Kiesbeamptes se motor, stembokse in NW aan die brand gesteek

Genl. Khehla Sitole, polisiehoof. Die polisiekommissaris het Mahikeng in Noordwes besoek om te verseker die polisie daar is reg vir enige gebeurlikheid tydens die nasionale verkiesing. (Foto: SA Police Service via Twitter)

Die polisie in Noordwes sê hulle is gereed vir enige gebeurlikheid ná minstens twee voorvalle van oproer by stempunte in die provinsie aangemeld is.

Genl. Khehla Sitole, polisiehoof, was vandag self in Mahikeng om hom van die polisie se gereedheid vir die nasionale verkiesing daar te vergewis. Noordwes en KwaZulu-Natal is vroeër as gebiede met die hoogste risiko vir burgerlike onrus tydens die verkiesing geïdentifiseer.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê minstens ses mense is in hegtenis geneem ná ʼn voertuig van die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) gister by ʼn stempunt naby Ganyesa aan die brand gesteek is.

Kiesers was besig om hul spesiale stemme uit te bring, toe oproeriges die proses klaarblyklik probeer ontwrig het.

Mokgwabone het gesê die groep word aangekla van opsetlike saakbeskadiging en oortredings van die Kieswet. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Nóg verdagtes kan moontlik later in hegtenis geneem word.

In nóg ʼn voorval, dié keer in Ikageng by Potchefstroom, is leë bokse wat gebruik word om stembriewe in te gooi by ʼn tent wat as stemlokaal dien aan die brand gesteek. Niemand is nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie, het Mokgwabone gesê.

“Ons hanteer die voorvalle soos dit kom en is gereed vir enigiets. Ons sal ons nie van stryk laat bring deur voorvalle soos dié nie,” het hy gesê.

Mokgwabone het ook ʼn beroep op mense gedoen om nie die verkiesing te misbruik as ʼn platform waar hulle hul misnoeë met gebrekkige dienslewering te kenne kan gee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Maljan ·

Whoop whoop! Hulle is nie bang nie. Hulle wil die gratis huise water en ligte, daardie ou joppie wat ses maande verlof twee keer n jaar en R100 000 pm betaal met volle inwoning en tersiëre opleiding vir hulle kinders en kleinkinders vandag hê. Pak die vandale dus met handskoene, die reg is aan hulle kant. Àl getuig die brand van hoogverraad.

snoefoe ·

antwoord is weenvoudig,..
want hulle kan EN hulle kom weg daarmee

marous ·

Gereed vir enige iets solank dit net moni torre is . Mag nie brand of klipgooi of skiet of opskeur of rumoer wees nie , want dit is die sekuriteits firmas se werk .

Nettie ·

SO, DINK DIEGENE WAT MÔRE HUL KRUISIE WIL GAAN TREK, NÓG DAT DIE SUID-AFRIKAANSE VERKIESINGS VRY EN REGVERDIG IS?????????

Dink gerus weer. As die verkiesingsuitslae – waar dit ookal is – nie in die ANC se guns swaai nie, sê ek dit nou ONOMWONDE, sal die uitslae gekook en bekook word.

Gaan stem julle gerus maar. Mors julle maar jul kosbare petrol tyd en energie so. Ek sal rustig tuis wees, die ekstra vakansiedaggie geniet, en ‘n vleisie oor die kole gooi. En basta met diegene wat wil kom met daai redenasie van “‘n Geen-stem is ‘n stem vir die ANC” of “‘n Stem vir enige klein party, is ‘n stem vermors”.

Nel ·

Ja Nettie en môre of oormôre kom eet/braai die EFF saam met jou soos wat hulle belowe het..

Vra net ·

Nel die eff se allie hulle braai die naweek by hul commander se ouma se begrafnis Wonder wie gaan dit betaal?

DeVill ·

Waar os ons weermag om die land se burgers teen hierdie terrosite the beskerm?

Die brandstigters pleeg hoogverraad!

J ·

Soos wat Zimmers gedink het die weermag gaan hulle beskerm, soos wat Iraqis gedink het, of Venezuela? of Peru en Turkey, kan nog aangaan? Ek raai aan, dink 2 keer voor jy hoop vir iets wat jy beslis nie wil he nie.

CHAPPIES ·

Kom ons hoop maar die beste en gaan sus ons gewetens….
Maar as die andersins SLAP regering niks aan brande en betogings en misdaad oor die algemeen doen en mag doen nie, dan weet ek nou nie wat so snaaks is aan verkiesingsdag nie,laat hulle protesteer en n skande opi land wees,want die regering laat hulle dit andersins toe… wie probeer die slap anc kaders nou beïndruk?

Jacques die Goodwoodianer ·

In ons gebiede, die Noordelike voorstede, behoort daar nie sulke probleme te wees nie maar bly steeds paraat en bedag waarookal jy gaan. Ek sal veg om my kruis te maak – só belangrik is dit vir my.

Bewaar die siel wat wil ontwrig,
my bure sal getuig.
Ons staan as gemeenskap saam,
die ontwrigters sal in skaamte hul koppe buig.

Michelle ·

Het ek nie iewers gelees als sal regverdig en vreedsaam verloop nie, miskien nie daar is seker gesê brand skole af versper paaie, is mos al moontlik in die korrupte land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.