KIA herroep handjievol Sportage-motors in SA

Foto: Verskaf.

Foto: Verskaf.

KIA het aangekondig hy herroep ‘n aantal motors in sy Sportage-reeks om veiligheidsredes.

Christo Valentyn, woordvoerder van KIA, het gesê alle KIA Sportage-motors, wat tussen 9 Augustus 2007 en 22 Mei 2009 in Korea vervaardig is, word herroep om probleme met die hidroliese elektroniese beheereenheid uit te stryk.

Die hidroliese elektroniese beheereenheid monitor die snelheid van elke wiel en bedryf ook die ABS-remme en elektroniese stabiliteitsbeheer (ESP).

Volgens Valentyn word net 305 motors in Suid-Afrika herroep. “KIA sal, buiten die kennisgewings op sosiale media, dit ook in nasionale tydskrifte publiseer om seker te maak soveel as moontlik van die huidige eienaars is bewus van die situasie,” het Valentyn gesê.

“Die bedrading, wat aan die hidroliese elektroniese beheereenheid koppel, kan moontlik roes omdat die bedradingsomhulsel nie behoorlik geseël is nie. Wanneer vog en sout op die pad dus meng en op die stroombaanbord beland, kan dit lei tot ʼn kortsluiting, wat veroorsaak dat die ESPof ABS-liggies aangaan,” het Valentyn gesê.

David Sieff, bemarkingsbestuurder van KIA, het gesê die veiligheid van hul voertuie en hul bestuurders is ʼn prioriteit vir KIA Motors Suid-Afrika. “Geen soortgelyke probleme is in Suid-Afrika aangemeld nie. Sover het al die probleme voorgekom in lande waar die paaie gereeld met sout behandel word om die vorming van ys te voorkom. Dit is die sout in die water wat die roes veroorsaak het,” het Sieff gesê.

Motoriste wat onseker is of hul motors geraak word, kan KIA Motors se webtuiste by www.kia.co.za besoek en hul motors se VIN-nommer intik om seker te maak, of die inbelsentrum bel by 010 596 2000.

Valentyn het gesê enige herstelwerk vir die probleem sal gratis gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ig ·

Ford ,Kyk en leer hoe word daar met n probleem ge komunikeer en uitgesorteer.

Kosie ·

Soos wat alles Ruby? Toyota? of wat van Honda? Nissan miskien of Mazda? Wat van jou Samsung foon (of jou Apple)? Weet jy dat Robyne (jou naam) vir eeue amper eksklusief van die Ooste af gekom het (Burma / Myanmar)?

Piet Pompies ·

Besoek enige China Mall en jy sal jou woorde sluk, die Ooste is baie verder gevorder met tegnologie as ons en jy kan die nuutste produkte teen uitstekende prys aankoop.

Kia ·

Ek het vir Kia gewerk en hulle voertuie vekoop. Hulle is verseker meer betroubaar as jou ander produkte.

E.K. - ek sê net! ·

Ek dink die grot probleem vandag is meeste motors se stelsels is so gerekenariseerd dat die mens self nie meer eintlik kan beheer neem in noodgevalle want dan werk die sg “computer” nie en ongelukke gebeur. Die gewone “outydser” motors waar mens self moes bestuur en self beheer kon uitoefen is lyk my maar nog die beste!

Paul ·

Die manier waarop al die nuwe stelsels werk, is dat daar iets met die stelsels fout gaan, word dit gedeaktiveer, en dan het jy weer die “outydse” soort kar.

TM ·

Ek self ry ‘n Kia en ek sal dit enige dag bo sy Duitse eweknie kies. Klientediens is uitstekend en Kia se bougehalte is puik. Ek sou nie na Kia of Hyundia 10 jaar terug gekyk het nie, maar hulle het sterk kompetisie geword in die laaste vyf jaar.

Leon ·

So interessant dat jy mense kry wat sal kommentaar gee en lewer by ander, selfs oor hulle eie toebroodjies wat hulle werk toe vat, maar nie sal sê dat hulle dit self gemaak het nie! Ek stem saam met “Kosie” hierbo!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.