‘Kill the boer’ en toe slaan aanvallers toe

Die aanval het in die Porterville-omgewing in die Wes-Kaap plaasgevind. Grafika: Twitter

Net meer as ʼn maand nadat daar op Tobie van Schalkwyk en sy vrou, Desiree, se voordeur die woorde “kill the boer” met spuitverf aangebring is, is dié egpaar op hul plaas net buite Porterville in die Wes-Kaap aangeval.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê drie aanvallers het Sondag omstreeks 21:15 op die plaas toegeslaan en die egpaar oorval en aangerand.

Johandre van Zyl, AfriForum se streekshoof van gemeenskapsveiligheid in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap, het aan Maroela Media gesê die aanvallers het petrol oor Tobie uitgegiet, maar hy kon daarin slaag om die paniekknoppie te druk voordat die petrol aan die brand gesteek is. Die aanvallers het daarna op die vlug geslaan.

Dit is in die stadium nie duidelik of enigiets uit die huis gesteel is nie.

Nadat hulp by die toneel opgedaag het, is Tobie en Desiree albei na ʼn hospitaal geneem. Die erns van hul beserings is nie bekend nie, maar Rwexana sê ʼn saak van poging tot moord word ondersoek.

Weslander het verlede maand berig die Van Schalkwyk-egpaar het op 14 Oktober wakker geword en gevind dat die woorde “Dubula iBhunu”, “Viva Juju” en “Viva EFF” met rooi verf op hul voordeur aangebring is. Luidens die berig was daar in die tyd ook twee keer verdagtes naby die huis opgemerk, maar het die betreders gevlug voordat hulle die huis kon binnekom.

ʼn Saak van opsetlike saakbeskadiging is aanhangig gemaak in verband met die dreigement op die egpaar se deur.

Desiree het destyds aan die verslaggewer gesê hulle lewe al maande lank in vrees gegewe die toename in plaasmoorde en “politieke leiers wat hul ondersteuners opsweep om mense te vermoor”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

AmY ·

Volgende keer moet hulle nie KILL THE BOER sing nie, maar KILL THE FOOD PROVIDER.
Farmers are Food, maar hulle sal dit besef, wanneer dit te laat is.
Ek hoop die boer en sy vrou herstel gou.

Boer ·

Die buitewêreld is so in die aanvaller se ringe opgekruip, dat wanneer die boere uitgemoor is, sal hulle die voedsel voorsien.

Plaas ·

Kan hulle nie leer uit al die ander buurlande – kyk maar na die omstandighede daar … maar gaan aan op dieselfde trant.
Nou sit almal daar met groot oë en verwag hulp vir hongersnood ensomeer…

Debbie ·

Dit voel of dit onwerklik is..voel soos n stuk uit n riller boek..
Jisss my hart is seer vd mense,en ander kant is my hart soooo swart teen die land,ministers,politiek ens.

Ekt eerlikwaar nie woorde nie- net ‘Mag God saam elkeen van ons wees in hierdie walglike tyd’

Francois ·

My hart is stukkend vir my land en my mense. Ek bid dat daar ‘n politieke uitkoms sal wees in die vorm van totale onafhanklikheid vir ons volk. Selfs hier in die buiteland kom ek daagliks in aanraking met Kanadese, Amerikaners, Europeers, Pole, Russe, Japanese wat wil weet wat in SA aangaan en dan hul simpatie uitspreek.

A ·

Asb nou moet Juju (EFF) ook aangekla word oor hul dit so openlik sing hulle sweep mos hul vriende op

Awie jansen van vuuren ·

Ek wonder of die Eff sal daarvan hou om so te lewe om elke dag te vrees vir jou lewe

Santjie ·

Net die leier kry begeleiding omdat hy konsuis dreigemente ontvang het, maar die mense moet maar self sien kom klaar, maar hulle besef dit nie

Al ·

JM hits haat en geweld aan, sal my nie verbaas as hy wil al op so ñ plaastoneel was nie.
Volgens die Konstitusionele Hof is dit maar net ñ struggle liedjie toe daardie privaatmaatskappy sy werkers afgedank het ñ paar jaar terug dit gesing het.
Dankie Here dat U die boer beskerm het.

Wonder maar net ·

Die Here is nie eens in die prentjie nie. As hy daar was, sou die egpaar ongedeerd wees. Toe nie.

Irma ·

Hmmmm onaantasbare malema wat haat en moord verkondig sovér as wat hy gaan EN NIEMAND in die ANC doen iets daaraan nie. Hy gaan net aan, joernaliste en ministers wat oor staatskaping getuig en skryf word sleg gesê en tans nog net met woorde aangeval. Geen wonder hy verbeel hom hy is opgevaar nie. Wonder wat het die knaap om weg te steek.

Noellene ·

Lees jy, en neem jy hierdie in, mnr ons staatspresident ?????
En mnr die leier van alles…. honorable EFF? IS JY HAPPY ?

ES ·

En die politici weet dat watookal hul in die openbaar kwytraak deur hul ondersteuners op te sweep gaan ter harte geneem word. Dit is blatante haatspraak en dit is die nagevolg van haatspraak. Hulle stel nie belang daaraan om in vrede met witmense te lewe nie, hulle wil ons vermoor bloot oor ons velkleur. Dit is uit en uit haatmisdaad.

Anoniem ·

Ek is van mening dat mens nerens in SA meer as “veilige woonplek” kan verwys nie.

Die enigste ENIGSTE beskutting en beskerming wat ons inderwaarheid het, is ons geloof en vertroue in die Almagtige God. Psalm 91 – is wat ek oor myself en my goed bid.

Willem Grobler ·

En ten spyte van die duidelike waarskuwing word hierdie mense onverhoeds oorval. Kom verf “Kill the Boer” op my voordeur dan kyk jy wat gebeur as jy terugkom – al is dit ‘n maand later sal ek steeds meer as gereed wees! Hemel mense het julle nog nooit gehoor van gevegsaanduidings nie???

Poot ·

@Willem Grobler
Hoop net dit kom jou nie eendag oor nie. Kom ons sien of jy dan so slaggereed is soos jy beweer. Om te dink jys Rambo se boetie mag jou dalk net nie help nie.

Jackie ·

Die persoon wat aangeval was is gekluister aan n rystoel net ter inligting en is nie die boer self nie maar n werknemer wat as werknemer in die werkgewer se huis woon. Food for thought!

Dink Weer ·

Ek glo nie dat dit moontlik is vir enige persoon om vir 24 uur n dag 7 dae n week 52 weke n jaar permanent op jou hoede te wees sonder om een keer jou wag te laat sak nie. Ons almal tref voorsorg maar die tipe aanvallers wag en wag en wag tot die tyd reg is vir hom. Sterkte aan die gesin

Corné ·

Willem. Ek stem saam met jou. Ons het self ń plaas met bykans geen beveiliging. My man glo deur die hond in die huis te laat slaap is genoeg. Ons het nie eers behoorlike veiligheids hekke nie. Dit gaan mos nou nie met ons gebeur nie sê hy. Ek bid dan vir beskerming elke aand. Met alle respek gesê – Mense ons moet ons self beveilig al bid ons. Dit is baie belangrik !

Daniel ·

Stem Ons moet begin voorbery en waak en onsself begin voorbery.Hierdie EFF het oorlog verklaar.Dit was al in die 80 jare vir ons gese dat die oorlog gaan van die grense na die binneland toe beweeg.Word wakker nense

DERICK ·

Ramaposa en sy ANC regering doen niks om die wittes te beskerm nie.
Dan moet ons nog die ANC Bokke ondersteun. NO WAYS.

J ·

Pieter en Willem dink hul is dié toughste wat in SA is. Groot agter n skerm en keyboard. Code Keyboard Warriors

Willem Grobler ·

Ou J – vir jou inligting – ek ís al aangeval. Hulle is dood en ek lewe nog. Ek ken vir Pieter Deyzel en ek verseker jou hy dink nie hy is Rambo nie. Hy is, soos ek, voorbereid. Dit is die kern van die saak. Mense moet begin besef ons leef nie meer in ‘n veilige land nie. Dié plek se geweldadige sterftesyfer oortref lande waar daar oorlog is! Tree dienooreenkomstig op!!

Wf ·

Hulle target ou mense meestal. Mense wat hulle self nie kan help nie!

humor ·

Ek stem. Ons kan dit net nie verstaan daar is so n soort van valse gerustheid of vakse selfversekerdheid, valse onaantasbaarheid onder baie van ons mense. Toegewyde paraatheid kon die lewe van baie mense gered het.

Rob ·

Geagte Redaksie. Ons wil graag julle berigte help uitplaas na die buiteland toe. Maar, ons kan nie want dit is net in Afrikaans. Mens mag ook nie net goedsmoeds vertaal nie. Wat se julle? Vir plaasmoorde en aanvalle, kan ons dalk ‘n Engelse weergawetjie ook kry? Dankie.

Tania Heyns ·

Dagsê Rob

Baie dankie vir jou navraag.

Maroela Media se nuusaanbod is in hierdie stadium ongelukkig slegs in Afrikaans beskikbaar. Ons visie is om ʼn Afrikaanse kuierplek op die internet te skep deur die lewer van hoë gehalte Afrikaanse nuus en inhoud, ten einde ʼn digitale Afrikaanse gemeenskap daar te stel waarbinne die Afrikaanse taal en kultuur plaaslik en internasionaal kan groei en gedy. Ons bied dus nie in hierdie stadium enige vertalings van ons berigte aan nie.

Ons hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder saam op Maroela.
Groetnis
Tania

Bietjie bietjie ·

Stem saam
Wil dit ook aanstuur maar waarom kan die website nie ñ Engelse opsie ook hê ?
Watter jaar leef Maroela ?
Baie vriende wil dit ook lees maar kan nie
Ek dink julle moet heroorweeg !

Therese van Schalkwyk ·

Bietjie bietjie

Maroela leef in die jaar 2018 in Suid-Afrika waar Afrikaans rug teen die muur veg vir ‘n ‘bietjie’ erkenning.
Waar Engels ‘bietjie-bietjie’ toegelaat word, verdring dit Afrikaans binne ‘n japtrap.
Doen gerus eie vertalings, nie so moeilik.

GM ·

Rob, dalk kan jy ‘n kort opsomming, in Engels, gee van die berig wat jy na die buiteland wil stuur, en net die ‘link’ aanheg van die Afrikaanse berig.

Annette ·

Ek lees al die berigte en dan dink ek net mense julle noem julle Afrikaners dit is groot en deels hoekom ons vandag sit waar ons sit ons boere wit volk kon nog nooit saam staan nie dit is te maklik om almal om ons te beskuldig en af te breek want almal wil die beste of die leier wees. 2019 is voor die deur help ons en se vir wie stem ons die ANC is uit en die DA se huis lyk my is net so deur mekaar dit is tyd dat die wat omgee saam staan en een stem gee. Baie dankie vir die wat nog prober en saam staan my gebede gaan vir julle almal in hierdie moeilike tyd

Johanna ·

Arme mense! In watter vrees het hulle nie die afgelope tyd gelewe nie. Hulle het geweet die mense wat dit op deur geverf het gaan terugkom.
Dit is nie regverdig teenoor weerlose mense nie. Sterkte aan julle.

Johann M van Heerden ·

Waar gaan dit eindig, kan mens vra. Ons seergeagte president ontken dit, die polisie is niks werd en so korrup dat hulle self ‘n gevaar is, terwyl ons mense aangeval, gemartel, verkrag en vermoor word deur swart mense. Mense word ook in sekere oorwegend swart of bruin gebiede daaraan onderwerp, maar deur hul eie mense. Die vraag is ook of die ANC enigsins daardeur gepla word of dit selfs ondersteun. Ons sal iets moet begin doen en organiseer. Intussen moet mense meer paraat wees. Nie paranoies nie, maar bewus. Kan ons organiseer daarteen? Kan ons so saamstaan? Die gevaar is net dat so iets maklik geinfiltreer kan word deur die verkeerde elemente. Mens moet slim wees en sekuriteitsbewus. Sonder geweld kan baie bereik word. Ons moet ook versigtig wees om nie teveel verskillende organisasies te begin nie Een of uiters twee oorkoepelende organisasie(s) is die ideaal, met onderafdelings vir bv regsaksies, soos Afriforum, een vir sekuriteit en beveiliging en natuurlik een vir insurgensie (internet, propaganda, media/nuus, internasionale skakeling en werwing). Iewers moet so iets ook befonds word en dit bestuur word. Wie het ‘n plan?

Aster ·

Herman P, jy kan die vraag maar weer vra! Ek glo en hoop daar is Afrikaners wat besig is om voorbereiding te tref vir wanneer die oorlog kom, maar dit verstom my net so om te sien hoeveel Afrikaners net nie hulle oë wil oop maak, dat daar ook van hulle is wat dink hier gaan nie moeilikheid kom nie. Dinge moet bitter vinnig nou tot ‘n einde kom, SA kook en die tyd is naby wanneer die stoompot gaan ontplof. Hier is net te veel rasse diskriminasie en ons kan ons geskiedenis nie uitwis nie. Die sogenaamde “rainbow nation” werk nie.

Andre Stander ·

Gelukkig weet ons hierdie is ‘fake-news’ / fopnuus – want Ramaphose sê daar is Geen aanvalle teen blanke Boere in SA nie.

WONDER ·

En Afriforum skitter in sy afwesigheid. Dit blyk of daar mos geen vergoeding vir hulle hierin is nie. Ek is erg teleurgesteld. Discovery kry fantastiese aandag en dit wat vir ons werklik saak maak, wel …….

Therese van Schalkwyk ·

WONDER

Herhaal gerus jou belaglike aantyging onder jou regte naam en van.

Andre ·

Moenie stress nie mense ek dink nie JU JU gaan volgende jaar desember sien nie,wag maar en sien …….

Gc ·

Dit sal nie stop nie, al hoop wat die blanke het is om oorsee te gaan, of saam te staan. Ek het nie geld vir oorsee nie, so sal maar iemand moet se ek om mee saam te staan.

Alida Engelbrecht ·

Ek sal graag ook ietsie wil sê, maar om een of ander rede word my bydraes altyd gediskwalifiseer. Ek gebruik nooit lelike woorde nie, gebruik nooit haatspraak nie, is nooit rassisties nie, maar my mond word gesnoer. Dankie vir Twitter en Facebook waar ek darem n stem het.

Johann M van Heerden ·

Sprak jou sprook asb. Ek wil hoor wat jy te se het.

Thinus Erasmus ·

Beste Alida, ek verstaan en deel jou frustrasie. Ek word baie, soms altyd geweier, tenspyte van die vermyding van al die verbode woorde en stellings of persoonlike aanvalle.
Veral praktiese raad, waarhede en spesifieke kennis is hoogs ontoelaatbaar.
Jammer ek het nie nog tyd vir FB of Twitter nie.
Sterkte

Wessel ·

Ek stem saam met die ouens wat sê wees paraat elke sekonde van jou tyd hier op aarde, niemand gaan jou beskerm behalwe jy jouself nie, sit en dink dit sal nie met jou gebeur nie is blêrie stupit. Die klomp Knaves wag net vir daai oomblik wat jy nie peraat is nie dan slaan hulle toe, hulle het niks om te verloor nie, word in elk geval betaal om te moor en plunder, so mater klim uit jul comfort sone en beveilig jou, so baie gaggets om jou te waarsku, wees waaksaam.

IK ·

My voorstel is dat op alle soorte van verpakkings en selfs vragwaens wat kos vervoer die volgende aangebring word: “Kill the Boer will kill your food!”

Wilma ·

Juju raak skraal. Nie meer lank dan hy oppad na ou Niek om grote vuur vi sy pelle te maak. F….

Hannes ·

NET TE MAKLIK…! ONVOLDOENDE SEKURITEIT…!! MET GEMAK EN ONGEHINDERD ELKE KEER PLAAS BETREE!!! NOG MAKLIKER TOEGANG TOT BINNE IN HUIS GEHAD!!!! NOG SLUIMER,NOG SLAAP-SKRIK WAKKER!!!!!!!!!

Jannie Nell ·

André ek is vas oortuig hy gaan nie eers 2019 sien nie!!!!!

Johan H. ·

Kan maar net hoop. Maar daar sal net weer n sprinkaan aanbeweeg na die lekker trog

schalk ·

Alle lerers se se veiligheid beskerming moet weggevat word,hoekom moet hulle beskerm word maar die inwoners is onbeskerm dan is hulle mos deel van aanslag,sodoende sal die regte mense in sap aangestel word en ons as publiek n slag kan rus want wette sal gmaak word en toegepas word.Ek daag ministers en leiers uit om soos normale inwoners te lewe.Seker ken ek jul antwoord en ons mede lands burgers sin.Ons loop nie rond met lyfwagte nie, hoekom moet julle.Is jul miskien bangerig of lafhartig ek wonder maar net.Sal sekere politikuste nog dieselfde goed kwytraak?

Hannes ·

FEITE- NET DIE STERKSTE/SLIMSTE ASOOK MEES BEVOEGSTE MET WAPEN IN HAND GAAN OORLEEF!! DAARSONDER IS JY EERSDAAGS DEEL VAN MISDAAD-STATISTIEK INDIEN NIE ALREEDS NIE….!!!? VERSKERP JOU WEERBAAREID OF HET JY RERIG GEDINK JY KAN JOUSELF BEROEP OP SAPD/REGERING/AMERIKA ENS. IN OOMBLIK VAN NOOD?!

Dankie SAPD ·

Wil net se dat Porterville se SAPD dadelik op die toeneel was en die hele nag en volgende dag bly soek het. Glo hulle gaan nie ophou tot hulle gevang is nie. Miskien in ander dorpe is die sapd manne en vrou laks maar in porterville is dit nie die geval nie. Wardeer elke persoon hetsy SAPD of plaaswag wat betrokke was by die hele aangeleentheid.

Binx ·

MM kan julle asb ondersoek instel op gerugte op whatsapp en ander sosiale media dat n sekere aantal busse (60) vol mense, vanuit Zimbabwe Suid-Afrika binnegekom het en in verskeie rigtings oor ons land is. Daar word gesê dat dit EFF is wat hulp uit ander oorde ontbied om te help met plaasaanvalle. Mense veroorsaak paniek…oor gerugte….kan julle dringende ondersoek instel asb.

Pieter ·

Ja, die “Kill the Boer” uitsprake gaan nog baie probleme veroorsaak. Die boer moet ‘n saak van laster en ander teen Julius Maleme en die Eff maak. Hul is direk verantwoordelik hiervoor en hoort in die tronk. Die ANC moet ook pa staan vir rassisme wat huidiglik erger is as in die apartheids jare. Daar is meer rassisme, korrupsie en werklooshied in SA as wat daar ooit in die ou bedeling was.

"D" ·

Wanneer gaan Julius en die res verantwoordlik geneem word? Malema vir 1 word nie aan gevat nie, van rasisme tot n hand in die pie met plaas aanvalle verbind maar hy loop vry rond

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.