Kiespunte amptelik bekend

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het ʼn volledige lys van die kiespunte vir vanjaar se munisipale verkiesing bekendgemaak.

Volgens Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, kan kiesers op 1 November by 23 151 verskillende stemlokale hul kruisies trek.

Die OVK het ook roetes, plekke en tye vir alle mobiele stemstasies bekendgestel.

“Kiesers moet betyds seker maak waar hul naaste kiespunte is. Hulle moet ook vertroud raak met die skedule van die mobiele stemlokale,” bevestig Bapela.

Die OVK herinner alle kiesers wat vir spesiale stemme tuis geregistreer het dat hulle op 30 en 31 Oktober besoek sal word. Kiesers wat nie aansoek gedoen het hiervoor nie, moet op dieselfde dae tussen 08:00 en 17:00 gaan stem.

Kyk na die lys kiespunte hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Maak seker al die lang gras om die verkiesings punte is kort gesny. Dis waar die ANC en EFF bokse verkiesings stembriefe gooi waar hulle dink hulle kan glad nie wen nie! Oe….dis waar die gesegte vandaan kom….slang/e in die gras!

Papsak ·

Ek se mos staan op staan saam laat ons vir mekaar daar is Pieter Groenewald is reg sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.