Kimberley se ‘kruispad van die dood’ beveilig

Die berugte kruispad. Foto: Magda Vertue/Facebook

Die berugte kruispad. Foto: Magda Vertue/Facebook

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan eersdaags die R31-en-N12-aansluiting buite Kimberley beveilig deur flikkerende waarskuwingsligte te installeer.

Dié aansluiting is bekend vir die talle noodlottige ongelukke wat reeds daar plaasgevind het, en inwoners pleit al ʼn geruime tyd dat Sanral die kruispad moet beveilig. Volgens AfriForum het daar sedert April vanjaar reeds 86 ongelukke by hierdie aansluiting plaasgevind.

“AfriForum het besluit om self in te gryp. Ons het ʼn plaaslike kontrakteur genader om met toestemming van Sanral 96 flikkerende aluminiumligte te installeer wat met sonenergie werk,” het Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Noord-Kaap, gesê. “Volgehoue druk van die gemeenskap en AfriForum het Sanral uiteindelik genoop om tot die beveiliging van die aansluiting in te stem.”

“Ons sal die kontrakteur binnekort opdrag gegee om met die projek te begin. Die projekkoste beloop ʼn bedrag van bykans R38 000,” het Swanepoel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jollie ·

R38 000 is NIKS in vergelyking met die hoeveelheid ongelukke wat daar gebeur nie. Hoekom op aardie moet Afriforum inspring as daar munisipaliteite en SANRAL is om dit te doen?? Hoekom betaal ons brandstofheffins,ens, ens, ens, en ons moet nog self reel dat ons paaie beveilig word???

Bleskop ·

As as dit SANRAL of die plaaslike munisipalitiete was wat dit laat doen het, sou dit R380 000 gekos het, en nie net R38 000 nie….

Muller ·

Want hulle gee nie ‘n duit om nie! Net nog ‘n rede hoekom ek nie SANRAL ooit sal betaal nie

JP ·

Dit is 7 jaar gelede gedoen. Dit hou egter net ñ jaar en dan brand die son die sonpaneel bros en motors ry dit dan stukkend. Dit is ook op die Douglas pad gedoen. (En ja, daar was ook ongelukke want party mense het net vir die mooi liggies gekyk en nie die pad nie)Al wat daar en op al die gevaarlike kruisings gaan werk is sirkels. Soos by Taung. Dit werk.

MM ·

Ek weet almal gaan nou weer op en af spring, maar sit hobbels by al 4 stoppe. So die een wat daar oor jag gaan hom self in die lug vang. Dit sal hulle dwing om stadiger ry en nie met ‘n spoed van witlig in die kruising in beweeg nie. Of sit ‘n robot op.

Dee ·

Ag stories… ‘n kar hop nie as vining oor hobbels gery word nie. Dit is bloot klik klak en jy’s oor. JP se idee is ‘n wenner – sirkels.

Johannesvanrooyen ·

Wil julle nou vir my sê na al die miljoene rande wat sanral in kry kan hulle nie R38000 hê om die kruising veilig te maak nie daar sterf mense wat belasting betaal sanral wil die mense wat belasting betaal wat daar gesterf se eie geld nie eers gebruik om kruising veilig te maak nie hulle almal het hulle voertuig lisensies betaal dis darm erg as mens so daar aan dink sanral is seker maar ook bankrot gesteel soos res van SA

Marous ·

Beman die kruising met die mense wat betaal word daarvoor en sluit die oortreders toe!

Anoniem van Kimberley ·

Kan iemand vir my statistike gee? Ek soek alles oor die kruising?

Hoeveel lewens is al daar verloor.

Ek stem ook vir ‘n brug as die verkeer dit vereis, maar as die statistike toon dat daar ‘n ooreenstemming tussen die toeneem van lewens verlies en onder die invloed van alkohol dan moet ons ander hieroor dink…

Kom ek stel dit so ek voel dat ons laat toe dat mense op nationale paaie klim nadat hulle heel aand lank gaan party het.

Dit is die feit van die lewe ek was daar in my jeug so was baie maar nie almal leer hul les of kry die kans nie.

As dit die geval is dan stel ek voor ons promote designated drivers of daar moet ‘n shuttle service wees wat mense dan huis toe neem.

Die proebleem gaan wees baie van die jeug is op ‘n budget dis Zorba uit die boot uit drink en coke in die bar.

Meer visible traffic policing op trokke, busse en taxis. Greyhound of skorosgoro asook vir dronk bestuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.