Khusela Diko se man sterf

Pres. Cyril Ramaphosa en Khusela Diko. (Foto: GCIS)

Die voormalige woordvoerder van die president, Khusela Diko, se man, koning Madzikane Diko II, is Sondagmiddag in ’n hospitaal in Oos-Londen ná ’n kort siekte dood. Hy was 43 jaar oud.

Die KwaBhaca-koninkryk het Madzikane se dood Maandag in ’n verklaring bevestig.

Luidens die verklaring is die koninklike familie nog in skok. Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.

Maroela Media het vroeër berig Khusela Diko is sedert Julie verlede jaar met spesiale verlof nadat sy en haar man hulself midde in ʼn storm oor die toekenning van ʼn Covid-19-tender bevind het.

Die omstredenheid hou verband met ʼn kontrak wat die Gautengse gesondheidsdepartement vir persoonlike beskermingstoerusting aan Royal Bhaca Projects toegeken en toe opgeskort het.

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het tot dusver geen bewyse gekry wat daarop dui dat Diko self betrokke was by die omstrede tender nie. Die SOE het wel tydens die ondersoek sy kommer uitgespreek oor haar verpligting om al haar finansiële belange te verklaar.

Diko is vroeër op spesiale verlof geplaas hangende die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Nou ja, hele paar vrae kom dadelik in my kop op….. Seker `n dom vraag om te vra of sy salaris ontvang in die (helse onnodige lang tyd) van ondersoek? Dan gaan sy nou “pa staan” vir die geld/tender of gaan alle vingers nou skielik na haar man wys en sy was onwetend en kamma onskuldig?

Hulle lag ons uit en lieg oop oë vir ons terwyl ons hande agter die rug staan en toekyk

Elize

Dis baie skielik??

Nie Verbaas

En daar gaan nog n ondersoek ten gronde. Moenie se dat sy van niks geweet het nie. Weer n toesmeer saga wat volg?