Kind (5) sterf ná pa huis afbrand

brand-vuur-hut-vlamʼn Vyfjarige kind van Blydeville naby Lichtenburg in Noordwes is dood nadat sy pa glo die plakkershut waarin die kind was, aan die brand gesteek het.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het gesê die 35-jarige man het glo die hut aan die brand gesteek ná ʼn argument met sy 32-jarige meisie.

“Daar word beweer dat die verdagte ʼn rusie met sy vriendin gehad het, waarna sy weggehardloop het om hulp te soek. Die man het toe die plakkershut afgebrand terwyl hul vyfjarige kind steeds binne was. Die kind het doodgebrand. Daar is ook ʼn hond in die huis gevind,” het Moleko gesê.

Die man is in hegtenis geneem en klagtes van moord, brandstigting en opsetlike saakbeskadiging is aanhangig gemaak. Hy sal Maandag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nadia Verster ·

Op 12 April is ‘n berig geplaas van ‘n 5 maande oue baba wat verkool het asook ‘n hond, ook in Lichtenburg. Ook ‘n 35 jarige man en 32 jarige vriendin wat rusie gemaak het.
Is dit dieselfde geval?
Indien wel, was die kindjie nou 5 jaar of 5 maande oud?
Hoe oud ook al – maak nie saak nie – dit bly tragies dat onskuldige lewentjies so wreed weggeneem is deur een barbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.