Kilian en Kie. se bande met onderwêreld ondersoek

Zane Kilian.

Zane Kilian, die man wat in hegtenis geneem is in verband met die sluipmoord op die speurhoof lt.kol. Charl Kinnear, maak vandag sy tweede hofverskyning in verband met die skietery op die Kaapse prokureur William Booth in April vanjaar.

Kilian word, soos vroeër berig, by die aanval op Booth betrek. Hy is die sesde verdagte in dié saak waarby hy betrek word op aanklagte wat verband hou met die Wet op Georganiseerde Misdaad, sameswering om moord te pleeg, poging tot moord, die onwettige onderskepping van kommunikasie en toegang tot en onderskepping van data.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het vroeër aangevoer daar is ʼn sterk moontlikheid dat Kilian se aansoek om borgtog vir albei sake op 27 November sal plaasvind, wanneer hy weer in verband met die moord op Kinnear verskyn. Dit sal vandag bevestig word.

Kilian se inhegtenisneming ná die moord op Kinnear, asook sy beweerde betrokkenheid by die aanval op Booth, het ʼn vermeende landwye kriminele netwerk onbloot wat deur ʼn handjievol prominente onderwêreldfigure beheer word.

Jovane Scholtz en Wesley Roux.

Twee verdagtes, na bewering handlangers van Kilian, is die afgelope twee maande in hegtenis geneem. Wesley Roux (29) en Jovane Scholtz (22), wat onderskeidelik einde September en Oktober vanjaar in hegtenis geneem is, word by onder meer beweerde afpersing en intimidasie betrek.

Scholtz en Roux se moontlike verbintenis met Kilian word ondersoek. Volgens Werner Koekemoer, ʼn private ondersoeker van Mike Bolhuis se Specialised Security Services, werk Kilian, Roux en Scholtz nou saam met mekaar as onder meer gevreesde skuldinvorderaars.

Wesley Roux en Zane Kilian.

Kilian het verder glo bande met Nafiz Modack, vermeende rolspeler in die Kaapse onderwêreld, en dit wil voorkom of Kilian vir Modack in Gauteng en veral aan die Oos-Rand gewerk het.

Koekemoer kan egter in dié stadium nie uitbrei oor die presiese verbintenis tussen Kilian en sy handlangers en Modack nie, omdat die polisieondersoek na die moord op Kinnear “in ’n gevorderde stadium is en ons dit nie kan belemmer nie”.

Hy kon wel bevestig dat die huidige ondersoek na die moord op Kinnear ʼn veel groter kriminele netwerk ontbloot waarbinne daar een sentrale figuur is wat individue in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng het wat sy werk vir hom verrig.

Terwyl Kilian vandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn, sal Roux en Scholtz Woensdag in ʼn Pretoriase hof om borgtog aansoek doen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

MakersMark ·

Goue ketting om die nek. Gangsters paradise ? Lyk eerder soos gogga maak vir baba bang.

Derek ·

Weereens artikel 15.1 van die handves van menseregte, die struikelblok in ons land. Niemand kon my nog ooit antwoord en verduidelik hoe dit kan werk nie. Verskillende kulture en godsdienstiges onder dieselfde saambreel. Die resultaat van verskillende wette wat die misdadiger moet beheer word bloot net n verdrukkende wet teenoor ander en daarom kan regverdigheid en geregtigheid nie geskied nie. Weereens n duidelike bewys dat SA maar net n totaal vervalle land geword het onder leiding van die ANC. Nog nooit soveel bedrog, korrupsie, moord en misdaad in die algemeen gesien nie. Dit is wanneer daar afgedwaal word van die Waarheid en n klompie mense godjies probeer wees onder die wet. Wanneer die leuen die waarheid word en die waarheid die leuen. Daar is gebooie en daar is wette!

Maggies ·

Nagmerries… wees bang, wees baie bang.
Kan mens hier op die baadjie takseer?
Ek kry skaam vir my gedagtes, want hulle het ook moeders.
Verkeerd bly nog steeds verkeerd.

Christi ·

Die traantjie tattoo op die wangbeen is een of ander rang wat ‘verwerf’ is as gevangene in die tronk. Het al met so knaap te doen gehad wat ons vertel het. Kilian lyk heelwat anders hier as die vorige foto’s van hom.

Thea ·

Het gaan kyk na die Scholtz mannetjie se fb blad. Staan en paradeer saam eff manne met sy eie eff hempie aan. A picture speaks a thousand words…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.