Kind (10) verdrink by Gordonsbaai

Argieffoto van Gordonsbaai bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

’n Tienjarige meisie het Saterdagoggend by Gordonsbaai verdrink.

Die kind het na bewering saam met twee van haar maats in die see gaan swem. Die maats het omstanders meegedeel dat sy nie saam met hulle uit die water gekom het nie.

Die plaaslike lewensredders het na die meisie in die water gaan soek. Sy is eindelik gevind, maar het geen teken van lewe getoon nie.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê paramedici het kort ná 11:00 met hul aankoms op die toneel ander medici sowel as lewensredders aangetref.

Kardiopulmonêre resussitasie (CPR) is op die meisie toegepas en sy is na ’n nabygeleë hospitaal gehaas. Die kind is egter kort ná haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die omstandighede van die kind se verdrinking is nie in die stadium bekend nie. Die plaaslike owerhede is van die voorval ingelig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.