Ontstoke kiesers trap minister uit oor dienslewering

Nathi Mthethwa. Foto: GCIS/Flickr/GovernmentZA

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur en lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het gister ʼn vyandige ontvangs gekry tydens die ANC se deur-tot-deur‑veldtog in die W.B. Rubusana-streek in Oos-Londen.

Mthethwa het die Scenery Park informele nedersetting in wyk 10 van die Buffalo City-metro besoek as deel van die regerende party se interaksie met mense op voetsoolvlak, genaamd Thuma Mina, wat deel is van ʼn landwye program.

Nasionale ANC-amptenare is vergesel van lede van die provinsiale en streeksbestuur van dié party. Hulle wou mense aanspoor om vir die verkiesing in Mei 2019 te registreer en seker te maak hul besonderhede op die kieserslys is korrek.

Maar Mthethwa se besoek is oorheers deur probleme rakende dienslewering, soos behuising en sanitasie. Woedende inwoners het hom vertel hulle is keelvol daarvoor dat die ANC-regering hulle afskeep en net onthou wanneer dit tyd raak om hul kruisies te trek.

Die gemeenskap het die party daarvan beskuldig dat hulle net goed genoeg is om die ANC aan die bewind te kry, maar dat hul verteenwoordigers van hulle vergeet sodra hulle die paal haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

zoom zoom ·

Maar nog steeds gaan hulle vir die anc stem kom wat wil. Hoekom?? Die anc gaan hulle omkoop met beloftes t hemde en kos pakkies en na die stemme getel is, is julle vergete.

PJC ·

Ek wonder of hulle besef hulle moet die probleem by die stembus regstel.

Johan H. ·

Die arrogansie. Die kiessers is slimmer as die x mk,anc, kabinet skelms. Hoop hulle sien hul gaaie!

Skroef ·

Mense vergeet graag dat jy vir jou eie heil verantwoordelik is. Die staat skuld jou nie n huis, dienslewering of n bord kos nie. JY betaal daarvoor. Dink maar mooi voordat jy agter n toelaag aan teel en betaal jou munisipale rekenings.

Skroef ·

Belaglik dat anc stemmers verwag om net gratis behuising en dienste, gratis skoling en gerieflike toelaes te kry. Wanneer gaan hulle opgevoed word en geleer word jy en net jy skuld dit aan jouself en jou nageslag?

Riaan ·

Jy slaan die spyker op die mop. Ek moet my gat at betaal. Niks is verniet nie. Maar hulle Sal aanhou stem vir die kommuniste.

Boland ·

Ek was sopas in Botswana.Arm mense.Dankbare mense.Hulle dorpe is skoon met bitter min mense wat oorgewig is.Wat my verstom is met die min infrastruktuur en klein ekonomie dat jy R1.47 betaal vir n pula.Brandstof R13.50.Ons land se probleme is baie groter as wat ons besef.Wys net as jy stabiliteit en beperking op aanwas het kan jy ver kom.Ek wens Botswana geluk.

koos1 ·

Maar 2019 val die kiesers weer vir hulle leë beloftes. As die ANC vir 24 jaar niks gedoen het nie, wat is die kans dat hulle voor 2019 als gaan reg maak. Hulle is net aan bewind om hulle self te verryk!

Jack ·

‘n Klein hondjie se oë gaan na 10 tot 14 dae oop –
ek is bly om te sien dat sommige ANC ondersteuners nou, na 25 jaar, effens lig begin sien.

Ouma ·

Ek hoop net dit bly oop. Teen verkiesingstyd is almal weer so volgepomp van lee beloftes dat hul weer vir die anc stem.

Hanna Hoekom ·

Blah-blah-blah… Dit vat net n goedkoop t-hemp (made in China) en n klein kospakkie en die klomp stem maar net weer ANC! En dan brand alles weer daarna.

Willem Grobler ·

Ek is bereid om ‘n weddenskap aan te gaan dat al hierdie ontstokenis soos een man vir die ANC gaan stem volgende jaar.

Neels ·

Wel wel uiteindelik is daar van die nasie wat die moed het om die regerende oarty kaalkop die waarheid te vertel. Baie geluk julle hoop daar is nog meer wat die lig sien. Daar is natuurlik toe weer baie beloftes gemaak wat hulle nie sal of wil kan nakom nie.

Stembus insig ·

Jy kan nie die konsepte “Demokrasie” / Stem Reg / e.d.m. aan iemand verduidelik, as daar nie eens ‘n ekwivalente woord daarvoor in sy moedertaal is nie. Dis “Westerse” goed . . . die groter meerderheid kiesers ken wel die konsep Opperhoof, stamhoof, onderdane & is geleer dat die stamhoof in al jou behoeftes sal VOORSIEN in ruil vir onderdanigheid aan hom

Gemaskerde Sopbeen ·

Dit is absoluut waar. Gaan kyk maar………..daar is bykans GEEN swart landsburger wat protesteer teen die regering se plundering van die staatkas nie, of teen korrupsie nie….Dit bestaan nie in hulle wêreld nie. Die Opperhoof besit alles, het alles, mag alles by jou vat….EN jou verder uitmergel en verwoes as hy so voel……..want dit is sy “reg” as Opperhoof. Dit is hoekom Afrika lande in absolute armoede leef, terwyl die “rulers” in die geld rol………en niemand ‘n woord daaroor sê nie….want volgens die “onderdane” hoort dit so. In Afrika lande waar ek was leef die boonste 5% soos konings….regeringsamptenare, hulle familie en vriende, en die krimineel wat so finansieël sterk is dat hy bokant die wet is. Die res van die populasie leef op squatterkamp vlak, het niks, is niks, en sit en wag vir krummels van die koning se tafel. Bittermin Afrika lande het ‘n sterk, opkomende, ingeligte, opgeleide middelklas…..Net super-ryk en ruper-arm.

Oujongvrou ·

Is maar oral onder verskillende bevolkings dieselfde. Stem aaneen vir dieselfde ding. Al sien hulle daar kan in daai party niks vir jou gedoen word nie. Kyk bietjie rond. Kyk waar is wie wat septer swaai. En kyk dan hoe lyk dit daar. Soos nou met Herman Mashaba. Kort rukkie en hy maak n verskil. Kyk na die wes Kaap. Ek trek soontoe en volgende jaar kry hulle n stem by.

Gert van Wierdapark ·

As ek reg onthou was Min. Nathi al die baas van die Polisie ook. Ministers is houdini’s want hul word net geskommel en nie ge”fire” ala die Trump (troef) benadering nie. . Ek dink dis tyd dat die Buffel bietjie gaffel om van die Kul-en-Kultuur brigade ontslae te raak!?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.