Kind (12) ernstig beseer toe gesinsmotor pad verlaat

Die wrak van die gesinsmotor wat die pad verlaat het. (Foto: ER24)

ʼn 12-jarige meisie is Sondagmiddag in ’n ernstige toestand per lugambulans na ’n hospitaal vervoer nadat die motor waarin sy en haar ma en broer gereis het op die R511 die pad verlaat het en in ʼn nou vallei met steil wande in die omgewing van die Hennopsrivier in Gauteng beland het.

Die meisie se 19-jarige broer en 51-jarige ma het ligte beserings in die voorval opgedoen en het onder uit die kloof om hulp geskree.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici het die motor net ná 14:00 sowat ’n kilometer van die pad onder in die kloof bereik.

Die meisie se broer kon byna daarin slaag om self weer die pad te haal hoewel die meisie met behulp van polisiebeamptes op die toneel na die pad gebring moes word.

Hoewel die kind se toestand stabiel was, het sy ernstige beserings in die ongeluk opgedoen en daar is besluit om ’n helikopter te ontbied om haar na ’n hospitaal te vervoer.

Die vrou en jong man is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na die Mediclinic Midstream vervoer is vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.