Khulubuse Zuma verloor Aurora-aansoek

'n Skag by die Aurora-myn in Springs. Foto: Reint Dykema

‘n Skag by die Aurora-myn in Springs. Foto: Reint Dykema

Khulubuse Zuma se dringende aansoek om eise ter waarde van meer as R1.5 miljard teen Aurora Empowerment Systems tersyde te stel, is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof van die hand gewys.

“Die aansoek word met koste van die hand gewys,” het regter Eberhardt Bertelsmann gesê.

“Khulubuse Zuma en sy sakevennote by Aurora moet al die geld wat hulle aan mynwerkers skuld oorbetaal,” het die National Union of Mineworkers Dinsdag gesê. “Duisende van hierdie werkers is nog steeds in armoede vasgevang. Hulle het nie kos nie, nie water nie en sommige van hulle is siek. Daar is selfs persone wat gesterf het weens stres wat hierdie gevoellose tenderpreneurs veroorsaak het.”

Zwelinzima Vavi, algemene sekretaris van die vakbondfederasie Cosatu, het gesê die uitspraak is ʼn oorwinning vir die werkers. “Ons is baie opgewonde, ons is verheug oor die hooggeregshof se besluit,” het hy gesê.

Aurora se likwidateurs het die hof genader om die maatskappy se direkteurs aanspreeklik te hou nadat hulle glo die gelikwideerde Pamodzi-goudmyne in Springs, Gauteng en Orkney, Noordwes van alle bates gestroop het. Die saak sal op 23 Maart aangehoor word. Aurora is in 2009 deur likwidateurs aangestel om Pamodzi se myne te bestuur nadat die maatskappy bankrot verklaar is.

Lees alle vorige berigte oor Aurora op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

arrogante fat cat het sy rieme styf geloop, betaal jou mense wat honger ly deur jou slinkse streke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.