Kimberley-fotograaf laat vaar borgtogaansoek in kinderpornosaak

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bekende fotograaf van Heuwelsig in Kimberley het Donderdag sy aansoek om borgtog in die dorp se landdroshof laat vaar waar hy tereg staan op drie aanklagte van verkragting asook die vervaardiging van kinderpornografie.

Die saak is tot 11 Junie uitgestel vir verdere ondersoek. Hy bly in polisieaanhouding tot dan.

Maroela Media het Dinsdag berig die Kimberley-polisie versoek enigiemand wat die dienste van die  23-jarige fotograaf gebruik gemaak het, om hulle by te staan met die saak.

Die man se naam mag nie genoem word alvorens hy in die hof gepleit het nie.

Kol. Priscilla Naidu, ʼn polisiewoordvoerder van die Noord-Kaap, het Dinsdag gesê die fotograaf is op 23 Mei in hegtenis geneem.

Die polisie het beslag gelê op duisende foto’s van kinders in naakte of halfnaakte posisies wat in ʼn digitale formaat gestoor is.

Volgens ʼn polisiebron na aan die saak is die polisie oorval met ondersteuning van die publiek toe die versoek uitgestuur is. Die beampte sê egter dat nog baie ondersoekwerk voorlê en hulle wil die saak so waterdig as moontlik teen die verdagte maak.

Persone wat die fotograaf in sy ateljee in ʼn huis in Heuwelsig besoek het, kan moontlik van die kinders identifiseer en die saak teen die man versterk. Inwoners wat die polisie kan bystaan, word versoek om ao. Elizma Roos by 082 466 4512 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.