Kind (5) sterf in huisbrand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vyfjarige meisie het oor die naweek in ʼn huisbrand in Limpopo doodgebrand.

Volgens lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, was Lebogang Ramahlo aan die slaap toe die gesin se huis in Ga-Gapane in Bolobedu buite Tzaneen aan die brand geraak het.

“Die oorsaak van die brand is nog nie duidelik nie, maar daar word vermoed dat ʼn oond in die huis die brand veroorsaak het,” het Ngoepe Maandag gesê.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.