Kind (4) uitgeken wie se liggaam in dam gevind is

Bukho Mlityalwa

Bukho Mlityalwa

Die Wes-Kaapse polisie het Dinsdag bevestig dat die liggaam van ʼn kind wat die naweek in ʼn plaasdam naby Kraaifontein opgespoor is, dié van ʼn seuntjie is wat op 3 Mei vermis geraak het.

Kol. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die seun is as Bukho Mlityalwa (4) geïdentifiseer en sy familie het hom reeds uitgeken.

“ʼn Nadoodse ondersoek is Maandag by die Tygerberg-lykshuis gedoen en volgens die verslag is daar geen beserings aan die kind gevind nie,” het Kinana gesê. “Geen vuilspel word vermoed nie, maar ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn kind se liggaam is Saterdag op Nuutgewek-plaas se dam in Botfonteinweg deur ʼn verbyganger opgespoor.

Die klere van die oorledene was soortgelyk aan die beskrywing van die seun wat op 3 Mei in Wallacedene in Kraaifontein verdwyn het. Die polisie kon egter nie in daardie stadium bevestig of dit wel die vermiste seun was nie.

Bukho het die dag van sy verdwyning naby sy huis saam met maatjies in ʼn park gespeel. Bukho se gesin was besorg dat hy dalk in ʼn waterafvoerpyp geval het. Sy liggaam het moontlik later in die dam uitgespoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lorayne ·

My hart en gebede gaan uit na sy gesin. Rus in vrede Bukho Mlityalwa. . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.