Khoisan sal uitkamp ‘tot Zuma intree’

Shane Plaatjies, Brendon Billings, Chief Khoisan SA en Christian Martin praat met Mzamani Mwaila, direkteur van samewerkende regering en tradisionele sake, Maandag buite die Uniegebou. Foto: Brenda Masilela/ANA

Vier mans, geklee in tradisionele Khoisan-drag, kamp al nagenoeg twee weke buite die Uniegebou in Pretoria in ʼn poging om ʼn vergadering met pres. Jacob Zuma te belê.

Die mans het Maandag gesê daar is “lig aan die einde van die tonnel” nadat hulle uiteindelik gesprekke met Mzamani Mwaila, direkteur van samewerkende regering en tradisionele sake, gehad het.

Die Khoisan-stamhoofde het Maandag gesê hulle het vir 18 dae kaalvoet van hul woonplek in Port Elizabeth in die Oos-Kaap na Pretoria geloop. Hulle kamp al 12 dae op die gras buite die Uniegebou met die doel om met Zuma of sy adjunk, Cyril Ramaphosa, te vergader en ʼn memorandum aan hulle te oorhandig.

Die mans is die Chief Khoisan SA (49), Shane Plaatjies (23), Brendon Billings (37) en Christian Martin (37).

In die memorandum dring die inheemse Khoisan-stam daarop aan om erkenning van die Suid-Afrikaanse regering as die “eerste burgers” te kry. “Ons tweede eis is dat die regering ons taal as amptelik verklaar,” het Khoisan SA gesê.

Mwaila het die groep Maandag besoek. Hulle was eers skepties om die memorandum aan hom te oorhandig aangesien hulle bang was dat dit nie die president sal bereik nie.

Mwaila het egter onderneem om die memorandum aan Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, te oorhandig, waarna dit na die president se kantoor gestuur sal word.

Die mans se kamp. Foto: Brenda Masilela/ANA

Martin het gesê hoewel hul doel was om hul kwessies met Zuma te bespreek, hulle tevrede is dat die departement van samewerkende regering en tradisionele sake nou van hulle saak bewus is.

Die stamhoofde het gesê hulle vas al vir die laaste vier dae en leef net op water. “Ons vra net vir God om ons die krag te gee om met die poging vol te hou totdat ons met die president vergader,” het Martin gesê.

Khoisan SA het gesê die Wet op Grondbesit moet geskrap of aangepas word aangesien die wet dit vir hulle moeilik maak om grond te besit. Hy het gesê hul stamverteenwoordigers het al verskeie kere probeer om hul kwessie te opper deur na die parlement in Kaapstad te gaan, maar dit voel vir hulle of hulle geïgnoreer word.

Hy het gesê hulle sal by die Uniegebou aanbly totdat hulle Zuma of Ramaphosa sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lollie ·

HEHEHE u go KHOISAN. Kom ons kyk dalk kry julle VIER dit reg. Ons wag in spanning.

Tania Heyns ·

Dagsê Sam,

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis,
Tania
Nms Maroela Media

susan ·

Die regering sal nie graag met hulle wil gesels nie, want hulle weet hierdie mense is die enigstes wat reg op die land het as ons nou wil maak soos die regering land wil terugvat. Die ANC misken ook hierdie mense, want net hulle volgelinge het mos grond gehad, so hierdie mense vra net om gereken te word want hulle sal nooit die land terugkry nie, want dan het die anc en sy mense geen “reg” meer op die grond nie.

Eish ·

Ongeloofloke paralelle te trek tussen die Khoisan en Israel wat histories bewysbaar die wettige inwoners van die land is, maar wie se reg daarop verpulp is tot ontkenning deur die internasionale gemeenskap.

Hans ·

18 dae kaalvoet, in tradisionele klere, wat in moderne tente kamp… :-)

botterblom ·

Soe!! hulle beter as ons almal!! vas en bid en Glo God sal ingryp!! Mag God hul opregte harte sien en antwoord….

Petra ·

Hoekom lees julle die rubrieke net om negatiewe kommentaar te lewer op die skrywe, spelfoute uit te wys ens. Neem jul ooit rerig in waaroor die artikel gaan. Sjoe soos die ingelsman sal sê “have a heart”

Ruby ·

Petra, ek stem saam met jou.

janhendrik, duidelik was dit nie Petra se bedoeling vir browny punte, dit sê baie van haar karakter, meer as wat ek van joune kan sê.

Ander Annie ·

Sterkte aan die Khoi San. Ek hoop daar word na julle geluister.

Leeu ·

Nie n kans dat dit gebeur nie, dan het hul en BLF niks om meer te doen nie. Hoe gaan hul grondeis as hulle dan nie eerste nasie was nie.

Swempie ·

Ek weet nie hoekom ek bother om kommentaar te lees nie… Mens kry darem negatiewe mense…

Anoniem ·

Welgedaan! Hulle was die eerstes hier! Sterkte aan julle 4 !

Pieter ·

Snaaks dat ou Christian Martin so lekker uitkamp, hy was dan n paar jaar gelede n voorstebors cANCer lid in Uitenhage.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.