‘Kiesers sal sê of ANC probleem het’

Cyril Ramaphosa Foto: Werner Beukes/SAPA

Cyril Ramaphosa Foto: Werner Beukes/SAPA

Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, het Sondag gesê slegs kiesers kan sê as daar ʼn probleem is met die ANC.

“Die mense van die land sal die laaste arbiters van die ANC wees wanneer hulle stem,” het Ramaphosa aan die media gesê by ʼn kerkdiens in De Deur. “Wat mense buite sê is slegs bespiegeling maar hulle [die kiesers] sal sê hoe lief hulle die party het [deur hulle stemme].”

Leiers van die ANC, DA, Cope en talle ander het saam met duisende kerkgangers byeengekom vir ‘n Paassondagdiens. Ramaphosa het die ontvangs wat die ANC sover tydens sy verkiesingsveldtog gekry het as warm beskryf en sê die party is seker van ‘n oorwinning.

Ramaphosa het hom uitgespreek oor die “Stem Nee”-veldtog van Ronnie Kasrils, voormalige minister van intelligensie, wat mense aanmoedig om vir minderheidspartye te stem of om hulle stembrief te bederf.

“Ons boodskap sal nie deur mense wat kwaad is afgelei word nie. Ek dink nie hulle veldtog gaan van die grond af kom nie. Wat hulle doen sal meer mense aanmoedig om vir die ANC te stem.” Ramaphosa sê die ANC sal sterker wees na die verkiesing soos in die verlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Skande van hom dat hy tot in die kerk vra vir steme God vra nie plolitiek in di kerk nie as hy glo aan God doen hy verkeerd

Babs ·

Nee Ramaphosa, ware Christene gaan kerk toe om vir vrede te bid – nie vir politieke gewin. Dit verwag jy van ANC kiesers wat moord, korrupsie en verkragting aanhang. Maak nie saak hoe swaar hulle kry, hulle stem nog steeds vir die ANC want die DA sal voorsien in hulle eise.

Jasper ·

Jy gebruik die Kerk om jou politiek te bedryf. Jy dwaal net soos jou volgelinge wat nou nog nie verstaan wat demokrasie beteken nie. En na nog 3 eeue sal niks verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.