Kieswetter ‘g’n direkteur’ van Ramaphosa se maatskappye

President Cyril Ramaphosa en Edward Kieswetter. (Foto: GCIS)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wil dit duidelik stel dat sy kommissaris, Edward Kieswetter, nié tans ʼn direkteur is van enige maatskappy wat deur pres. Cyril Ramaphosa besit word en nog nooit was nie.

Dít volg nadat verskeie bewerings in dié trant onlangs die lig op sosiale media gesien het.

Die SAID sê nou in ʼn verklaring hy het kennis geneem van bewerings dat Kieswetter ʼn direkteur is van ʼn maatskappy in besit van Ramaphosa. “Daar word geïnsinueer dat die SAID daarom geswyg het oor die belastingaangeleenthede van pres. Ramaphosa. Daar word verder beweer dat die kommissaris ʼn oproep van pres. Ramaphosa ontvang het om te help en volgens ʼn bron het die kommissaris die versoek geweier.”

Die inkomstediens hou egter vol daar steek geen waarheid in die bewerings nie.

“Die kommissaris het nié ʼn oproep van pres. Ramaphosa ontvang soos beweer word nie. Die kommissaris is boonop nie betrokke by of hanteer enige belastingbetalersake persoonlik nie.

“Toe hy in Mei 2019 kommissaris geword het, het mnr. Kieswetter, in ooreenstemming met goeie bestuur asook die relevante beleidstellings, uit al sy direkteurskappe bedank.

“Die SAID wil herhaal dat hy voortgaan om sy mandaat vir alle belastingoortredings uit te oefen sonder vrees, guns en vooroordeel, ongeag die rol en status van enige belastingbetaler.”

Die inkomstediens sê voorts Kieswetter het tot op hede sy openbare verbintenis gestand gedoen om sy persoonlike sake te bestuur op ʼn wyse wat openbare vertroue skep en sal voortgaan om dit te doen.

Ramaphosa is in die spervuur nadat Arthur Fraser, die voormalige kommissaris van korrektiewe dienste, strafregtelike aanklagte by die polisie teen hom aanhangig gemaak het.

Die klagte hou verband met die meer as $4 miljoen wat na bewering in 2020 tydens ʼn inbraak op Ramaphosa se wildplaas in Limpopo gesteel is.

Fraser beweer Ramaphosa het nooit die diefstal by die owerhede aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SjN ·

Kaders beskerm mekàar tot die Popo die fan strike. Deler is net so goed soos die deler. Die sepies gaan begin, bring die popcorn.

Wondermaarnet ·

Ons kan maar net hoop die leier en al sy trawante brand saam.

Papsak ·

Hy moet hom skaam om n president genoem te word van SA sies jou skelm vernederend

annie ·

CR het ook aangevoer dat hy ten tye van die glo veiling in Addis Ababa was. Indien so, ontvang sy werkers gereeld baie $$ en prop dit soos gebruiklik in die meubels? Wie loop met dollarnote in SA rond? Sommer so? Waar bank Zyril? Ok by daai bank in Limpopo waar die popo laas die fan geslaan het? Of het hoofkantoor ‘n geheime laaitjie da in Gauteng? Baie vrae maar die prez werk daaraan.

Swerwer ·

Die waarheid sal wel seevier. Die klomp wat CR uit die President pos wil hê sal nou enigiets doen om hom verder te beswadder en as President te onteer en uit sy pos te kry. Kan maar net raai wie agter alles sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.