Khoza aangekla: ‘Hoekom word ek uitgesonder?’

ANC-LP Makhosi Khoza. Foto: Reuters/ANA

ANC-LP Makhosi Khoza wil weet hoekom sy uitgesonder word nadat die ANC haar formeel ingelig het van ʼn tugverhoor teen haar.

Khoza het gesê sy sal haar samewerking gee rakende die dissiplinêre stappe teen haar, maar sy twyfel of dit regverdig sal wees. Sy het weereens uitgevaar teen die ANC en pres. Jacob Zuma en gesê albei het “die pad byster geraak”. Dit is juis Khoza se kritiek teenoor Zuma wat tot die dissiplinêre stappe gelei het.

Khoza het haar die afgelope paar weke al meer openhartig oor die ANC se “blinde lojaliteit” teenoor pres. Zuma uitgespreek. Die ANC-LP het aangedui sy sal stem dat Zuma verwyder moet word indien die parlement ʼn geheime stemming sou hou tydens die mosie van wantroue.

“Verskeie senior ANC-lede, onder wie LP’s, het onlangs in die openbaar hul bekommernisse rakende ons president uitgespreek. Daar is geen stappe gedoen teen die individue nie. Die ANC moet verduidelik hoekom ek uitgesonder word,” het Khoza gesê in reaksie op die dissiplinêre stappe teen haar.

Khoza is Woensdag formeel ingelig oor die stappe teen haar en dat ʼn tugverhoor op 10 September sal plaasvind. Sy is intussen besig om haar regsverteenwoordiger te raadpleeg. “Ek word vervolg omdat ek nie meer by die party se reëls hou nie. Ek kan nie korrupsie, plundery, die miskenning van mense wat ons aan bewind gebring het en die groeiende kleptokrasie aanvaar nie.”

Khoza het gesê die ANC smoor rede, moraliteit en etiese gedrag. “My uitlatings is slegs ʼn weerspieëling van wat miljoene Suid-Afrikaners reeds gesê het, naamlik dat hulle genoeg gehad het.”

Volgens Khoza het sy die polisie se beskermingsdienste van die hand gewys aangesien Fikile Mbalula, minister van polisie, haar “swartgesmeer” het. Die beskermingsdienste is aangebied in die lig van doodsdreigemente wat Khoza glo ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Theresa ·

Oeps. As mense die waarheid praat is dit mos nie verkeerd nie?

VIVA ·

Hier’s iemand met insig. En guts. En ‘n gewete.
Makhosi vir president, viva!

Hendrik ·

Ek voel sy is net normaal soos enige persoon soos ons. Sy staan miskien uit bokant die res van haar kollegas maar niks uitsonderliks nie. So jy ook nie diesefde gedoen het nie?

Pierre ·

Ek is bly sy hou by haar standpunt. Ongeag die feit dat sy ‘n lid is van die ANC skroom sy nie om op te staan vir wat reg is nie. Ek hoop dat diegene wat soos sy voel binne die ANC hulle nou by haar gaan skaar en sal ondersteun. Hierdie is maar weereens net ‘n poging om die ander issues soos Gupta en kie, bedrog, en noem maar op eenkant toe te skuif en te hoop dat dit gaan verdwyn. Hoop sy het ‘n goeie regsverteenwoordiger.

Callie ·

Sy is absoluut reg. Sy sal egter in geen politieke party kan bly nie. Sy is die teenoorgestelde van meeste politikuste. Sy praat reguit, nie niksseggend, sy wys op foute, lieg nie om dinge goed te praat. Sal waarborg sy steel nie agteraf soos die res nie.

Koos ·

Khosa, breek weg van anc, begin jou eie party en kyk hoeveel stemme jy gaan kry. Jy kan ons volgende president word. Moenie wag dat dit te laat is nie.

Magda ·

Me Khoza, wens meer van die ANC “ridders ” wil op hul agtervoete staan en opkom vir dit waarvoor die nasie vra: Geregtigheid en koebaai Zuma!

Siener van Melbourne ·

Me Khoza, ” don’t cross the establishment ” hulle sal jou onwederregtelik vervolg, want die booswigte het iets om weg te steek. Dis die rare werklikheid.

jaco ·

Julle almal wat haar nou so prys vergeet dat sy al JARE in die ANC is en die hele tyd stilgebly het. Dinge het mos nie 1 maand terug skielik begin skeefloop nie. Dit loop al ‘n paar jaar lank skeef. Die hele tyd het sy lekker gelewe op n parlementêre salaris van R1.1miljoen per jaar plus n lekker luukse motor, plus n lekker huis plus verniet vlieg plus n onthaaltoelae. Selfs al word sy nou uitgeskop, gaan haar pensioenvoordele so goed wees dat sy for die res van haar lewe baie welaf sal wees. Politiek in SA is NET n geldmaakskema en dit geld vir alle politieke partye.

Daan ·

Zuma is ons beste medewerker in die verkiesing wat kom. (‘n Trojaanse perd). Laat hy daar bly.Hy is die ANC se grootste vyand.Kom ons teiken net die Fat Cats,Guptas en ander en draai die korrupsiekrane toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.