Kiesers sal – al klaende – dieselfde stem, wys peiling

(Argieffoto ter illustrasie: Henk Kruger/ANA)

Kiesers sal tydens die plaaslike regeringsverkiesing vanjaar waarskynlik weer vir dieselfde party as in 2016 stem, of hulle nou tevrede met sodanige party se prestasie oor die afgelope vyf jaar is of nie.

ʼn Voorverkiesingsopname wat Ipsos namens eNCA gedoen het, het bevind die meerheid kiesers in die Tshwane-, Johannesburg- en Nelson Mandelabaai-metro’s sal vanjaar dieselfde partye steun, al het byna die helfte aangedui dat hulle nie met hul destydse keuses tevrede is nie.

Hoewel verskeie redes hiervoor verskaf is, blyk dit dat vertroue in die bepaalde party ʼn groot rol in kiesers se besluite speel. Dit lyk egter of talle ander oudergewoonte vir dieselfde party gaan stem sonder om werklik daaroor na te dink.

Ipsos het in totaal 1 494 persoonlike onderhoude tussen 15 en 25 Oktober met geregistreerde kiesers in dié drie “mees betwisbare” metro’s gevoer. Hierdie respondente is lukraak uitgesoek.

MetroGetal onderhoude deur Ipsos gevoer
Tshwane490
Johannesburg506
Nelson Mandelabaai498

In antwoord op Ipsos se vraag oor hoe tevrede respondente met hul partykeuses in die 2016-plaaslike verkiesing was, het byna 50% in Tshwane en Johannesburg aangedui dat hulle “ietwat of uiters ontevrede” met hul gekose partye se prestasie is.

Kiesers in Nelson Mandelabaai het ʼn meer positiewe ingesteldheid getoon met 57% wat gesê het hulle is “effens” of “baie” tevrede met hoe die party van hul keuse tot nou toe gevaar het.

Nietemin het 80% van respondente in Johannesburg, 85% in Tshwane en 86% in Nelson Mandelabaai gesê dat hulle weer hul kruisie agter dieselfde party se naam sal trek.

Die opname dui aan dat vertroue ʼn groot rol speel terwyl ander kiesers bloot aangedui het dat hulle weer vir dieselfde party sal stem omdat hulle dit nog altyd doen.

Minder beduidende redes sluit in dat kiesers “veilig” by ʼn bepaalde party voel en die leiers van die party vertrou.

Sowat ʼn vyfde en ʼn kwart van alles respondente het gesê dat hulle wel vir ʼn nuwe party sal stem, oor redes soos “korrupsie in die ou party”, ʼn begeerte vir verandering, die bevoegdheid van ʼn nuwe party of vertroue in die leierskap van die nuwe party waarvoor hulle wil stem.

Ipsos meen dié getal kiesers is groot genoeg om interessante en selfs onverwagte uitslae in vanjaar se verkiesing op te lewer.

Steun vir koalisies

Hoewel koalisies wat ná die 2016-verkiesing gevorm is nie optimaal gefunksioneer het nie, het respondente die moontlike vorming van koalisies in 2021 steeds tot ʼn redelike mate ondersteun. Net meer as ʼn derde het aangedui dat hulle koalisieregerings ten volle sal steun.

Sowat ʼn kwart van respondente het gesê hoewel hulle koalisies sal steun, hulle nie baie gelukkig oor só ʼn uitkoms sal wees nie.

Die minderheid het gesê hulle is totaal teen koalisies gekant, en sal selfs oorweeg om nie weer vir dieselfde party te stem nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Buck ·

Wel, een ding is seker. Die DA sien my stem nooit weer nie. Daar is klaar storirs oor hulle en die anc. Hulle het ons lankal uitverkoop. VF vir my!!!

Klipkop ·

Verduidelik net vir my hoe verskil die VF + se beleid van die van die NP van 1992 wat ons in hierdie gemors laat beland het. Waarvoor het mense dan JA gestem? ‘n Geslag later weet niemand meer nie. Die VF+ stem in 2021 100% JA op daardie vraag van 1992. Hulle wil beslis die dooie perd van die Nasionale Party laat herleef en soos die Nasionale Party uiteindelik die Proggresiewe beleid van DA destyds probeer kaap het, probeer die VF+ dit nou weer. Die dooie perd teorie sal dalk ‘n paar oppertuniste langer in die sagte stoele hou.

Johann ·

Ongelukkig maak dit nie saak of jy DA of VF stem nie Dit gaan niks verander aan die ANC se meerderheid nie Dit is stupid om te dink ‘n party met 1 of 2 raadslede kan ‘n verskil maak in ‘n raad waar 50 ANC en EFF raadslede dien

Frik ·

Jy kan n verskil maak en onthou dat elke stem tel.
Gaan stem en stem VF Plus.

Werner ·

Stem 100% Johan jy is heeltemal reg.Dit is wensdenkery as jy dink n gestemmery gaan jou enigsens help.

Dries ·

Cyril het gesê mense wat nie vd anc stem nie,moet nie kla ior beurtkrag nie.Dan,liewe naïewe Cyrilkie,moet jou anc stemmers nie na verkiesing service deliviry protests hou nie .Elementêr nê Cyril

Dirk Mostert ·

Stem ANC vir beurtkrag, beurtwater, gatpaaie, bankrot munisipaliteite en die “pandemie”- gekonkel.

Agge nee ·

Hulle maak ‘n ou foutjie met hulle opname, ek dink sommige partye gaan ‘n groot skok kry.

Frik ·

DA en ANC gaan n skok kry.
VF Plus gaan n groot verrassing lewer!

Strandloper ·

Tog doen die DA sy ding in die Weskaap…staan eerder saam om n verskil te maak.

Pietertjie ·

Mense glo mos hulle moet net harder vir dieselfde party stem, dan sal dit beter gaan.

Dis nou as hulle die verband kan sien tussen die party vir wie hulle stem en die toestand waarin die land hom bevind.

Papsak ·

Dit net so jammer dit is ramaposa se anc wat die beurtkrag veroorsaak so hy moet liewers sy bek hou

annie ·

… en volgende keer en weer daarna… En die geld sal al minder word en die hope rommel sal groei en groei en die hartseerverhaal sal langer word en smekinge by die buiteland erger… Presies soos wat die ANC beplan…

gatgogga ·

Ek onthou nog hoe ons altyd NP gestem het, sonder om werklik te weet waarom. Dis hoekom FW ons so maklik om die bos gelei het.
Die ANC stemmers doen dieselfde vandag.

Joe Olivier ·

Ja, en vandag pluk ons almal die vrot vrugte van julle ja stemmers se verkeerde kruisie. Indirek het julle die anc in bewind in gestem, en dit is nou onomkeerbaar.

Dirk Mostert ·

FW, Roelf en Charl Niehaus is voels van enerse vere.

Pieter ·

Presies. Die NP / NG koalisie het ons darem lekker vir die gek gehou.

Klipkop ·

Jy slaan die spyker so op die kop en klink hom sommer om ook.

Papsak ·

Wel jammer jy voel so oor DA maar kan dit se die DA is ons enigste party wat ons kan help met hierdie probleme

Dirk Mostert ·

Stem DA as dit die enigste alternatiewe party op die kieserslys is.

Klipkop ·

En hoekom het hulle nog nie gehelp die afgelope 27 jaar nie?

JohanR ·

Net solank die ANC/EFF nie die Wes-Kaap wen nie ,is my week volgende week baie gelukkig!

Klipkop ·

Wes-Kaap is die White Liberal Establishment se Volkstaat. Dit vereis ongelukkig ook ‘n buite-egtelike bedmaat, waarin blank en bruin mekaar misbruik vir eie gewin.

Baardman ·

As al die stemgeregtigdes in SA vir ENIGE party behalwe ANC en EFF stem en die partye vorm n koalisie op een of ander manier, is die ANC en EFF uitgestem. Maar lyk my nie Suid Afrikaners maak die som nie

Jr ·

Dis n mite dat as u vir n klein party stem sal dit nie help. Elke stem weg van eff’ing cANCer party maak n verskil. Moet net nie vir die EFF’ing of cANCer party stem en asb stem. Elke persoon het 1 “bullet”. As 1 bullet (X) skiet op die vyand gaan hy mis, maar as n paar mijoen ( X) skiet op die vyand gaan ons n paar ” doodmaak”. As u nie stem nie, moenie kla nie. Laat dit nou tel

Klipkop ·

In Dingaan se kraal is jy ontwapen en sonder jou “bullets” waarmee jy wil skiet.

Dirk Mostert ·

Hulle stem vir die party wat hulle dink vir hul welsynstoelaes betaal. Niks het verander nie. In die 1989 verkiesing het staatsamptenare NP gestem. “Jy byt nie die hand wat jou voed nie”

Deon ·

In die geval, as jy die hand wat jou voed, goed genoeg byt, dan sal daar n ander hand kom wat kan voed

Klipkop ·

Dis immers al rede hoekom mense gaan stem. Dan het hulle darem ‘n lisensie om te mag kla die volgende vyf jaar. Diegene wat nie stem nie, is ongelisensieerde klaers volgens hulle. Bly onderdanig en getrou aan die goddelose, kommunistiese owerheid en doen jou plig om hulle legitiem te hou en die “nuwe” SA te laat werk soos wat dit nou al vir 27 jaar werk. Al die ander redes waarom mense beweer hulle gaan stem is wensdenkery, grootpratery en aandagafleiding om mense besig te hou. Lekker in die tou staan Maandag vir die suigstokkies wat politici uitdeel met leë beloftes, leuens, onrealistiese verwagtings en dieselfde resep met dieselfde uitkoms as die vorige 27 jaar.

Jannie van Niekerk ·

Verkiesing na verkiesing bewys dat meer as 65% van Suid Afrikaners breindood is. Jaar an jaar staak en betoog hulle teen dieselfde party vir wie hulle jaar na jaar stem,.. Verstandloos as jy my vra.

Klipkop ·

Dit maak sin. 65% van SA is geregistreer om te stem. Die ander 35% dink vir hulleself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.