Kieser ‘uitgeput’ voor sy by stemlokaal sterf

(Foto: Maroela Media)

Gift Moerane, burgemeester van die Emfuleni-munisipaliteit, het sy medelye uitgespreek teenoor die naasbestaandes van ʼn bejaarde kieser wat op stemdag in die ry by ʼn plaaslike stemlokaal gesterf het.

Die 79-jarige Susan Mohanoua Matona is gister by die Mqiniswa Primary-stemlokaal in Bophelong in Vanderbijlpark dood. Luidens ʼn verklaring deur die burgemeester se kantoor was Matona ʼn stoere ANC-lid in wyk 7 van die munisipaliteit.

“Toe sy by die stemlokaal aankom, het sy uitgeput gevoel en toe ineengestort. Paramedici het onmiddellik gereageer en sy is op die toneel dood verklaar,” lui die verklaring.

“Sy het gesterf terwyl sy besig was om haar demokratiese reg uit te oefen waarvoor sy lank geveg het. Duidelik is sy dood in die stryd om haar demokratiese reg vir ʼn parlement van die mense te handhaaf.”

Moerane het sy medelye met Matona se familie, medepartylede, vriende en geliefdes uitgespreek. “Me. Matona was die toonbeeld van ons toewyding om ʼn nie-seksistiese, nie-rassige, demokratiese en verenigde Suid-Afrika te bou. Ons voel geëerd en bevoorreg om kaders van haar kaliber in ons midde te gehad het.”

Matona was een van twee kiesers wat op stemdag by stemlokale gesterf het. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het gister gesê vroeër die dag het nog ʼn bejaarde kieser by ʼn stemlokaal in Elandspoort, Pretoria, gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

TS ·

Die persoon sterf en ń vark gebruik dit om ń pot snot kwyt te raak. Liewe hemel.

Hannetjie ·

Dit is baie hartseer om te verneem van die bejaarde wat oorlede is by die stemlokaal.Ek merk dat sy reeds 79 jaar oud was.Waarom word sulke bejaardes nie vooraf geadviseer om vooraf hul stemme tuis uit te bring.Of te minste baie nader aan hul tuiste.Daar is derhonderde bejaardes wat tuis bly agv gesondheidsprobleme of gebrek aan hulp om by stempunte uit te kom

emily ·

Waarvan praat die ou tog. Regtig, Wonder wat sou gese geword het as sy 18 was.

Jordaan ·

In Elandspoort in Pretoria is blykbaar ook ‘n kieser oorlede. Wonder of hy dieselfde mooi woorde gaan ontvang as hy dalk nie “‘n stoere ANC lid” was nie.

Nonga ·

Die ANC was daar aan bewind in die verkiesingslokaal. Hoekom was die oumensie enigsins daar? Hoekom is haar kruisie nie tuis getrek nie? Die ANC het haar gefaal

anton ·

Nou wonder ek……hulle het seker elkgeval dan haar stem by die a en c getel al het sy hom nie self getrek nie!!!

se net ·

Enige persoon bo 60 moet dadelik ingaan om te stem en nie in n ry staan nie. Veral as hul moeilik loop. En regtig sy was uitgeput …….kon niemand vir haar ten minste water gegee het nie? Ek het laat gaan stem, want dan gaan dit beter en vinniger maar glo my die personeel was glad nie vriendelik nie. Die ANC lede het buite gesit onder n sambreel gesit en vreet soos vrate.

Only saying ·

But they keep on voting for the anc. So they’ve got no cause to complain. She died voting for them. Her vote counted more than her life.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.