Kind (5) verdrink in huis se swembad

Argieffoto

ʼn Vyfjarige dogtertjie het Saterdagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Pretoria-Noord verdrink.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, het gesê die voorval het omstreeks 13:15 plaasgevind.

“Volgens berigte op die toneel is die vyfjarige deur familielede in die swembad aangetref,” het Herbst gesê.

Paramedici het pulmonêre resussitasie oorgeneem by die mense op die toneel en die kind is na die hospitaal gehaas.

“Ten spyte van pogings deur die mediese personeel het die kind se toestand versleg en is sy dood verklaar,” het Herbst bygevoeg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

john ·

Tragies. Sterkte aan die ours en familie. Tragedie wat niemand verdien nie.

Janneman ·

My eie kleinkind is 5 jaar oud. Dit moet hartverskeurend vir die gesin en familie wees.

Ek hoop en vertrou julle sal goeie herhinderinge he van die klein mensie wat julle sal dra in hierdie moeilike tyd – sterkte en my innige meegevoel.

D V ·

Mag God die Heilige Gees julle ryklik vertroos en bystaan in die komende dae.
Ons kan nie alleen sonder God hier deur kom nie

Hartseer ·

So hartseer. Ai jinne. Geen woorde sal ooit vertroosting kan bring nie. Mag tyd die hartseer vir hierdie gesin en familie minder maak. Ek glo geen ouer wil ooit voor so n groot pyn staan nie. Sterkte vir almal betrokke.
Ek hoop die wat gou vrae vra soos waar was die toesig en omheining, kry n kramp. Dit was heel moontlik n ongeluk wat beteken dat so iets nie voorsien kon word nie. Dink voor jy vieslike onnodige kommentaar plaas

Yankee ·

Stem saam met jou 100%. Hoeveel maal, hoeveel keer al het ek gesien hoe die grootmene braai, drankies vloei, en kleine kinders speel om swembad!!

werner ·

Om n net op n swembad te laat installeer kos sowat R5000 en hou tot 15 jaar. Jammer oor die tragiese geval. Sterkte aan die familie.

Chris Ws ·

Ai hoe tragies!Ons harte gaan uit ns die familie in hierdie bitter bitter moeilike tyd.Mag ons Vader jul vertroos.Sterkte aan al die familie ,veral mamma en pappa.

Leah Bartlett ·

Baie baie tragies swem nette baie belangrik en swemlesse van n baie jong ouderdom is een van die belangrikste lesse waarheen n ouer hulle kinders moet blootstel

Willie ·

Hartverskerend… Ai mense beveilig jul swembaddens… asb tog, enige iets kan ten alle tye onvoorspelbaar gebeur…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.