Khomotso Phahlane in hof oor ‘bedrog’

Lt.genl. Khomotso Phahlane, voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris, en genl.maj. Ravichandran Pillay, die hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se aanvoerkettingbestuur, in die beskuldigdebank. (Foto: Bhekikhaya Mabaso/African News Agency)

Lt.genl. Khomotso Phahlane, voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Vrydag in die Johannesburgse handelsmisdaadhof verskyn op aanklag van beweerde tenderbedrog.

Langs Phahlane in die beskuldigdebank was genl.maj. Ravichandran Pillay, die hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se aanvoerkettingbestuur.

Die hof het verklarings van die twee beskuldigdes aangehoor waarin Phahlane ontken het dat hy betrokke was by enige misdaad van enige aard. Hy het aangevoer die ondersoek teen hom is uitgevoer as deel van ʼn “heksejag”.

Die twee is vanoggend deur ondersoekers van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) in hegtenis geneem. Daar word beweer Phahlane en Pillay was betrokke by bedrog rakende die aanskaffing van blou ligte en ander toerusting ter waarde van meer as R86 miljoen. Volgens Opod hou dit verband met die toekenning van ʼn bedrieglike tender aan Instrumentation Traffic Law Enforcement, wat deur Vimpie Manthatha besit word.

Verskeie ander verdagtes is verlede jaar in verband met dieselfde saak in hegtenis geneem.

Phahlane was aan die hoof van die polisie van 2015 tot 2017.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lientjie ·

Hoekom ng Lt. genl as hy nie meer in die Polisie is nie. Dan is hy mos MENEER!

Verstaan nie ·

Voormalig beteken ten tyde van die misdaat was dit sy posbeskrywing. OMW.

Natie ·

@Lientjie wanneer jy die rang van Brigadier in die polisie beryk, en die range daarna, mag jy jou rang behou, soos byvoorbeeld Dr, Ds, Prof ens

Cherokee ·

Natie, ‘beryk’ is waarmee die anc hulself besig hou.
Dankie egter vir jou uitwysing, want dit beteken die bombardier van Magoo’s Bar op Durban se Noord Strand, bly ‘n moordenaar ten spyte van die president se verontskuldiging.

Spike ·

Hy is ñ comrade en kader. Sal niks oorkom nie. afrika glo nie in westerse regstelsel nie.

Gerhardb ·

@ Geronimo, Ek wil nou nie indruk nie, maar kan ek dan die Lt. Gen word….

Lou ·

Goeiste is Aanvoerkettingbestuur nou die amptelike Afrikaans vir “Supply Chain Management”. Ag nee MM daar is darem seker ‘n beter woord. Wat van Voorsieningketting of Veskaffingsketting bestuur of selfs net Goedere voorsienings bestuur?

wil graag weet ·

Dit is vir my snaaks dat al die korruptes hoe poste beklee . Is dit omdat hulle die poste beklee dat hulle korrup is , of is dit omdat hulle korrup is dat hulle die poste beklee .? of le die antwoord dalk daarin dat dit ingebore is ?

Jacques ·

Wat is nuus ? Net nog n ” vet kat ” wat niks gaan oor kom nie .

Gert van Wierdapark ·

Die Antwoord is eenvoudig: In jou aansoekvorm (gerig aan die Guptas), moet jy duidelik aandui dat jy ‘n span-speler is en nie verdere vra vra nie, behalwe die vraag: “What is IN IT for ME?” dan kry jy die pos in’ n Oog-Wink!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.