Kilian in hof oor skietery op bekende Kaapse prokureur

Zane Kilian staan tereg op drie aanklagte, onder meer ook moord. (Foto: Twitter)

Zane Kilian, die enigste verdagte wat tot dusver in hegtenis geneem is in verband met die moord op lt.kol. Charl Kinnear, sal vandag weer in die hof verskyn – die keer in verband met die skietery op ’n vooraanstaande Kaapse prokureur.

Dit is Maandag bevestig dat Kilian van sameswering om moord te pleeg aangekla sal word in verband met die aanval op William Booth in April vanjaar.

Verskeie skote het die oggend van 9 April buite Booth se huis geklap. Minstens vier skote het Booth se voertuig getref toe daar omstreeks 07:30 buite sy huis in Higgovale, Kaapstad, op hom losgebrand is.

Sewe verdagtes is ’n maand later in verband met die skietery in hegtenis geneem. Kilian word nou saam met vyf van die verdagtes in verband met die voorval aangekla en hulle sal Dinsdag in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Eric Bryer, opdraggewende prokureur in Kilian se regspan, het gister nadat Kilian in die Bellville-streekhof verskyn het in verband met die Kinnear-moord, gesê sy kliënt word van sameswering om moord te pleeg aangekla in verband met die Booth-saak vir sy beweerde nasporing van Booth se selfoon.

William Booth. (Foto: attorneys.co.za)

Volgens Bryer het hulle ʼn lys ontvang wat toon dat Kilian oor ʼn tydperk van ʼn jaar duisende nommers nagespoor het, waaronder dié van Booth asook ander hoëprofielpersone.

“Daar is gerugte dat toonaangewende mense wat vermoor is se nommers op die nasporingslys is. Ons sal maar moet wag en sien. Daar kan meer klagte volg.”

Kilian se borgtogaansoek in verband met die Kinnear-saak is intussen tot 27 November uitgestel. In die saak word hy van moord, sameswering om moord te pleeg asook die onregmatige onderskep van kommunikasie aangekla.

Hy word intussen ook van bedrog aangekla in verband met die sertifikaat wat sy regspan ingedien het as bewys vir sy registrasie as private speurder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie J ·

Die saak/e teen die knaap vorder besonder vinning en doeltreffend, soveel so dat mens moet wonder waste magic-ondersoekbeampte aan stuur van sake is.

Casper ·

Toonaangewende mense wat vermoor is op sy nasporingslys.Hy word gearresteer vir die skietery op William Booth.Is hy ‘n huurmoordenaar en wie betaal hom.Weier asseblief sy borg want daar is nog mense wat uit die weg geruim moet word.My vraag is net wie sit agter dit alles?Jy sal tog nie mense vermoor vir die grap nie.Hier is groot geld betrokke.Hy het Kinnear nie net vir R 10.00 vermoor nie.Wie het die opdrag gegee?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.