Khulubuse Zuma hof toe oor eis teen Aurora                                          

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Khulubuse Zuma, president Jacob Zuma se broerskind, sal Maandag ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria bring om ʼn eis van nagenoeg R1,6 miljard se skadevergoeding teen Aurora ter syde te stel.

Die Sunday Independent berig die aangeklaagde Aurora-direkteure en -bestuurders word in hul persoonlike hoedanigheid daarvan beskuldig dat hulle twee voormalige Pamodzi-myne wanbestuur het. Aurora is in 2009 deur likwidateurs aangestel om die myne in Springs en Orkney te bestuur.

Aurora word daarvan beskuldig dat hy die Grootvlei-myn en Orkney-myn van miljarde rande se bates gestroop het.

Volgens die Sunday Independent beweer Zuma in sy aansoek dat daar ʼn regsdwaling was en dat likwidateurs in kwader trou besluite geneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Wat n pot gemors wat hy kwytraak, hy was mos in beheer, aartjie na sy vaartjie, tree op, kan mos wegkom met alles, of so dink hulle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.