Kia SA herroep nuwe model

Die nuwe Kia Rio (Foto: Kia)

Kia Motors Suid-Afrika het Maandag aangekondig dat een van sy nuwe modelle vir veiligheidsdoeleindes herroep word.

Die motorvervaardiger het in ʼn persverklaring gesê die stap geld vrywillig ten opsigte van nagenoeg 1 266 Kia Rio 2017-modelle wat in Junie vanjaar in Suid-Afrika bekend gestel is.

“Die proses word gedoen om die werking van die agterdeure se kinderslotte te ondersoek,” het die groep in die verklaring gesê.

“Kia Motors Corporation het aangedui daar mag sommige Rio-voertuie wees waar die kinderslotte op die agterdeure onbruikbaar is. Die voertuie wat geraak word, is tussen 10 April en 5 Junie in Korea vervaardig en 1 266 is na Suid-Afrika verskeep.”

Eienaars van die betrokke reeks voertuie sal vanaf Maandag telefoniese kennisgewings van Kia Motors Suid-Afrika se oproepsentrum ontvang. “Eienaars van die betrokke voertuie sal by hul onderskeie Kia-handelaars bygestaan word waar die inspeksie, en indien nodig die herstel daarvan, sal plaasvind. Die inspeksie is vinnig en eenvoudig en sal nie langer as 10 minute duur nie.”

Volgens die verklaring sal die inspeksie en herstel gratis gedoen word.

Kliënte wat meer inligting verlang, kan Kia Motors Suid-Afrika se inbelsentrum by 010 596 2000 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Zack ·

Toyota kan ook gaan leer.
In 2013 moes Toyota $1.2B —Google “Toyota reaches $1.2 billion settlement to end probe of accelerator problems.”

jc ·

Ek gaan nie myne laat inspekteur nie. My skoonma wil gedurig saamry en peuter aan die slotte. Hoop my Kia het die probleem!

Siembamba ·

OK, ek sien jou plan….jy gaan haar agter laat sit en dan vinnig om ‘n draai ry sodat sy uitval…en dan is Kia skuldig?

Anoniem ·

My Kia (wat op daardie stadium skaars 30 000 kms op die klok gehad het) is afgeskryf na ‘n motorongeluk. Ten spyte van die feit dat die sensors getref is en ek ten tye van die ongeluk my veiligheidsgordel gedra het, het my lugsakke nie ontplooi nie. Ek het dit by die handelaar asook Kia se kliëntediens aangegee en nooit weer van hulle gehoor nie. Die motor is wel uitbetaal maar my beserings nie. Nooit weer ‘n Kia vir my nie dankie!

Anoniem ·

PS: Ek is 100% teen P. O. F toegestaan maar “lo and behold”, vier jaar later sloer die saak steeds!

Lientjie ·

Dis nie te se as jou sensors getref is dat jou lugsakke sal ontplooi nie. Dit gebeur in enige brand!

wragtig wikus ·

Gebruikersvraag: Kan ek my Samsung S7 Note in plug in my nuwe Kia Rio se USB poort? – sodat die foon kan laai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.