Kiesers opgeroep om burgerlike plig te doen

Die Verkiesingskommissie het vandag ʼn spesifieke beroep op Maroela Media se lesers gedoen om hierdie naweek te verseker dat hulle as kiesers geregistreer is.

Kate Bapela, die Verkiesingskommissie se woordvoerder, het vanoggend gebel en lesers se hulp gevra.

“Ons sit werklik met ʼn groot probleem om die opdrag van die konstitusionele hof uit te voer om ʼn volledige adres vir elke kieser te hê. Sonder ʼn volledige adres sal kiesers nie kan stem in volgende jaar se verkiesing nie. Ons vra dus alle Maroela-lesers om Saterdag en Sondag by hul plaaslike stemlokaal te verseker dat hulle geregistreer is, sodat hul stemme gehoor en getel kan word in volgende jaar se verkiesing,” het Bapela gevra.

Alle stemlokale sal Saterdag en Sondag van 08:00 tot 17:00 oop wees. Kiesers moet asseblief hul ID-dokumente saamneem en hul adresse nagaan.

By die land se 22 609 stemlokale sal kiesers hul adresse kan nagaan en, as dit nie op die kiesersrol verskyn nie, kan verskaf. Nuwe kiesers en kiesers wat verhuis het sal ook toegelaat word om te registreer.

As jy nie weet waar jou stemlokaal is nie, kan jy 0800 11 8000 skakel, of die webblad http://maps.elections.org.za/vsfinder/ besoek. Jy kan ook ʼn sms (teen R1) met jou ID-nommer stuur na 32810 en ʼn sms met die ligging van jou stemlokaal sal aan jou teruggestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Stokkies ·

Ons gaan daai naweek weg so dis tot daar na toe.. buitendien, dit gaan nie n verskil maak nie, al stem elke liewe weldekende persoon vir DA of VF, daar is nogsteeds te veel ondersteuning vir die onderdrukte wat net deur die ANC en EFF gehelp word..

Cherokee ·

Stokkies, ek neig ook om stokkies te draai met verkiesingsdag maar die politici het ‘n oortuigende manier om persentasie berekenings te doen wat dit laat klink asof die opposisie bevoordeel word deur wegblystemme. Jy is reg wanneer jy sê dat weldenkende mense VF moet stem maar daar is steeds blankes wat vir swart partye soos die DA en dies meer stem.

Boerboel ·

Elke stem tel, ons moet die kommuniste verhoed om weer twee derdes van die stemme te wen!

Casper Labuschagne ·

@Stokkies, jy het ‘n punt beet dat ons klein minderheid nooit ‘n verkiesing sal wen nie, maar daar is wel ‘n sterker teenargument. Ons enigste stem in die wetgewer is daardie enkele persone wat ons meerderheid verteenwoordig teen die populistiese anargie. Persoonlik hoef ek net na een videogreep van Pieter Groenewald te kyk waar hy manalleen opstaan en steeds sy punt maak terwyl hy deur die swart meerderheid uitgejou word – kom wat wil, daardie man verdien my steun. Niemand anders as sy party staan op vir die belange wat my raak nie.

Cherokee ·

Terloops, daar is gewoonlik ‘n telefoonnommer wat geskakel kan word met jou identifikasienommer om bevestiging te kry dat jy nie van die kieserslys af gegupta is nie.

Kopskud ·

Verbysterend dat enigiemand kan dink dat om by n stemlokaal op te daag en te stem enigsins n verskil aan die lot gaan bring waarin die blanke hom/haarself bevind.Daai skippie het geseil.
Soos genoem deur Vermeende,die water kook.

Martins ·

Ek stem heeltemal saam met sarie,en eks ook glad nie lus vir lank in toue staan nie maar onthou as jy nie stem nie kan jy nie kla nie.

Kabous ·

Nee, Nee, Nee! As jy stem, kan jy nie kla nie, want dan het jy legitimiteit aan ‘n verwronge proses verleen. Politici is, algemeen gesproke, nie te vertrou met ons beste belange nie – dit is oor en oor bewys. As jy stem, ondersteun en onderskraag jy die proses wat hierdie lummels in beheer van jou lewe plaas. As niemand op stemdag by ‘n stembus opdaag nie, sal dit die nodige boodskap van totale teenkanting vir politiek en politici duidelik aan dié skarminkels oordra.
Toe, Maroela Media, ek daag julle uit om hierdie kommentaar te plaas. Of is julle ook té polities korrek dat julle vryheid van spraak en meningsuiting onderdruk?

martins ·

Ek stem heeltemal saam met sarie.Niemand is lus om in lang toue te staan nie maar onthou as jy nie stem nie kan jy nie kla nie.

Chris Ws ·

As jy nie stem is dit net so goed jyt vir die anc gestem want die party waarvoor jy moes stem het nou jou stem minder.En hoe hoe meer mense nie stem nie hoe meer stemme wen die anc mee.

Sue ·

Hulle kan dan sonder my stem ook klaar kom, my adres vir wat opgee??? Wat maak my woonadres n verskil aan die stem wat ek sou maak? Nee wat, ek verkoop nie my gesin uit vir die land nie. Ons gaan elke geval ons alies sien.

Veer ·

Dalk moet ons, ons traak my nie agtige houdings laat staan. Almal het baie eiers te lê of dit wel die moeite werd is aldag nie . Dis jou PLIG om te baklei tot die bittere einde.

RM ·

Die water borrel en in plaas van ‘n wroeging gaan jy niks dien nie? Hulle ken ons ook goed en maak seker die lam sien nie die mes nie.

Lee ·

Gelukkig kan mens sommer op hulle website ook kyk of jou inligting reg is dan hoef jy nie te ry na jou stemlokaal toe nie. Die is slegs ‘n registrasie naweek en nie vir stemme nie. Die “voters roll moet geupdate word dis al waaroor dit gaan sodat hulle kan kyk dat jy in die regte area stem. Gaan op hulle website by http://www.elections.org.za dis beter as om in ‘n ry te staan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.