Kimberley-fotograaf vas oor kinderporno, verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Die Kimberley-polisie versoek enigiemand wat van die dienste van ʼn bekende 23-jarige fotograaf van Heuwelsig gebruik gemaak het, om hulle by te staan met ʼn saak van kinderpornografie.

Die man se naam mag nie genoem word alvorens hy in die hof gepleit het nie.

Kol. Priscilla Naidu, ʼn polisiewoordvoerder van die Noord-Kaap, het Dinsdag gesê die fotograaf is op 23 Mei in hegtenis geneem en staan tereg op drie aanklagte van verkragting en die vervaardiging van kinderpornografie. Hy het reeds op 26 Mei en 2 Junie in die hof verskyn, waar sy saak tot Donderdag 5 Junie uitgestel is wanneer hy na verwagting gaan aansoek doen om borgtog. Hy is steeds in polisieaanhouding.

Die polisie het beslag gelê op duisende foto’s van kinders in naakte of halfnaakte posisies wat in ʼn digitale formaat gestoor is.

Persone wat die fotograaf in sy ateljee in ʼn huis in Heuwelsig besoek het, kan moontlik van die kinders identifiseer en die saak teen die man versterk. Inwoners wat die polisie kan bystaan, word versoek om ao. Elizma Roos by 082 466 4512 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.