kan dalk vinnig jou Heiland leer ken en jou maskertjie verloor. Shame man ……..