Kimberley-myn kry nuwe eienaar

kimberleyDe Beers het sy Kimberley-myn, die mynhuis se oudste diamantmyn, vir nagenoeg R100 miljoen verkoop.

Volgens De Beers is dit om “353 werkers se werk te verseker”.

De Beers het sy ontstaan te danke aan die ontdekking van diamante in Kimberley in 1871. Tydens die diamantstormloop wat op die ontdekking gevolg het, het De Beers hom gevestig as die voorste diamantmynhuis, eers in die tyd van Cecil John Rhodes en daarna die Oppenheimer-familie.

Phillip Barton, hoof van De Beers, het gesê “die oordrag van eienaarskap van die myn dui op die mynhuis se toewyding om die voortbestaan van die Kimberley-myn te verseker”.

Volgens Burton was daar 70 maatskappye wat belanggestel het om die Kimberley-myn te koop. “Ons het egter op Ekapa Minerals besluit oor sy tegniese, finansiële en ekonomiese vermoë”.

Hy het ook gesê Ekapa Minerals se BEE-strukture sal voordelig wees vir die werkers by dié myn. Ekapa Mining hoop om in die eerste drie jaar sowat 700 000 karaat per jaar te produseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

GES ·

Ek wonder of die Zuma en Mandela families die BEE strukture is waarna verwys word. As dit die geval is kan die mynwerkers begin soek vir ander werk. Hierdie is die begin van die einde.

Jaco Grobler ·

Wat ‘n grap. Hoe verseker jy die voortbestaan van iets deur dit te verkoop? Nee, jy kyk self daarna, onderhou dit en spandeer tyd en geld waar nodig. Wat het geword van etiek en eerlikheid in besigheid? Magtag, noem ‘n graaf ‘n graaf, dis mos die maklikste ding op aarde! Nou moet jy sit en mooi draadjies en woordjies en uitwerk en jou werknemers laat wonder oor die ware doel van die transaksie.

Eddie ·

Ek weet nie hoe waar dit is nie. Maar n paar jaar gelede moes sekere gedeeltes van Kimberley se strate en besighede toegemaak het as gevolg van die gat wat groter word. Ek het ook gehoor dat De Beers miljoene moes opdok om van die grond en plekke om die gat op te koop weens vrees dat die gat n gevaar inhou vir die omligende besighede. So as dit waar is se ek ook eerder skep terwyl jy kan anders gaan jy baie onkoste he oor n paar jaar. Maak dit iemand anders se probleem. Glo dit is wat De Beers hier hedoen het.

Eliza-beth ·

Nie eers geweet hul myn nog daar nie. Ja dalk regtig ‘n gat in die kat, ek bedoel ‘n kat in die sak of dan ‘n een groot gat vol water gekoop ;D

Paul ·

Hulle myn dekades lank al nie meer by die Groot Gat nie. Die myn waarvan hulle praat is verder oos, aan die ander kant van die dorp geleë.

Gedoriewaar ·

GES jy is dalk reg. Weet julle, Zuma se seun is “in the mining bussiness”, wie is Ekapa Minerals (Ekapa Mining) ….. Is Zuma (Jnr) dalk een van die nuwe eienaars van die Kimberley myn? Sal nie verbaas wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.