Kimberley-tiener word vermis

Chene van nikerkChene van Niekerk (15) van Kimberley in die Noord-Kaap, word sedert 7 September vermis.

Dessie Rechner, die stigter en direkteur van Pink Ladies, het Donderdag aan Maroela Media gesê Van Niekerk is vermoedelik in die geselskap van ʼn ouer man in Beaconsfield. “Hulle het glo saam op ʼn groen Kawasaki-motorfiets geklim en weggery,” het Rechner gesê.

Van Niekerk het bruin oë en donker skouerlengtehare. Sy het ʼn oranje broek en swart stewels aangehad toe sy vir die laaste keer gesien is.

Rechner het die publiek versoek om pamflette met inligting oor Van Niekerk se verdwyning op sosiale media te versprei, in die hoop dat iemand haar sal herken.

Mense met inligting oor waar sy haar bevind, kan konst. Pitikoe by 053 838 4225 of die Pink Ladies by 072 214 7439 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Christa ·

Dit is 100% reg wat jy se Charmaine maar as die man heelwat ouer as sy is dan gaan hy tereg staan op ontvoering en verkragting. Hierdie dogtertjies besef nie hoeveel hartseer en bekommernis hulle vir hulle ouers veroorsaak nie. Die man moes haar definitief die maan en sterre belowe het en sy het daarvoor geval. Sy sal haar fout wel laater besef. Sy het regtig berading en sielkundige hulp nodig as sy terug kom.

ESTELLE ·

En moenie “die moe..e pakslae” vergeet nie! dit is hoekom kinders vandag doen net wat hulle wil, want jy mag nie jou hande en ‘n “belt” vir hulle lig nie!

Ockie ·

Simpel antwoord. Dis oumens rubbish. n Mens slaan niks reg nie, glo my.

Anandi ·

Onthou ner vroeg ryp vroeg vrot ook nie altyd die rede nie niemand weet war in haar ouer huis aan gaan nie dalk is daar probleme waarvan sy probeer wegkom. Maar ek stem saam dat sy dalk hulp nodig het.

Mariska Potgieter ·

Selfs al het sy weggeloop voel ek mens moet probeer help. Al is dit net deur bewusmaking. Hoe sou julle voel as dit jul kind was of n familielid se kind. Ons almal het foute, daar moet rede wees. en ek stem, blameer dan eerder die ouer man!!! Hy moet mos van beter weet.

nay ·

oorals op facebook is dit volgrns die mense is die kind by haar ma in vereniging saam die vent Andre Erasmus mense is gou on ander tr oordeel maar sweet nie uintlik in watter omstandighede daardie kind is nie.Volgens sy Facebook is hulle twee in n verhouding

Elizabeth ·

1. Wat se ouer laat toe dat ‘n 15 jarige met ‘n groot(ouer) kêrel uitgaan en op ‘n motorfiets rondry (sekerlik nie die 1e keer nie).
2. Kinders op daardie ouderdom is baie ontvanklik en ‘n ouer man sou maklik nonsens in hul koppe kon praat – weereens behoort hul glad nie in sulkes se geselskap te wees nie.
3. Wat gaan presies by die huis aan – as dit waar is dat die kind by die ma in ‘n ander dorp is moet daar ondersoek ingestel word. Is daar disipline – die regte soort en is die ouer by wie sy woon iemand na wie sy kan opsien.

Ou dogtertjie – as jy hierdie lees, die wêreld is ‘n moeilike plek en die beste ding wat mens kan doen is om skool klaar te maak sodat jy ‘n GOEIE werk kan kry en dan kan jy vir jouself sorg. Dis nie ALTYD so sleg tuis soos wat mens dink nie. As dit wel baie erg is en daar is mishandeling/drank/dwelms ter sprake dan moet jy gaan hulp soek by kerk/betroubare onderwyser/welsyn. Die lewe is soms wat mens self daarvan maak!

Linda ·

Hoop net sy is veilig & dat sy besef dat sy haar hele lewe weggooi deur die ondeurdagte optrede.

Sterkte vir almal betrokke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.