Kind by skool ontvoer, losprys geëis

Bokamoso Shabe (8) het haar skooldrag ten tyde van haar verdwyning aangehad. (Foto: SAPD)

’n Losprys van R50 000 word geëis nadat ’n laerskoolkind vandeesweek by haar skool in die omgewing van Welkom in die Vrystaat ontvoer is.

Die agtjarige Bokamoso Shabe is Maandag omstreeks 13:30 vir die laaste keer by Mantshebo Primary School in Jerusalem Park, Thabong, gesien.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê voorlopige inligting dui daarop dat Bokamoso deur ʼn onbekende vrou by die skool ontvoer is.

Bokamoso se ouma het Maandag omstreeks 15:00 ’n oproep van ’n onbekende man ontvang. Die man het homself as Aubrey voorgestel en R50 000 van die ouma geëis. Die man het gedreig om die kind dood te maak indien hy nie die geld ontvang nie.

Die ouma het Dinsdag omstreeks 08:45 weer ’n oproep van dieselfde selfoonnommer ontvang. Dié keer het ’n vrou met die naam Nthabeleng op R50 000 in kontant aangedring in ruil vir Bokamoso se veilige terugkeer.

Die Vrystaatse polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings vra nou die publiek se hulp om die kind te help opspoor.

Bokamoso het haar skooldrag – ’n wit hemp, grys en wit trui, grys romp en swart skoene – ten tyde van haar verdwyning aangehad.

Enigiemand met inligting wat moontlik kan help om die ontvoerders op te spoor, word versoek om ao. Tshediso Qhamakoane by 082 375 6355 of die misdaadstopnommer by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sarel ·

Hoop die kind word lewendig terug gevind..
Hoekom haar Ouma bel

Phillip ·

Kyk die poliesie nie flieks nie gaan tap die foon en kyk van waar hulle af bel . Dis wat ek sou gedoen het as ek n poot was kriup eerder agterpubliek weg as om hulle werk tedoen

Deon ·

Hoe werk dit dan? Zane Killian is in die sop oor hy fone “getrace het”

Ben ·

Polisie het die tegnologie om die ligging van die foon vas te stel. En die eienaar.
Ai!!! Waar gaan die land heen.

Keelvol ·

Die ontvoerders sit die foon dadelik weer af nadat hulle gebel het. Dan sal jy nie die foon kan opspoor nie. Die kriminele weet dit. Die simkaarte wat hulle gebruik is die wat jy by die pakiestanies Koop wat nooit gerica is nie.

Linx ·

N kind van 8jaar oud wie nogsteeds met onbekende mense sal gaan klink so snaaks ds no as sy nie by force gevat is nie maar Dan behoort die skool mos onmiddelik die polisie of iemand in Kennis gestel het,dit is ook een rede hoekom ek altyd vir mense sé moenie jlle kinders se name op hul skoolklere laat druk ni dt is gevaarlk.

Werner ·

Begin by die families onderwysers hulle pepel gewoonlik vir Klein bedragies

Deon ·

Kan die minister van onderwys en dan natuurlik haar span verantwoordelik gehou word? Elke keer as daar n insident is by n skool bv met die boeliery, word daar mos hard en fuidelik gese die skole is n veilge ongewing

Niklaas ·

Ek is bevrees dat ontvoering van kindertjies en losprys eise, die volgende groot misdaad in wettelose SA kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.