Kilian wil appelleer teen besluit oor borgtog

Dit was ʼn hartroerende oomblik in die hof toe Kilian sy hand op sy pa, Hein Kilian, se skouer gesit het (Foto: Verskaf NVG)

Zane Kilian (39), die man wat teregstaan op die opspraakwekkende moord op lt.kol. Charl Kinnear, se aansoek om borgtog is Donderdag in die streekhof in Bellville van die hand gewys. Die aansoek is sedert Oktober verlede jaar al herhaaldelik uitgestel.

Die 52-jarige Kinnear, ʼn lid van die Wes-Kaapse teenbende-eenheid en een van die land se topspeurders, is ses maande gelede koelbloedig buite sy huis in Bishop Lavis, Kaapstad, doodgeskiet. Hy is verskeie kere in die bolyf geskiet en deur paramedici op die toneel dood verklaar. Kilian is minder as ʼn week later in hegtenis geneem.

Buiten die moordklag staan hy ook tereg op ʼn aanklag van bedrog en die onregmatige onderskep van kommunikasie nadat hy na bewering onregmatig en doelbewus inligting van Kinnear se selfone onderskep het.

Landdros Nonkosi Saba het Kilian se borgtogaansoek geweier en hy bly dus in aanhouding tot hy weer op 15 April in die hof verskyn. Die ondersoek gaan intussen voort.

Zane Kilian se aansoek om borgtog is Ddonderdag in die streekhof in Bellville van die hand gewys (Foto: Verskaf NVG)

Saba het in haar uitspraak daarna verwys dat Kilian ʼn vlugrisiko is. Sy het ook bevind daar is geen buitengewone omstandighede wat sy kon oorweeg om borgtog toe te staan nie.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, sê Kilian se regsverteenwoordiger het aangedui dat hulle dringend die hooggeregshof in Kaapstad gaan nader om teen die borgtoguitspraak te appelleer.

Lt.kol. Charl Kinnear (Foto: Facebook)

“Die staat sal hierdie aansoek teenstaan,” sê Ntabazalila.

“Die NVG verwelkom die hof se besluit om Kilian se borgtogaansoek te weier. Dit is ʼn stap in die regte rigting sodat geregtigheid vir wyle lt.kol. Charl Kinnear geskied, maar daar is nog ʼn lang pad om te stap.”

Kilian staan ook tereg op aanklagte van sameswering om moord te pleeg in verband met die aanval op die prokureur, William Booth, in April verlede jaar. Maroela Media het vroeër berig verskeie skote het die oggend van 9 April buite Booth se huis geklap. Minstens vier skote het Booth se voertuig getref toe daar omstreeks 07:30 buite sy huis in Higgovale, Kaapstad, op hom losgebrand is.

Sewe verdagtes is ʼn maand later in verband met die skietery in hegtenis geneem. Kilian word nou saam met vyf van die verdagtes ook in verband met dié voorval aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Androclus ·

Kom uit met die waarheid dan sal dinge om borgtog miskien verander.

koos10 ·

Dan is hy dood sodra hy by die hof uitstap.
Daar is gissings dat baie hoë SAPS lede betrokke is.
Getuies in die Zondo kommisie word op geskiet, so die is nie anders nie.

Pieter ·

Maar as jy n boer skiet dan kry jy vyf duisend borg. Die ANC land se regstelsel is n grap.

Dries ·

As dit nie was vir al daai tattoes nie sou ek gedink het hy is onskuldig. As jy nie respek vir jou eie liggaam het nie hoe het jy respek vir die lewe

ChrisR ·

Ai Dries…….so jy is die tipe wat “Judge”
So jy se dit seker van mense wat rook en drink ook? Jy is wat verkeerd is met sommige Afrikaners.

Gatvol... ·

Ek het ook tattoos, dit maak nie van my ‘n slegter mens nie

Cherokee ·

Andries, ek het’n tatoo op my linker voorarm en een op my bors. Die symste ou wat dit gedoen het toe ons sowat 15 jaar oud was, is nou (soos ek gehoor het) ‘n pastoor in een van die Pragtige Lewensvolle Evangeliese kerke. Ek is nie meer 15 jaar oud nie, en die ink ook nie. As ek kon pille drink daarvoor, het ek so gedoen, maar ek prommise jou, dit pla my nie in die minste nie. Én, ek is g’n kroek soos jy sou dink. As dit jou pla, is jy ‘n grap.

Cherokee ·

Terloops, ek is meer engels as Afrikaans. want ek woon in Durban waar my daaglikse taal engels is.

Hennie J ·

MARK MY WORDS: Hierdie ou is nie die moordenaar nie, dit is net baie gerieflik om hom te frame om die binnekomplot te verdoesel.

Di ·

Stem volkome saam! Sy plig was net om sy bewegings te monitor. Die een wat die sneller getrek het loop nog skotvry rond. Seker weer ‘n politieke motief gewees om hulle basse te red

Androclus ·

Feit is hyt gemonitor waar die man is sodat hy geskiet kon word.Hy is so skuldig soos kan kom.

Cherokee ·

Askies vir die afduim, Hennie, Maar as jy probeer indruk maak met ingellse uitdrukkings, verdien jy dit. Enigeen wat próbeer voorgee engels is beter as Afrikaans, moet geduim-af word.

Blom ·

MM, dit moet seker lees in April verlede jaar: Kilian staan ook tereg op aanklagte van sameswering om moord te pleeg in verband met die aanval op die prokureur, William Booth, in April vanjaar

Megan Swart ·

Dagsê Blom
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit moet inderdaad verlede jaar wees. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

JohanR ·

As die ou rerig praat en se, is sy lewe verby! Te veel gangster bosses, en gangsters – 26, 27, 28’s betrokke.

Androclus ·

Hy gaan save loop ini tronk hoekom hyt ‘n poot laat val.wat lastig was.maar nou is hy ini mang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.